2016 Jag Bandelierskop

Post Reply
User avatar
DanieDegenaar
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 368
Joined: Wed Dec 14, 2011 2:17 pm

2016 Jag Bandelierskop

Post by DanieDegenaar »

Gedink ek wil ook weer bietjie my jag trip met julle almal deel.

Ons is donderdag oggend 3 uur uit Eldoraigne uit vir ons jaarlikse jag te Bandelierskop. Dit was lekker koud die oggend maar met almal wat lekker slaap in die kar was dit vinnig toe stop ons by die plaas net so voor 06H30.

Gelukkig was al ons goed reg en ek en Marinus kon vinnig gou gaan kyk of die gewere nog reg skiet. Die vrouens en kinders het alles in die kamp reg gekry en ons is uit veld toe.

Die wind het gedwarrel en ons het elke keer as ons net die koedoes begin bekruip het die wind gedraai en hulle het gehardloop dat die takke trek. So teen 12H00 se ek vir die gids ons moet maar terug draai en begin toe vinnig loop om weer by die bakkie te kom. Oppad terug kry ons twee mooi koedoe koeie wat rustig staan en wei, maar die wind is reg van ons af na hulle. Ons gaan bietjie nader en soos geluk dit wil he staan hulle net rustig daar. Ek sit die kruishaar van die 243 net agter die blad en die skoot loop. Die koedoe spring en sy val so 5 meter verder mors dood neer. Die 86gr Titan punt het mooi die hart en longe gevat en sit in die oorkantste blag in die been vas. Ongelukkig het dit verlore geraak met die slag iewers. Maar die vleis skade was vreeslik min. Sy het toe 96kg geweeg na vel, kop en binne goed uit gehaal is.

Die middag het ons net begin loop toe ek Marinus hoor skiet met my 30-06 so 5 min van die bakkie af. Hy het toe sy eerste koedoe bul geskiet in sy lewe. Wat 'n lekkerste is dit darem nie om 'n vriend so gelukkig te sien oor sy eerste koedoe. Dit was nie 'n vreeslike groot bul nie, 105kg karkas gewig, maar die opwinding wat hy gegee het is baie swaarder.

Die volgende dag het hy 'n rooibok ooi geskiet en ons kon darem die Rhino 165gr terug kry. Sy is reg van voor geskiet en ons het hom gekry net voor die boud. Die hele hart was weg geskiet. Na die tyd het ek gekyk en die gewig retensie was 96% (159gr) en het wonderlik mooi oop gemaak.

Ons het gesoek vir rooibokke verder maar kon nooit weer 'n skoot op een kry nie. Saterdag oggend het ek besluit om 'n vlakvark te skiet, mooi tussen die oe en ore, en hy het net daar geval - so die titan het weer wonderlik dood gemaak.

Ek kan regtig die titan koeeltjies aanbeveel en sal regtig nog wil sien wat hulle in die 30-06 sal maak. Maar ek dink met indien hulle op die regte plek geskiet word sal ek eenige iets met vertroue met hulle aan vat.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by DanieDegenaar on Mon Jun 27, 2016 10:06 am, edited 2 times in total.
30-06 Musgrave
303 Lee Enfield
.22 Bruno
12g Boito
.243WIN Howa
357\.38 Mag
User avatar
DanieDegenaar
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 368
Joined: Wed Dec 14, 2011 2:17 pm

Re: 2016 Jag Bandelierskop

Post by DanieDegenaar »

Hiermee die Rhino wat ek terug gekry het:
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
30-06 Musgrave
303 Lee Enfield
.22 Bruno
12g Boito
.243WIN Howa
357\.38 Mag
User avatar
DanieDegenaar
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 368
Joined: Wed Dec 14, 2011 2:17 pm

Re: 2016 Jag Bandelierskop

Post by DanieDegenaar »

Darem ietsie gemaak met die vlakvark tande:
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
30-06 Musgrave
303 Lee Enfield
.22 Bruno
12g Boito
.243WIN Howa
357\.38 Mag
User avatar
Stephan86
Hero Member
Hero Member
Posts: 553
Joined: Thu Feb 26, 2015 10:00 am

Re: 2016 Jag Bandelierskop

Post by Stephan86 »

Baie geluk aan jou en jou vriend. Jul het 'n paar mooi diere geskiet en baie dankie vir die storie.
.22 LR Webley & Scott Xocet
.243 Win Tikka T3
.308 Win Sako 85
.375 H&H Steyr Mannlicher Mod S.
12 Ga Franchi Affinity
Glock 19
Glock 43X
User avatar
Springkudu
Hero Member
Hero Member
Posts: 764
Joined: Wed May 18, 2016 8:17 am

Re: 2016 Jag Bandelierskop

Post by Springkudu »

Netjies Danie. Dankie vir die info oor die punte, dit help altyd baie wanneer mens moet besluite neem oor watter punt om te gebruik.

Dit is darem lekker om jou familie ook saam met jou te vat, kinders sal dit altyd onthou!!!
6.5 Creedmoor Howa 24"
BRNO ZG47 30-06
.22 (Pending)
CZ75 PO7
User avatar
DanieDegenaar
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 368
Joined: Wed Dec 14, 2011 2:17 pm

Re: 2016 Jag Bandelierskop

Post by DanieDegenaar »

Springkudu wrote:Netjies Danie. Dankie vir die info oor die punte, dit help altyd baie wanneer mens moet besluite neem oor watter punt om te gebruik.

Dit is darem lekker om jou familie ook saam met jou te vat, kinders sal dit altyd onthou!!!
Baie dankie, ja my oudste seun begin nou saam met my loop. Dis 'n groot voorreg om die veld met hom te kan deel, maar net so lekker om dit as 'n gesin saam te geniet.
30-06 Musgrave
303 Lee Enfield
.22 Bruno
12g Boito
.243WIN Howa
357\.38 Mag
Mellies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1996
Joined: Sun Jan 18, 2015 5:32 pm

Re: 2016 Jag Bandelierskop

Post by Mellies »

Mooi gegooi!

Met n vleisie...
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13645
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: 2016 Jag Bandelierskop

Post by Capt. Yoda »

Is daai Moly wat hom so gevaarlik maak ++>: , baie netjies gejag daar manne
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: 2016 Jag Bandelierskop

Post by ruaanb »

netjies gejag Danie en kie!
honda2
Full Member
Full Member
Posts: 194
Joined: Wed Sep 23, 2015 2:16 pm

Re: 2016 Jag Bandelierskop

Post by honda2 »

Baie mooi - dit lyk of julle dit behoorlik geniet het.
koos 2
Hero Member
Hero Member
Posts: 734
Joined: Tue Mar 18, 2014 5:01 pm

Re: 2016 Jag Bandelierskop

Post by koos 2 »

Pragtig vertel !!!
User avatar
Spanner
Hero Member
Hero Member
Posts: 1083
Joined: Thu Nov 19, 2009 12:26 pm

Re: 2016 Jag Bandelierskop

Post by Spanner »

Baie nice mater, bly om te sien jy het 'n suksesvolle jag gehad !
Derik Strydom
What matters not, is the size of the dog in the fight, but the size of the fight, in the dog !
User avatar
DanieDegenaar
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 368
Joined: Wed Dec 14, 2011 2:17 pm

Re: 2016 Jag Bandelierskop

Post by DanieDegenaar »

Spanner wrote:Baie nice mater, bly om te sien jy het 'n suksesvolle jag gehad !
Dankie Maat. Ja dit was weer vreeslik lekker. Dian het lekker saam geloop - so nou begin die geoefen sodat hy volgende jaar ook sy eerste bokke kan begin skiet. Een van die dae run ek net die kamp en gaan tel bokke op :-\
30-06 Musgrave
303 Lee Enfield
.22 Bruno
12g Boito
.243WIN Howa
357\.38 Mag
Post Reply