Moly en hoe ons hom doen
Posted: Thu Jun 23, 2016 9:33 am
Yes Manne
Ek het die laaste 2 weke na die gesprek oor Moly n klomp PM's gekry oor hoe ons nou eintlik Moly gebruik op ons koels so ek het gedink ek sal hier bq n how to doen dan kan die manne dit dalk beter verstaan. EK se glad nie die is die beste of enigste manier nie maar dit is hoe ek en Ben dit huidiglik doen en hoe ek dit dan maar via PM aan die manne verduidelik.
Om jou koels self met Moly te dek is baie maklik en al wat jy nodig het is jou Moly poeier, jou koels, n sif, n tumbler en n de-greaser.
Om jou koels reg te kry om die Moly mooi te vat wil jy alle wax en oli af he so ek gebruik somer sunlight seep om hulle te was, Ben gebruik acetone as ek reg onthou so enige iets wat hulle skoon maak sal werk. Ek het my eertse batch met Clean green skoon gemaak maar ek het gesien Moly hou nie van Clean green nie en as jy erens Moly op ma se tafel mors vee CG dit eenvoudig net af, selfde op jou hande of enige andee plek. Clean Green is ook n baie goeie carbon remover in jou loop en ook op jou doppe as die carbon nog nie kliphard is nie.
Berger se hulle koels het nie oli of wax op nie so mens kan hul eenvoudig net Moly maar ek was hulle ook maar om enige oli wat dalk op my hande was af te kry.
Stap een ons was die koels in n sif en maak seker alles is mooi skoon, as jou koels skoon is word hulle dan in n klein bakkie wat kan seel in gegooi (n peanut butter houer wat mooi toe draai werk lekker).
Hier is dan nou 2 maniere wat mens kan verder gaan, die ou manier wat meeste mense gebruik is om die Moly oor die koels te gooi saam met n paar 100 staal BB koeltjies en dit dan net so te tumble vir 2 ure, na die eerste 2 ure word die spul dan gesky en die koels word "skoon gemaak" om die oortollige Moly af te kry in nog n houer met iets soos koerant papier wat dit polish. As alles skoon is tumble/polish baie ouens hulle weer in n wax maar te danke aan Geno se flink google skills het ons op die "Nat" tumble manier af gekom wat baie maklik en skoon werk en dit is wat ons gebruik
Terug na stap 1, na jy jou koels in die bakkie gesit het (ons doen so 100 op n slag) gooi jy somer kraan water oor die koels. Ons het al gesien bq minder eder as te veel werk goed maar jy soek nie te min water nie anders coat alles nie mooi nie.
Hang af van jou bakkie kan jy so die helfde van die bakkie vol water gooi
http://i1239.photobucket.com/albums/ff511/siebertn/Moly/IMG-20160608-WA0029_zpsvtptdfcz.jpg
Hier na gooi jy n lekker hoop Moly oor die koels en water, ons is nog van die school off though wat se meer is beter maar mens kan weg kom met taamlik minder Moly poeier oor jou koels as jy regtig wil spaar.
http://i1239.photobucket.com/albums/ff511/siebertn/Moly/IMG-20160608-WA0028_zpsfndhumjq.jpg
Hier na maak jy alles toe en ons draai somer n bq box tape om die houer om seker te maak hy bly mooi toe.
Nou vat jy eenvoudig jou houer met koels, Moly en water en sit dit in jou tumbler, in n vibrating tumbler sit jy dit somer so saam met jou media in en jy kan self doppe saam in gooi as jy hulle wil polish terwyl jy moly. In n rotating tumbler wil jy nie he hy moet te vinnig draai nie, hoe stadiger hy draai hoe langer vat die hele proses maar as jy hom te vinnig laat draai veral in n groot tumbler val jou arme koel hul meplates plat.
Ps jou vrou se tumble dryer werk ook vir die proses maar dan moet jy hom vol handdoeke en goed druk sodat die houer nie rond val nie anders gaan jy jou koels se meplates seer maak, vra my hoe ek weet.
Na 2 ure haal jy die houer uit, gooi alles in jou sif (oor n wasbak) spoel die spul mooi af en gooi die koels uit om droog te word sodat jy hulle kan laai later en jy is klaar.
http://i1239.photobucket.com/albums/ff511/siebertn/Moly/IMG-20160610-WA0043_zps3buwtgdx.jpg
http://i1239.photobucket.com/albums/ff511/siebertn/Moly/DSC_0119_zps2jav9nem.jpg
Nou is hulle so mooi dat jy hulle nie eers wil skiet nie, na nog ure wat jy vir hulle gesit en kyk het kan jy hul in hul boksie sit en bere
http://i1239.photobucket.com/albums/ff511/siebertn/Moly/IMG-20160608-WA0024_zpsvfjybg0m.jpg
Die moeiliker deel of die belangrikker deel is om jou loop reg te kry vir die nuwe Moly koels. Nou soos ons weet verlaag Moly die druk vir jou spesifieke lading en gaan jy later nog so 1 of 1.5gr kruit moet in gooi so jy wil verkieslik he daar moet van die begin af Moly in jou loop wees sodat jy altyd teen daai selfde "verlaagde" druk se spoed skiet met die meer kruit.
Ons begin dan om die loop skoon te kry tot op die staal sodat ons n mooi skoon oppervlak het om ons nuwe Moly op neer te le, die is die harde slegte deel van die hele process maar dit is darem net een keer nodig en om dit reg te doen van die begin af wil jy nie carbon of koper op die staal he wat dan nou onder jou Moly in gebak gaan word nie. Dit het my letterlik 12ure op n Sondag gevat om al my gewere so skoon te kry dat die lappie net so wit by die kroon uit kom soos wat hy by die keel in gaan.
Jy kan hier jou gewone skoonmaak sous gebruik of iets sterker maar jy probeer die loop so naby aan 100% staal kry soos moontlik. Ek het Montana Xtreme en hul 50BMG gebruik en baie baie geborsel, nat patch deur gedruk, laat staan, skoon patch, geborsel en so aan todat ek gelukkig was.
Nadat die loop skoon is is daar weer n paar maniere wat die ouens gebruik om die Moly in die loop te kry, meeste mense skiet maar die Moly in maar dit vat n klompie skote afhanginde van hoe glad jou loop is om die Moly oor jou hele loop se oppervlak te kry en dan kry jy ook coper en Carbon tussen in as jy nie na elke skoot in die begin skoon maak nie, amper soos wanner manne n nuwe loop in breek. Met die skiet metode is jou eertse paar skote se druk/spoed ook natuurlik hoer of anders gestel dit is dieslefde as voor jy gemoly het omdat die hele loop nog nie n mooi laag moly in het nie so jy moet eers n paar van jou standaard ladings skiet en as die spoed val kan jy nou begin met die nuwe aangepaste lading met meer kruit vir die selfde spoed met die Moly koels.
Hier gebruik ek en Ben weer n ander manier, dit is n tip wat ek by n Ompie op n US forum gekry het wat dit doen met HBN.
Nadat die loop skoon is druk ek n nat lappie met surgical spirits deur die loop, Ben gebruik carb cleaner net om seker te maak daar is geen oli nog in die loop nie, patch hom tot hy weer droog is en jy is reg.
Al wat ons doen nadat ons die loop heel skoon gemaak het daai eertse keer is ons vat n bore/chambermop wat ons dan in Moly rol en dan word die loop basies met die Molymop gepolish todat jou arem moeg is en dan druk jy net n skoon patch of 2 deur om enige oortollige Moly uit te kry.Wat ons gesien het met die manier is dat jou eerste skoot wat jy skiet 100% reg is vir jou Moly lading wat jy dan nou gaan aanpas of verhoog om weer by dieselfde spoed as met skoon koels uit te kom.
Ek dip die punt van die mop in Surgical spirits voor ek dit in moly rol om so tiepe paste te maak met die moly
http://i1239.photobucket.com/albums/ff511/siebertn/Moly/IMG-20160610-WA0022_zpshii5jknt.jpeg
Nou is jy reg om te gaan skiet en te kyk of jou geweer ook saam stem die mooi Moly koels is net die ding vir Sannie
Nadat jy geskiet het moet jy jou geweer skoon maak en hier is ook weer n paar maniere hoe manne dink en baie ouens voel jy kan net so elke 4 of self 500 skote skoon maak met die gebruik van Moly, dit hang maar weer af van die gehalte van jou loop en keel maar ek het gesien in my 243 is daar taamlik Moly in die keel area na so 100 skote so ek maak maar skoon na elke skiet sessie of die 20 of 100 skote is.Moly gaan op enige oppervlak aan pak so as jy erens n carbon ring in jou loop of keel ontwikkel gaan dit net erger raak met Moly as jy dit nie skoon maak nie en dit is hier waar jy dan wat die ouens n "black ring off death" noem kry. Dit is basies Moly en carbon wat op mekaar pak en n ring so hard soos glas maak agv min skoon maak en baie skiet, as daai ring in jou loop is is daar basies net een manier on hom uit te kry en dit is n nuwe loop so ek verkies maar om alles mooi skoon te hou.
Ons skoonmaak proses verskil bq met Moly nou in die loop, vir 1 gebruik ons nou nie meer borsels nie want ons wil probeer om so min aan daai laaste lagie Moly teen jou staal te peter of te krap as moontlik, of dit regtig saak maak weet ek nie want die Moly word basies in die staal in gepolish maar dit voel net beter. Met Moly in die loop is dit regtig vinnig om n loop skoon te kry, my process is basies 3 nat patches met Boretech se Carbon remover, laat staan vir so uur en patch uit. Die eerte patch kom so swart soos teer uit want die BT carbon remover verwyder enige oortoliige Moly ook maar dit maak nie saak nie en dan as jy by die 3de een kom is hy basies skoon, as die 3de een nog vuil wys druk ek weer 3 nattes deur los die loop so 15min en patch weer uit todat hy skoon uit kom. Die carbon wil ek alles uit he vir die rede wat ons bo bespreek het, na dit vat ek die koper aan met Montana extreme op 3 nat patches, laat die loop staan vir n tydjie en patch uit. As die laaste patch nog te veel blou op het vir my druk ek weer 3 nat patches deur laat staan vir 15min en patch weer uit maar ek is nie so baie oor koper gepla in die loop soos carbon nie.
Nadat alles uit is en die loop is nou skoon druk ek n pach vol oli deur die loop voor ek hom bere. Moly en water maak ongelooflik baie roes, ek het gespeel met n paar koels en Moly met water in n Somchem blik en toe ek die blik probeer oop draai na 2 weke het die prop vas geroes aan die blik en ek kon die blik met my duim n gat deur druk agv al die roes so vermy enige water naby jou loop as jy Moly gebruik, as jy met n KD skiet en jy skiet baie skote moet nie die geweer met die KD na bo laat staan of bere as jy Moly gebruik nie.
Wanner ek dan weer gaan skiet druk ek n droe patch of 2 deur die loop om die oli uit te haal, volg dit dan op met n patch met degreaser of surgical spirits en dan druk ons weer die Moly mop so paar keer deur die loop om seker te maak alles is mooi gemoly. Met die Molymop deur die loop is ons dan seker die eerste skoot uit die loop gaan presies soos die laatse een wees voor ons skoon gemaak het.
Meeste ouens vra my na ek die process verduidelik het (want dit klink na werk) of ek gaan aan hou om Moly te gebruik en my antwoord is elke keer Ja sonder om eers daar aan te dink. Solank jy jou loop skoon hou kan ek nie regtig n nadeel sien nie.
Die voordele van Moly vir my is meer as wat die werk is om die loop skoon te hou en die koels gemoly te hou.
Loop maak baie maklik skoon met die Moly in die loop, my neck tension is ongelooflik konstant vandat ek my koels moly, met die meer kruit in die dop veral in my 243 en WM en die konstante neck tension en dan nou die gladder Moly loop is my ES oor 10 skote ook baie konstant en bitter laag in al my gewere. My 243 is so konstant vandat ek my koels moly en ek glo dit is agv van die keel area wat "gladder" is met Moly in, ek het laas naweek 5 3 skoot groepe met verskillinde TPLs met hom geskiet op 100m (lading was nog oorspronlike lading net met Moly en was 110fps laer as my node spoed) en ek kon enige van daai TPLs met daai lading gebruik het om in n kompetiesie te gaan skiet, kleinste groep was basies 1 groterige gat en die grootste een was n 20c waar dit altyd nag was as ek my 243 se TPL verander het, n .2 of .3mm verandering in sy TPL het die groepe somer van n paar mms na n duim te verander
Daar is natuurlik die groot storie dat Moly jou loop lewe verleng, of dit wel so is weet ek nie en sal tyd my leer maar Norma glo jy kry 25-30% meer skote deur n loop as jy hul diamond line moly koels gebruik en n paar kenners in SA as ook in die US wat ons me gesels het glo n mens kan n 100 of 3 meer skote verwag deur n loop. Wat ek wel gesien het is my loop word nie so vinnig warem met moly op my koels nie (ons het met n infra rooi temp meter die temp oor n oggend gevat) en dit lyk vir my en ek is glad nie n kenner op die gebied nie of die temp baie meer konstant oor n langer tyd op gaan en soos ons ook nou al bespreek het hier op Jaracal is hitte in die keel area n killer vir jou loop.