Moly en hoe ons hom doen

User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13585
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Moly en hoe ons hom doen

Post by Capt. Yoda »

Yes Manne

Ek het die laaste 2 weke na die gesprek oor Moly n klomp PM's gekry oor hoe ons nou eintlik Moly gebruik op ons koels so ek het gedink ek sal hier bq n how to doen dan kan die manne dit dalk beter verstaan. EK se glad nie die is die beste of enigste manier nie maar dit is hoe ek en Ben dit huidiglik doen en hoe ek dit dan maar via PM aan die manne verduidelik.

Om jou koels self met Moly te dek is baie maklik en al wat jy nodig het is jou Moly poeier, jou koels, n sif, n tumbler en n de-greaser.
Om jou koels reg te kry om die Moly mooi te vat wil jy alle wax en oli af he so ek gebruik somer sunlight seep om hulle te was, Ben gebruik acetone as ek reg onthou so enige iets wat hulle skoon maak sal werk. Ek het my eertse batch met Clean green skoon gemaak maar ek het gesien Moly hou nie van Clean green nie en as jy erens Moly op ma se tafel mors vee CG dit eenvoudig net af, selfde op jou hande of enige andee plek. Clean Green is ook n baie goeie carbon remover in jou loop en ook op jou doppe as die carbon nog nie kliphard is nie.

Berger se hulle koels het nie oli of wax op nie so mens kan hul eenvoudig net Moly maar ek was hulle ook maar om enige oli wat dalk op my hande was af te kry.

Stap een ons was die koels in n sif en maak seker alles is mooi skoon, as jou koels skoon is word hulle dan in n klein bakkie wat kan seel in gegooi (n peanut butter houer wat mooi toe draai werk lekker).

Hier is dan nou 2 maniere wat mens kan verder gaan, die ou manier wat meeste mense gebruik is om die Moly oor die koels te gooi saam met n paar 100 staal BB koeltjies en dit dan net so te tumble vir 2 ure, na die eerste 2 ure word die spul dan gesky en die koels word "skoon gemaak" om die oortollige Moly af te kry in nog n houer met iets soos koerant papier wat dit polish. As alles skoon is tumble/polish baie ouens hulle weer in n wax maar te danke aan Geno se flink google skills het ons op die "Nat" tumble manier af gekom wat baie maklik en skoon werk en dit is wat ons gebruik

Terug na stap 1, na jy jou koels in die bakkie gesit het (ons doen so 100 op n slag) gooi jy somer kraan water oor die koels. Ons het al gesien bq minder eder as te veel werk goed maar jy soek nie te min water nie anders coat alles nie mooi nie.
Hang af van jou bakkie kan jy so die helfde van die bakkie vol water gooi

http://i1239.photobucket.com/albums/ff511/siebertn/Moly/IMG-20160608-WA0029_zpsvtptdfcz.jpg

Hier na gooi jy n lekker hoop Moly oor die koels en water, ons is nog van die school off though wat se meer is beter maar mens kan weg kom met taamlik minder Moly poeier oor jou koels as jy regtig wil spaar.

http://i1239.photobucket.com/albums/ff511/siebertn/Moly/IMG-20160608-WA0028_zpsfndhumjq.jpg

Hier na maak jy alles toe en ons draai somer n bq box tape om die houer om seker te maak hy bly mooi toe.

Nou vat jy eenvoudig jou houer met koels, Moly en water en sit dit in jou tumbler, in n vibrating tumbler sit jy dit somer so saam met jou media in en jy kan self doppe saam in gooi as jy hulle wil polish terwyl jy moly. In n rotating tumbler wil jy nie he hy moet te vinnig draai nie, hoe stadiger hy draai hoe langer vat die hele proses maar as jy hom te vinnig laat draai veral in n groot tumbler val jou arme koel hul meplates plat.

Ps jou vrou se tumble dryer werk ook vir die proses maar dan moet jy hom vol handdoeke en goed druk sodat die houer nie rond val nie anders gaan jy jou koels se meplates seer maak, vra my hoe ek weet.


Na 2 ure haal jy die houer uit, gooi alles in jou sif (oor n wasbak) spoel die spul mooi af en gooi die koels uit om droog te word sodat jy hulle kan laai later en jy is klaar.

http://i1239.photobucket.com/albums/ff511/siebertn/Moly/IMG-20160610-WA0043_zps3buwtgdx.jpg

http://i1239.photobucket.com/albums/ff511/siebertn/Moly/DSC_0119_zps2jav9nem.jpg

Nou is hulle so mooi dat jy hulle nie eers wil skiet nie, na nog ure wat jy vir hulle gesit en kyk het kan jy hul in hul boksie sit en bere

http://i1239.photobucket.com/albums/ff511/siebertn/Moly/IMG-20160608-WA0024_zpsvfjybg0m.jpg

Die moeiliker deel of die belangrikker deel is om jou loop reg te kry vir die nuwe Moly koels. Nou soos ons weet verlaag Moly die druk vir jou spesifieke lading en gaan jy later nog so 1 of 1.5gr kruit moet in gooi so jy wil verkieslik he daar moet van die begin af Moly in jou loop wees sodat jy altyd teen daai selfde "verlaagde" druk se spoed skiet met die meer kruit.

Ons begin dan om die loop skoon te kry tot op die staal sodat ons n mooi skoon oppervlak het om ons nuwe Moly op neer te le, die is die harde slegte deel van die hele process maar dit is darem net een keer nodig en om dit reg te doen van die begin af wil jy nie carbon of koper op die staal he wat dan nou onder jou Moly in gebak gaan word nie. Dit het my letterlik 12ure op n Sondag gevat om al my gewere so skoon te kry dat die lappie net so wit by die kroon uit kom soos wat hy by die keel in gaan.
Jy kan hier jou gewone skoonmaak sous gebruik of iets sterker maar jy probeer die loop so naby aan 100% staal kry soos moontlik. Ek het Montana Xtreme en hul 50BMG gebruik en baie baie geborsel, nat patch deur gedruk, laat staan, skoon patch, geborsel en so aan todat ek gelukkig was.

Nadat die loop skoon is is daar weer n paar maniere wat die ouens gebruik om die Moly in die loop te kry, meeste mense skiet maar die Moly in maar dit vat n klompie skote afhanginde van hoe glad jou loop is om die Moly oor jou hele loop se oppervlak te kry en dan kry jy ook coper en Carbon tussen in as jy nie na elke skoot in die begin skoon maak nie, amper soos wanner manne n nuwe loop in breek. Met die skiet metode is jou eertse paar skote se druk/spoed ook natuurlik hoer of anders gestel dit is dieslefde as voor jy gemoly het omdat die hele loop nog nie n mooi laag moly in het nie so jy moet eers n paar van jou standaard ladings skiet en as die spoed val kan jy nou begin met die nuwe aangepaste lading met meer kruit vir die selfde spoed met die Moly koels.

Hier gebruik ek en Ben weer n ander manier, dit is n tip wat ek by n Ompie op n US forum gekry het wat dit doen met HBN.
Nadat die loop skoon is druk ek n nat lappie met surgical spirits deur die loop, Ben gebruik carb cleaner net om seker te maak daar is geen oli nog in die loop nie, patch hom tot hy weer droog is en jy is reg.
Al wat ons doen nadat ons die loop heel skoon gemaak het daai eertse keer is ons vat n bore/chambermop wat ons dan in Moly rol en dan word die loop basies met die Molymop gepolish todat jou arem moeg is en dan druk jy net n skoon patch of 2 deur om enige oortollige Moly uit te kry.Wat ons gesien het met die manier is dat jou eerste skoot wat jy skiet 100% reg is vir jou Moly lading wat jy dan nou gaan aanpas of verhoog om weer by dieselfde spoed as met skoon koels uit te kom.

Ek dip die punt van die mop in Surgical spirits voor ek dit in moly rol om so tiepe paste te maak met die moly

http://i1239.photobucket.com/albums/ff511/siebertn/Moly/IMG-20160610-WA0022_zpshii5jknt.jpeg

Nou is jy reg om te gaan skiet en te kyk of jou geweer ook saam stem die mooi Moly koels is net die ding vir Sannie

Nadat jy geskiet het moet jy jou geweer skoon maak en hier is ook weer n paar maniere hoe manne dink en baie ouens voel jy kan net so elke 4 of self 500 skote skoon maak met die gebruik van Moly, dit hang maar weer af van die gehalte van jou loop en keel maar ek het gesien in my 243 is daar taamlik Moly in die keel area na so 100 skote so ek maak maar skoon na elke skiet sessie of die 20 of 100 skote is.Moly gaan op enige oppervlak aan pak so as jy erens n carbon ring in jou loop of keel ontwikkel gaan dit net erger raak met Moly as jy dit nie skoon maak nie en dit is hier waar jy dan wat die ouens n "black ring off death" noem kry. Dit is basies Moly en carbon wat op mekaar pak en n ring so hard soos glas maak agv min skoon maak en baie skiet, as daai ring in jou loop is is daar basies net een manier on hom uit te kry en dit is n nuwe loop so ek verkies maar om alles mooi skoon te hou.

Ons skoonmaak proses verskil bq met Moly nou in die loop, vir 1 gebruik ons nou nie meer borsels nie want ons wil probeer om so min aan daai laaste lagie Moly teen jou staal te peter of te krap as moontlik, of dit regtig saak maak weet ek nie want die Moly word basies in die staal in gepolish maar dit voel net beter. Met Moly in die loop is dit regtig vinnig om n loop skoon te kry, my process is basies 3 nat patches met Boretech se Carbon remover, laat staan vir so uur en patch uit. Die eerte patch kom so swart soos teer uit want die BT carbon remover verwyder enige oortoliige Moly ook maar dit maak nie saak nie en dan as jy by die 3de een kom is hy basies skoon, as die 3de een nog vuil wys druk ek weer 3 nattes deur los die loop so 15min en patch weer uit todat hy skoon uit kom. Die carbon wil ek alles uit he vir die rede wat ons bo bespreek het, na dit vat ek die koper aan met Montana extreme op 3 nat patches, laat die loop staan vir n tydjie en patch uit. As die laaste patch nog te veel blou op het vir my druk ek weer 3 nat patches deur laat staan vir 15min en patch weer uit maar ek is nie so baie oor koper gepla in die loop soos carbon nie.

Nadat alles uit is en die loop is nou skoon druk ek n pach vol oli deur die loop voor ek hom bere. Moly en water maak ongelooflik baie roes, ek het gespeel met n paar koels en Moly met water in n Somchem blik en toe ek die blik probeer oop draai na 2 weke het die prop vas geroes aan die blik en ek kon die blik met my duim n gat deur druk agv al die roes so vermy enige water naby jou loop as jy Moly gebruik, as jy met n KD skiet en jy skiet baie skote moet nie die geweer met die KD na bo laat staan of bere as jy Moly gebruik nie.

Wanner ek dan weer gaan skiet druk ek n droe patch of 2 deur die loop om die oli uit te haal, volg dit dan op met n patch met degreaser of surgical spirits en dan druk ons weer die Moly mop so paar keer deur die loop om seker te maak alles is mooi gemoly. Met die Molymop deur die loop is ons dan seker die eerste skoot uit die loop gaan presies soos die laatse een wees voor ons skoon gemaak het.

Meeste ouens vra my na ek die process verduidelik het (want dit klink na werk) of ek gaan aan hou om Moly te gebruik en my antwoord is elke keer Ja sonder om eers daar aan te dink. Solank jy jou loop skoon hou kan ek nie regtig n nadeel sien nie.

Die voordele van Moly vir my is meer as wat die werk is om die loop skoon te hou en die koels gemoly te hou.

Loop maak baie maklik skoon met die Moly in die loop, my neck tension is ongelooflik konstant vandat ek my koels moly, met die meer kruit in die dop veral in my 243 en WM en die konstante neck tension en dan nou die gladder Moly loop is my ES oor 10 skote ook baie konstant en bitter laag in al my gewere. My 243 is so konstant vandat ek my koels moly en ek glo dit is agv van die keel area wat "gladder" is met Moly in, ek het laas naweek 5 3 skoot groepe met verskillinde TPLs met hom geskiet op 100m (lading was nog oorspronlike lading net met Moly en was 110fps laer as my node spoed) en ek kon enige van daai TPLs met daai lading gebruik het om in n kompetiesie te gaan skiet, kleinste groep was basies 1 groterige gat en die grootste een was n 20c waar dit altyd nag was as ek my 243 se TPL verander het, n .2 of .3mm verandering in sy TPL het die groepe somer van n paar mms na n duim te verander

Daar is natuurlik die groot storie dat Moly jou loop lewe verleng, of dit wel so is weet ek nie en sal tyd my leer maar Norma glo jy kry 25-30% meer skote deur n loop as jy hul diamond line moly koels gebruik en n paar kenners in SA as ook in die US wat ons me gesels het glo n mens kan n 100 of 3 meer skote verwag deur n loop. Wat ek wel gesien het is my loop word nie so vinnig warem met moly op my koels nie (ons het met n infra rooi temp meter die temp oor n oggend gevat) en dit lyk vir my en ek is glad nie n kenner op die gebied nie of die temp baie meer konstant oor n langer tyd op gaan en soos ons ook nou al bespreek het hier op Jaracal is hitte in die keel area n killer vir jou loop.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Ben
Hero Member
Hero Member
Posts: 908
Joined: Thu Mar 26, 2015 7:18 am

Re: Moly en hoe ons hom doen

Post by Ben »

Baie mooi opgesom Siebert....Ek gan more weer bietjie die nuwe ladings toets so ek gaan vanaand my loop droog maak en dan weer mop!

Ek sal kom terugvoer gee!
"Failure is NOT an Option"
User avatar
JacquesT (Stompe)
Hero Member
Hero Member
Posts: 948
Joined: Fri Jan 30, 2015 2:26 pm

Re: Moly en hoe ons hom doen

Post by JacquesT (Stompe) »

"Daar is natuurlik die groot storie dat Moly jou loop lewe verleng, of dit wel so is weet ek nie en sal tyd my leer maar Norma glo jy kry 25-30% meer skote deur n loop as jy hul diamond line moly koels gebruik en n paar kenners in SA as ook in die US wat ons me gesels het glo n mens kan n 100 of 3 meer skote verwag deur n loop."

Ek en Ben se 243 het omtrent dieselfde hoeveelheid skote deur. Nie een van ons gewere word regtig met "warm"ladings geskiet nie. Na 450 skote het Ben nou begin molly en ek nie. Alhoewel al die veranderlikkes nie dieselfde is nie bv. verskillende geweer fabrikate, verskellinde koels wat geskiet word met verskillende ladings, sal ons oor 'n 1000 skote 'n goeie idee het waste impak molly op standard rak geweer se lope het. Ons sal ook kan meet hoeveel die keel wegbrand met die molly.

Groete
User avatar
JacquesT (Stompe)
Hero Member
Hero Member
Posts: 948
Joined: Fri Jan 30, 2015 2:26 pm

Re: Moly en hoe ons hom doen

Post by JacquesT (Stompe) »

Siebert,

Gestel ek koop 'n nuwe geweer, en ek wil van die word go af molly skiet, sal ek die loop deur die normale loop inbreek metode vat, of molly polish jy hom van die begin af?
User avatar
Ben
Hero Member
Hero Member
Posts: 908
Joined: Thu Mar 26, 2015 7:18 am

Moly en hoe ons hom doen

Post by Ben »

Soos wat Ek verstaan moet Jy normale droe koels gebruik om jou keel in te breek.... Jy het die wrywing nodig!
Daarna kan Jy jou Molly koels begin skiet!
"Failure is NOT an Option"
User avatar
JacquesT (Stompe)
Hero Member
Hero Member
Posts: 948
Joined: Fri Jan 30, 2015 2:26 pm

Re: Moly en hoe ons hom doen

Post by JacquesT (Stompe) »

Ben wrote: Jy het die wrywing nodig!
Ben,

Kan jy bietjie uitbei hieroor asb.

Groete
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13585
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Moly en hoe ons hom doen

Post by Capt. Yoda »

JacquesT (Stompe) wrote:Siebert,

Gestel ek koop 'n nuwe geweer, en ek wil van die word go af molly skiet, sal ek die loop deur die normale loop inbreek metode vat, of molly polish jy hom van die begin af?

J daar is 2 gedagtes weer hier wel eintlik 3, 1 groep se jy breek nie n loop in nie maar dit is meer met n custom handlapped loop, die ander groep se jy breek jou loop normaal (met skoon koels) in sodat jy al die tooling merkies en daai kan glad kry en dan ook (as ek daar aan dink) n koper laag teen die staal in jou loop kry om sodoende enige merkies glad te kry en gladde loop te he as jy klaar is. Die 3de groep se dan om n loop met skoon koels in te breek en alles skoon te maak heeltyd is soos om n nuwe motor engine in te ry sonder enige oli.

Die meeste mense se gevoel is jy breek die loop met skoon koels in soos Ben se en dan as jy wil Moly begin jy met die proses na jy voel jou loop is nou gebreek of in gebreek

Wat die beste is kan ek nie se nie ek het nog nooit n loop in gebreek nie maar my gewere kom van die fabriek af met n tyken wat geskiet is so ek neem aan hy is al klaar reg om te skiet.

Ek het nou 2 jaar skoon ballistic tips in my 243 geskiet en ek weet met die getal koels wat ek geskiet het hoeveel my keel weg gebrand het so ek sal nou kyk na weer so getal koels (wat seker binne 5maande sal wees soos ons nou deesdae skiet) hoeveel die keel gebrand het en of daar n verskil is tussen die Moly koels en die skoon koels.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Ben
Hero Member
Hero Member
Posts: 908
Joined: Thu Mar 26, 2015 7:18 am

Re: Moly en hoe ons hom doen

Post by Ben »

Cappy het nou mooi opgesom daar! In my beperkte ondervinding is die grootste voordeel van loop "inbreek" dat jou loop baie makliker skoon maak as een wat nie "ingebreek" is nie. Dis is wel my eie ondervinding, ander mense mag dalk hulle eie konklusies bereik.

Om aan te sluit het my keel in my 243 nou in 6 maande met 0.5mm weggebrand. Omtrent so 500 Skote.....en gaan nou kyk en dan sal ons mar sien!
"Failure is NOT an Option"
User avatar
JohanvanZyl
Full Member
Full Member
Posts: 234
Joined: Thu Sep 19, 2013 10:42 am

Re: Moly en hoe ons hom doen

Post by JohanvanZyl »

Cappie

Dit maak my groen as ek lees hoe baie julle skiet. Oefen julle? Skiet julle sommer net vir lekker?

120 skote n naweek is baie baie en dit klink heerlik. Soos n golfer wat 36 putjies op Saterdag en Sondag speel. En skiet julle dan al julle kalibers?
Johan
Howa 30-06
Oberndorf Mauser .22
User avatar
JohanvanZyl
Full Member
Full Member
Posts: 234
Joined: Thu Sep 19, 2013 10:42 am

Re: Moly en hoe ons hom doen

Post by JohanvanZyl »

En sal julle bietjie oor die akuraatheid ook skryf oor so paar weke, maw hoe dieselfde gewere voor en na moly se groepe lyk of is die looplewe maar die enigste oorweging?
Johan
Howa 30-06
Oberndorf Mauser .22
User avatar
Gerhardu
Hero Member
Hero Member
Posts: 981
Joined: Mon Nov 19, 2012 1:55 pm

Re: Moly en hoe ons hom doen

Post by Gerhardu »

Weet mamma jy gebruik haar Tupperware???

Sent from my SM-G925F using Tapatalk
.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13585
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Moly en hoe ons hom doen

Post by Capt. Yoda »

Johan ons probeer maar so half oefen maar dit draai nie altyd so uit nie, ons is so 6 pelle en vlakvark soldaat wat altyd saam skiet so daar is maar altyd sterk kompetiesie tussen almal sonder dat iemand iets se. Ek glo akuraatheid sal sefde wees met moly, dit was kom ons se aanvaarbaar voor die tyd maar wat my en Ben aan die begin na Moly toe gevat het is reeds die feit dat ons deesdae so baie skiet maar na ons baie gelees en gespeel het lyk dit of die ander voordele wat dit ons bied ook baie goed is,ons sal maar nog sien of ons enige iets wen met loop lewe. Ons het die eerste keer toe ons die Moly koels met ons "ou" en nuwe ladings gecrony het groepe op 100 en toe ook some rvinnig paar groepe op gonge op 300 en 400m ook geskiet en nie een van die lading se spoed was reg soos ons hul wou he nie maar alle groepe was gemaklik onder half moa. Ons klomp gaan die 9de n lekker komp skiet so dan sal ons maar sien wat gebeur, die week na daai maweek van die 9de beplan ek om mooi te kyk hoe alles lyk tot op 1000y en as ek my ouuuuuu skietmaat lank genoeg van sy nuwe liefde af kan weg kry dalk tot op n 1600y.

Gerhardu daai tupperware het ons in jou Cruiser gekry..
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
JohanvanZyl
Full Member
Full Member
Posts: 234
Joined: Thu Sep 19, 2013 10:42 am

Re: Moly en hoe ons hom doen

Post by JohanvanZyl »

Lekkerrrr! Ek wag vir die 1000y en 1600y moly stories en fotos. Altyd lekker om te lees
Johan
Howa 30-06
Oberndorf Mauser .22
User avatar
Gerhardu
Hero Member
Hero Member
Posts: 981
Joined: Mon Nov 19, 2012 1:55 pm

Re: Moly en hoe ons hom doen

Post by Gerhardu »

Nog n goeie post.Dis was n lekker Lees. Goeie info!Eks was nog altyd n groot aanhanger van Moly en al my 375 en 458 punte is gemoly.Wil sommer by jou moly kry vir my 6.5

Sent from my SM-G925F using Tapatalk
.
User avatar
Gerhardu
Hero Member
Hero Member
Posts: 981
Joined: Mon Nov 19, 2012 1:55 pm

Re: Moly en hoe ons hom doen

Post by Gerhardu »

Capt. Oblivious wrote:Johan ons probeer maar so half oefen maar dit draai nie altyd so uit nie, ons is so 6 pelle en vlakvark soldaat wat altyd saam skiet so daar is maar altyd sterk kompetiesie tussen almal sonder dat iemand iets se. Ek glo akuraatheid sal sefde wees met moly, dit was kom ons se aanvaarbaar voor die tyd maar wat my en Ben aan die begin na Moly toe gevat het is reeds die feit dat ons deesdae so baie skiet maar na ons baie gelees en gespeel het lyk dit of die ander voordele wat dit ons bied ook baie goed is,ons sal maar nog sien of ons enige iets wen met loop lewe. Ons het die eerste keer toe ons die Moly koels met ons "ou" en nuwe ladings gecrony het groepe op 100 en toe ook some rvinnig paar groepe op gonge op 300 en 400m ook geskiet en nie een van die lading se spoed was reg soos ons hul wou he nie maar alle groepe was gemaklik onder half moa. Ons klomp gaan die 9de n lekker komp skiet so dan sal ons maar sien wat gebeur, die week na daai maweek van die 9de beplan ek om mooi te kyk hoe alles lyk tot op 1000y en as ek my ouuuuuu skietmaat lank genoeg van sy nuwe liefde af kan weg kry dalk tot op n 1600y.

Gerhardu daai tupperware het ons in jou Cruiser gekry..
Toe vat jy my kosblik vir jou moly werk?

Sent from my SM-G925F using Tapatalk
.
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: Moly en hoe ons hom doen

Post by Piet Pille »

Siebert,

Jy noem dat jou necktension nou baie meer konstand is vandat jy moly, en jou ES dieooreenkomstig afgeneem het.. Dit moet tog sekerlik 'n positiewe effek op groeperings he?
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13585
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Moly en hoe ons hom doen

Post by Capt. Yoda »

Piet ja ek glo dit doen, soos ek se ek sal nou eers die volgende keer (seker volgende naweek) wat ek skiet my ladings reg he soos ek hul wil he en dan sal ek mooi sien wat hulle maak maar jy sal sien/voel die eerste keer wat jy n Koel wat gemoly is in n dop seat voel dit of jy n mes in botter druk.My nek setension is so 3thou op al my kalibers so is ook nie baie nie en ek dink die regte manier om dit eintlik te se is die manier of force wat dit vat om elke koel te seat voel vir my nou presies dieselfde en baie "makliker", op my co-ax waar ek altyd kon voel wat se koels harder gedruk moet word om in die dop te kom het almal nou dieselfde resistance

Tyd sal leer of ons met 11.1.11 besig is maar ek geniet dit, dalk maar omdat ek hou van speel en nuwe goed probeer verstaan maar ons sal sien wat dit maak
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Riaan Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1284
Joined: Tue Sep 02, 2014 3:53 pm

Re: Moly en hoe ons hom doen

Post by Riaan Kriel »

Cappie goeie inligting, baie dankie. Waar het jy die Moly gekoop. Dit is nie hier plaaslik beskikbaar nie?
User avatar
Ben
Hero Member
Hero Member
Posts: 908
Joined: Thu Mar 26, 2015 7:18 am

Re: Moly en hoe ons hom doen

Post by Ben »

Daai tupperware wat ons in jou Cruiser gekry het G was vol van jou twakkies gewees.....ons het dit mooi in n hopie agter op jou bak gegooi.....hoop jy het dit gekry!
"Failure is NOT an Option"
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: Moly en hoe ons hom doen

Post by Piet Pille »

Bsaie insiggewende post. Dankie Cappie/ Ben!!

Sal Admin asb hierdie post 'n Sticky maak by die ander "How to " posts asb?
User avatar
Gerhardu
Hero Member
Hero Member
Posts: 981
Joined: Mon Nov 19, 2012 1:55 pm

Re: Moly en hoe ons hom doen

Post by Gerhardu »

Piet Pille wrote:Bsaie insiggewende post. Dankie Cappie/ Ben!!

Sal Admin asb hierdie post 'n Sticky maak by die ander "How to " posts asb?
Goeie idee Piet.Image

Sent from my SM-G925F using Tapatalk
.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13585
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Moly en hoe ons hom doen

Post by Capt. Yoda »

Riaan ons het hier by n Winkel in Boksburg of een of ander plek n bot gekry. Meeste plekke hier in JHB wat ek gebel het het gese hulle sal binne die volgende maand weer op die rakke he. Gunsmithy verkoop ook een wat ek taamlik sien


Ben is nou op die baan besig om te skiet toe stuur hy my n paar nommers.

Wat interesant is is die eerste 3 skote uit sy loop na hy die loop skoon gemaak het en weer met die "molymop" gepolish het was die spoed so 90fps laer as sy spoed wat hy voor aangepas het met die Moly en toe is sy spoed reg van skoot 4 af en sy ES oor die volgende 5 skote was basies die helfde wat dit die eerste 3 was. EK sal bq kyk as ek volgende week skiet of ek dieselfde kry maar ek en Ben se metode met die mop verskil so bq, ek "meng" die moly met surgical spirits, polish die loop en patch hom dan uit todat die patch skoon uit kom. Ben vat net n mop met droe moly op, polish hom en skiet sonder om uit te patch so gaan interesant wees om te sien of daar n verskil is tussen ons 2 gewere se eertse 3 skote
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: Moly en hoe ons hom doen

Post by Piet Pille »

So dit kan dalk wees dat die "molymob" tussen skiet-/skoonmaaksessies oorbodig is?
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13585
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Moly en hoe ons hom doen

Post by Capt. Yoda »

Piet Pille wrote:So dit kan dalk wees dat die "molymob" tussen skiet-/skoonmaaksessies oorbodig is?

Ja kan heel moontlik wees veral as mens nie te erg skoon maak nie, ek wil net sien wat hy doen as ek skiet met my manier van skoon maak/moly mop en as hy selfde doen gaan ek kyk wat gebeur as mens dit doen sonder om weer die molymop te gebruik na jy skoon gemaak het. Ek wil he my eerste skoot moet reg wees so sal maar speel tot dit reg is of tot ek agter kom jy moet maar met dit saam leef na jy skoon gemaak het.Met Ben se metode van die Moly droog op die mop sit se hy daar kom nie regtig enige iets uit na die tyd as hy n patch deur die loop stoot nie so hy patch nie meer na die tyd nie waar met my manier wat ek die Moly met surgical spirits meng kom die eerste patch na die tyd pikswart uit.

Laas toe ons geksiet het was my eerste skote se spoed reg na die molymop proses maar dit kan dalk wees omdat die loop toe nou heel skoon gemaak was of dit kan dalk wees omdat my manier bq verskil van Ben sin, is interesant en ek sal nou meer weet as ek weer geskiet het wat aan gaan.

Jy kry ook n Moly cream wat gebruik word vir dieselfde rede as ons molymop wat die ouens se jou eertse skoot reg is en van wat ek gelees het is die cream basies Moly en 100% alcohol
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: Moly en hoe ons hom doen

Post by Piet Pille »

Capt. Oblivious wrote:
Piet Pille wrote:So dit kan dalk wees dat die "molymob" tussen skiet-/skoonmaaksessies oorbodig is?

Ja kan heel moontlik wees veral as mens nie te erg skoon maak nie, ek wil net sien wat hy doen as ek skiet met my manier van skoon maak/moly mop en as hy selfde doen gaan ek kyk wat gebeur as mens dit doen sonder om weer die molymop te gebruik na jy skoon gemaak het. Ek wil he my eerste skoot moet reg wees so sal maar speel tot dit reg is of tot ek agter kom jy moet maar met dit saam leef na jy skoon gemaak het.Met Ben se metode van die Moly droog op die mop sit se hy daar kom nie regtig enige iets uit na die tyd as hy n patch deur die loop stoot nie so hy patch nie meer na die tyd nie waar met my manier wat ek die Moly met surgical spirits meng kom die eerste patch na die tyd pikswart uit.

Laas toe ons geksiet het was my eerste skote se spoed reg na die molymop proses maar dit kan dalk wees omdat die loop toe nou heel skoon gemaak was of dit kan dalk wees omdat my manier bq verskil van Ben sin, is interesant en ek sal nou meer weet as ek weer geskiet het wat aan gaan.

Jy kry ook n Moly cream wat gebruik word vir dieselfde rede as ons molymop wat die ouens se jou eertse skoot reg is en van wat ek gelees het is die cream basies Moly en 100% alcohol
Gebruik die droeë moly poeier op die mob en vat 'n sluk van die surgical spitis / 100% alkohol.... dan worry jy nie regtig wat die spoed van die eerste skoot daarna is nie..
Post Reply