Volgende logiese stap: 338LM?
- snakker
- Hero Member

- Posts: 1396
- Joined: Sun Jul 12, 2015 7:28 am
Volgende logiese stap: 338LM?
More julle
Ek dink tans aan volgende lang-afstand projek - het 260 en 30-06 reeds. Dilemma is dat meeste mense sê volgende stap is 300WM,maar dit voel vir my te naby aan 30-06. Wat is dus die alternatiewe asb?
Ek skiet tans 208gr Amax teen so 2580fps uit 30-06, so ek wil graag minstens 250gr teen 2800-2900fps kan skiet uit wat ook al die upgrade is.
So hier is paar vrae:
1) is daar ander / beter alternatiewe vir hierdie lang-afstand doelwit?
2) indien dit 338LM is, watter bekostigbare geweer-opsies is daar?
3) wat is herlaaikostes tipies op 338LM?
Dankie by voorbaat vir julle hulp!
Groete,
Wilhelm

- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13583
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Volgende logiese stap: 338LM?
338wm, 338LM se running cost is vir my te duur nou.
As jy regtig n LM soek so ek die een koop
http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=171&t=50305
As jy regtig n LM soek so ek die een koop
http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=171&t=50305
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
marco
Re: Volgende logiese stap: 338LM?
Vir my sal nie net die kostes aan n 338 lm n nadeel teenoor die 300 wm wees nie maar ook die recoil faktor... Dis al bewys dat n roer wat minder skop die skut tot meer akuraatheid in staat stel...
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13583
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Volgende logiese stap: 338LM?
100 LM lapua doppe kos nou al by die R5000, dit alleen maak dat ek nie n Lapua sal koop nie al wil ek ook baie graag n 338 TRG he.
As ek n roer wou bou sou dit n 7mm wees wat n lekker lang 180gr koel by 3000fps kon skiet anders sou ek n 300wm met n min 26" loop gesoek het. Of koop daai 300 remintong wat te koop is vir R9000 op dir forum, koop n lekker lang 1/10 twist loop en sit hom in n boyds pro varmint kolf en skiet 215gr hybrids of 210gr JLKs of self 230gr Bergers so vinnig soos jy kan.
Marco dit is n feit dat recoil maar n faktor is al is daar een of 2 mense wat dit nie glo of verstaan nie maar n goeie KD help baie, JPS se 338lm recoil niks meer as my 30.06 nie
As ek n roer wou bou sou dit n 7mm wees wat n lekker lang 180gr koel by 3000fps kon skiet anders sou ek n 300wm met n min 26" loop gesoek het. Of koop daai 300 remintong wat te koop is vir R9000 op dir forum, koop n lekker lang 1/10 twist loop en sit hom in n boyds pro varmint kolf en skiet 215gr hybrids of 210gr JLKs of self 230gr Bergers so vinnig soos jy kan.
Marco dit is n feit dat recoil maar n faktor is al is daar een of 2 mense wat dit nie glo of verstaan nie maar n goeie KD help baie, JPS se 338lm recoil niks meer as my 30.06 nie
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- JPS
- Hero Member

- Posts: 3652
- Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm
Re: Volgende logiese stap: 338LM?
Kyk ook na die 338Norma as jy wil 250gn koeël will gooi teen 2800plus fps.
My 338LM is in staat tot 1/4 MOA groepe op 510y. Soos Siebert noem my 30-06 skop eintlik meer sonder KD as die 338LM met KD. Maar die bou van die geweer speel rol hier. Sonder KD kan ek nie die geweer akuraat skiet nie. Recoil is hewig en hy spring so met die bipod( al load jy hom hoe) dat jy eintlik konsentreer om die geweer te vang in plaas van op die skoot.
Ek is nie vir oomblik spyt oor my 338LM nie. Het op dieselfde plek as jy gesit en was baie ernstig oppad om 300wsm te bou. Het toe besluit op 284Win vir kompetiesies en toe besluit ek bou nou maar eerder direk die 338LM want anders gaan ek net in elk geval later een soek en dan weer moet geweer bou
Net so terloops die 338LM kos my minder om te skiet as die 284Win.

Jps ek sien jy en capt praat net oor die 338 met kd konbinasie.. Is daar n spesifieke rede hoekom julle nie die 338 met n muzzel brake ook sal skiet nie? Muzzel blast?
Ek is n muzzel brake voorstaander vir baan werk en vir jag eerder n kd..
Ek is n muzzel brake voorstaander vir baan werk en vir jag eerder n kd..
- snakker
- Hero Member

- Posts: 1396
- Joined: Sun Jul 12, 2015 7:28 am
Re: Volgende logiese stap: 338LM?
Ek loer daai Sako, jaCapt. Oblivious wrote:338wm, 338LM se running cost is vir my te duur nou.
As jy regtig n LM soek so ek die een koop
http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=171&t=50305
- snakker
- Hero Member

- Posts: 1396
- Joined: Sun Jul 12, 2015 7:28 am
Re: Volgende logiese stap: 338LM?
JPS, wat is jou herlaai kostes op 338LM (sonder doppe)?JPS wrote:Kyk ook na die 338Norma as jy wil 250gn koeël will gooi teen 2800plus fps.
My 338LM is in staat tot 1/4 MOA groepe op 510y. Soos Siebert noem my 30-06 skop eintlik meer sonder KD as die 338LM met KD. Maar die bou van die geweer speel rol hier. Sonder KD kan ek nie die geweer akuraat skiet nie. Recoil is hewig en hy spring so met die bipod( al load jy hom hoe) dat jy eintlik konsentreer om die geweer te vang in plaas van op die skoot.
Ek is nie vir oomblik spyt oor my 338LM nie. Het op dieselfde plek as jy gesit en was baie ernstig oppad om 300wsm te bou. Het toe besluit op 284Win vir kompetiesies en toe besluit ek bou nou maar eerder direk die 338LM want anders gaan ek net in elk geval later een soek en dan weer moet geweer bou
Net so terloops die 338LM kos my minder om te skiet as die 284Win.
- snakker
- Hero Member

- Posts: 1396
- Joined: Sun Jul 12, 2015 7:28 am
Re: Volgende logiese stap: 338LM?
Wat is die opinies oor 338wm, gewere lyk meer beskikbaar en bekostigbaar. Hoe vinnig sal hy 250gr punt kan stoot en is dit viable opsie vir myl-skote?
- JPS
- Hero Member

- Posts: 3652
- Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm
Re: Volgende logiese stap: 338LM?
Marco,
Ek verpes maar net 'n MB. Slaan my ore toe, dis soos konkussie granaat wat langs jou neer wetter met die 33LM. Het nou al twee keer geskiet in LA kompetiesie naby een van die manne met 338LM met MB en ek kan nou maar net nie konsentreer op my skote met die wete daai ding gaan nou enige oomblik weer hier langs my boom nie. Stof wat opslaan laat jy niks voor jou sien ens. Nee wat ek weet my KD raak vinnig warm en het mirage ens. Maar ek leef maar daarmee. Maar bygesê 338LM lyk ook net reg met MB ook
Snakker, ek het Lapua Koeëls gekoop teen R1000 per 100 so basies R10 per koeël en dan magnum peimer en 83.5 gn se 385 kruit. Het tussen R1110 en R1360 per 100 betaal vir my Berger Hybrids vir die 7mm.

Ons het laas 30m agter Oom Hermi hulle gestaan toe hul laat loop met hul 338s met brakes op en dit was vreeslik gewees, soos Jan se voel soos n bom wat af gaan elke keer wat daai 338 praat. As mens so na dit kyk kos hy nie so baie om te skiet nie is seker maar net daai dop pryse wat my af gesit het, daai 338 vat maar bq meer as 10gr kruit meer as my 300 en koels en primers kos selfde. Snakker daai 338 by VGK lyk nie te sleg nie
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- JPS
- Hero Member

- Posts: 3652
- Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm
Re: Volgende logiese stap: 338LM?
Ek praat onder koreksie maar ek dink varkjagter hier op die Forum het sy doppe al 18 keer herlaai op sy 338 LM. Dit in ag geneem werk dit nie so duur uit op doppe nie. Ek het net oor 3000 rand betaal vir 100 Norma doppe.
-
marco
Re: Volgende logiese stap: 338LM?
Nouja Snakker
Lyk my ek gaan die plate op die baan moet upgrade...
Lyk my ek gaan die plate op die baan moet upgrade...
- snakker
- Hero Member

- Posts: 1396
- Joined: Sun Jul 12, 2015 7:28 am
Re: Volgende logiese stap: 338LM?
Ek dink nog...marco wrote:Nouja Snakker
Lyk my ek gaan die plate op die baan moet upgrade...
- snakker
- Hero Member

- Posts: 1396
- Joined: Sun Jul 12, 2015 7:28 am
Re: Volgende logiese stap: 338LM?
So geen liefde vir 338 Win Mags nie ?
- Doomslayer
- Full Member

- Posts: 196
- Joined: Mon Apr 15, 2013 9:26 am
Re: Volgende logiese stap: 338LM?
Ek het al so 1000 rondtes deur my Truvelo .338 LM.
Met regte knaldemper is recoil 'n non issue.
Doppe is duur, maar Lapua doppe vir veral hierdie kaliber is baie sterk. Ek het al 9 reloads op my een batch doppe sonder enige probleme - self met ladings ietwat aan die warm kant.
Grootste drawback tans is die gebrek aan werklik geskikte kruit om die 300gr punte doeltreffend en met aanvaarbare drukvlakke te lanseer. Volgens alle aanduidings is Somchem besig om te werk aan stadiger kruit as S385 wat volgens rumours einde van die jaar op die mark kom.
Dit gesê - ek het vreugde met my .338LM met 300gr scenars, 300gr Bergers, 285gr Barnes Tac X 285gr. Ek los net nie die ammo in die son in die hoogsomer nie.....

Jean Marais
- Hero Member

- Posts: 2687
- Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm
Re: Volgende logiese stap: 338LM?
Gaan doen maar jou huiswerk op die 338 Win Mag. Dis 'n kaliber/dop kombinasie wat %-gewys beter met die SA kruite doen as die 338 LM.snakker wrote:So geen liefde vir 338 Win Mags nie ?
Wouter sal meer hieroor kan toelig as ek, maar my eie keuse sou 'n 338 WinMag gewees het.
Kolskoot groete!!
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
- Trompie
- Hero Member

- Posts: 511
- Joined: Mon Oct 05, 2015 9:19 am
Re: Volgende logiese stap: 338LM?
Dis nie so sleg nie as ek vat die eerste stelle Norma doppe vir die Creedmoor was ook maar in die region van R2200-R2500 vir 100. So daai prys vir 338 doppe dink ek is aanvaarbaar.JPS wrote:Ek praat onder koreksie maar ek dink varkjagter hier op die Forum het sy doppe al 18 keer herlaai op sy 338 LM. Dit in ag geneem werk dit nie so duur uit op doppe nie. Ek het net oor 3000 rand betaal vir 100 Norma doppe.
If it heard the shot, I wasn't aiming for it...
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Volgende logiese stap: 338LM?
My eerlike opinie is dat daar ander "goedkoper om te skiet" kalibers is wat presies kan doen wat 'n 338 doen tot op 1000m. As jy graag verder as dit wil jag en gonge wil skiet op 1 myl, dan raak die 338 eers nodig. Dit sal dus effens sinneloos (en duur) wees om 'n 338 te gebruik om gonge op 600m te skiet. Maar, dan ook weer, wat vir een ou duur is, is vir 'n ander goedkoop. 
Aim small, miss small
-
THOMAST
- Hero Member

- Posts: 1892
- Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am
Re: Volgende logiese stap: 338LM?
Kyk ook bietjie na Chris van Niekerk se 338 M'fezi - dis ontwerp met die plaaslike kruite in gedagte en is gebaseer op die 8x68 dop.
-
Broadbandboer
Re: Volgende logiese stap: 338LM?
Dit hang af wat jy wil doen. As jy aleen wil skiet op privaat skietbane kry gerus 'n .338lm. Ek neem meer aan die veldskiet kompetisies deel waar ons net tot by .300wm mag gebruik. So my .338lm staan al 'n wyle in die kluis. Dit is hoekom ek die 6.5/284 gebou het. Die Lapua skiet wel vrek lekker Gemsbokke in die Kalahari. Ek sien hier begin nou al hoe meer kompetisies kom wat die .338lm toelaat so kyk maar mooi wat jy met hom wil doen en of die reels jou gaan toelaat.
Dit is wel soos 'n cruiser. As jy hom wil ry moet jy nie moan oor sy petrol verbruik nie.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Dit is wel soos 'n cruiser. As jy hom wil ry moet jy nie moan oor sy petrol verbruik nie.
Sent from my iPhone using Tapatalk
-
Broadbandboer
Re: Volgende logiese stap: 338LM?
Jy slaan die spyker op die kop. Ek gaan nie skietbaan toe met die lapua as daar nie gonge verby 850 is nie.Eugene wrote:My eerlike opinie is dat daar ander "goedkoper om te skiet" kalibers is wat presies kan doen wat 'n 338 doen tot op 1000m. As jy graag verder as dit wil jag en gonge wil skiet op 1 myl, dan raak die 338 eers nodig. Dit sal dus effens sinneloos (en duur) wees om 'n 338 te gebruik om gonge op 600m te skiet. Maar, dan ook weer, wat vir een ou duur is, is vir 'n ander goedkoop.
Sent from my iPhone using Tapatalk
- snakker
- Hero Member

- Posts: 1396
- Joined: Sun Jul 12, 2015 7:28 am
Re: Volgende logiese stap: 338LM?
Die intensie sal wees om tot op myl te kan gaan, my 260 gaan subsonic rondom 1.1km.
- JPS
- Hero Member

- Posts: 3652
- Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm
Re: Volgende logiese stap: 338LM?
Snakker, daar antwoord jy jouself. Stem saam met Eugene en Weie band hierbo, en die feit dat jy wil myl skiet is juis die lekker van die LM
-
Broadbandboer
Re: Volgende logiese stap: 338LM?
Jps watse knaldemper gebruik jy op die lapua?
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sent from my iPhone using Tapatalk