lang poot kudu bulle

Enige besprekings/vrae ivm boerdery bedrywighede.
Post Reply
willienel
Full Member
Full Member
Posts: 211
Joined: Fri May 16, 2014 3:13 pm

lang poot kudu bulle

Post by willienel »

Wie kan dalk raad gee?ons het ni regtig sand veld ni,,di plasie is so 300 hektaar, ons het nou di 5de koedoe bul laat jag wat regtig waar lang hoewe of kloue het ,ekt Al gehoor van tekorte wat di boke kry .dink julle ons sit met n groot probleem en stel julle voor ons raadpleeg n vee arts oor di probleem?wat my laat bekommer is ons buurmanne het ni so probleem ni . Gud hulle het ook groot grond en di meeste gronde is oop en ni toe gespan ni.asb as daar dalk iemand my kan opieni gee danki.en dis regtig lank tot 20 cm wat hulle om krul tot bo
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: lang poot kudu bulle

Post by tripodmvr »

Hier is fotos van sulke hoewe

kOEDOE hoewe uit die sandveld 2.jpeg
kOEDOE hoewe uit die sandveld.jpeg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Philip J
Hero Member
Hero Member
Posts: 925
Joined: Fri Mar 14, 2014 8:58 pm

Re: lang poot kudu bulle

Post by Philip J »

Ek het dit al in beeste gesien, maar soos jy tereg opmerk, is dit meestal beeste uit die sandveld uit. Nie gedink wild kan ook so iets oorkom nie. Ek weet voeding, lees hoë energie, kan ook 'n bydraende faktor wees. Voer julle die kudus?
Groetnis
Philip
Williel
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Aug 07, 2013 8:05 pm

Re: lang poot kudu bulle

Post by Williel »

Dis maar sandveld se probleem daai. Daar is nie harde grond wat die naels/hoewe slyp nie. Al redelik baie van daai koedoes gesien in die Kalahari. Hulle raak maar biltong die kant. :)
Groete, Willie
User avatar
kwagga
Full Member
Full Member
Posts: 176
Joined: Sun Nov 18, 2012 3:50 pm

Re: lang poot kudu bulle

Post by kwagga »

Ek het ook Waterberg sandveld plaas en kry nie daai probleem op enige van die spesies nie. Ek het al gehoor van sekere spoorelemente en minerale wat dit veroorsaak. Sit jy enige lek uit?
willienel
Full Member
Full Member
Posts: 211
Joined: Fri May 16, 2014 3:13 pm

Re: lang poot kudu bulle

Post by willienel »

Goeie mre! Ja ons voer mielies ,lusern,romovite bloke, sout,en ons voer baie artappel in Di winter,,ons gee ook winterlek in Di winter vi di beeste in Di winter,,di kloue op daar die foto is klein by ons groei hulle 2 keer so lank ons baie bekomerd
User avatar
kwagga
Full Member
Full Member
Posts: 176
Joined: Sun Nov 18, 2012 3:50 pm

Re: lang poot kudu bulle

Post by kwagga »

Uit die perd se bek:

"Daardie is van n fosfaat tekort, baie bekend veral in die sandveld onder koedoes, swartwitpense kry dit ook soms maklik as daar n fosfaat tekort is."
willienel
Full Member
Full Member
Posts: 211
Joined: Fri May 16, 2014 3:13 pm

Re: lang poot kudu bulle

Post by willienel »

Dankie kwagga ek stem met jou saam
User avatar
Freddie101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1384
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am

Re: lang poot kudu bulle

Post by Freddie101 »

Willie
Ek wonder net of dit nie geneties van aard ook kan wees nie.

Hoe lank is dit al net 300 ha en kan ander koedoes inkom?

Nog redes hoekom ek vra.
-ander plase in omgewing nie so nie.
- jy gee byvoeding wat spoorminerale tog moet bevat en ook kalsium en fosfaat.

As daar n bul of koeie met genetiese defek is kan dit in die klein gebied groot invloed he.

Groete Freddie
User avatar
Hein (Haan)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1088
Joined: Wed Aug 24, 2011 12:26 pm

Re: lang poot kudu bulle

Post by Hein (Haan) »

Jy kry dit by bulle ook wat te veel enirgie in sy dieet kry.
Ek sal se dit is n groot wanbelaans waar jy heeltemal te veel enirgie in die dieet het.
Laat iemand vir jou die voeding van die diere balanseer sodat jy n proteien bron saam die steisel gee


Sent from my iPhone using Tapatalk
willienel
Full Member
Full Member
Posts: 211
Joined: Fri May 16, 2014 3:13 pm

Re: lang poot kudu bulle

Post by willienel »

Jy sien baie dankie kyk net hoe intresante dinge kom uit ,,,,sal dit verseker na gaan dit maak net so baie sin....Di plaas is Al vi 10 jaar toe gespan en n gem van 30 en 40 kudu ek dink ook dis bietjie baie bokke vi di stuk grond?
User avatar
JJV
Hero Member
Hero Member
Posts: 770
Joined: Fri Oct 02, 2015 7:26 am

Re: lang poot kudu bulle

Post by JJV »

Ons het die naweek 'n 1 horing koedoe met sulke laang poote geskiet by Vergelegen (trekbokke) kondisie was reeds baie swak, dink nie hy sou winter oorleef het nie.


Sent from my iPhone using Tapatalk
Wayne
Hero Member
Hero Member
Posts: 1007
Joined: Sat Mar 24, 2012 5:36 pm

Re: lang poot kudu bulle

Post by Wayne »

Look at the amount of maize you are feeding. A high intake of maize (energy) in any animals ration seems to cause hoof growth, especially if there living area is restricted and as Freddie said, how long have they been in such a small area, as it could be a genetic problem as well.
Basjan123
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 450
Joined: Fri May 06, 2016 1:06 pm

Re: lang poot kudu bulle

Post by Basjan123 »

willienel wrote:Jy sien baie dankie kyk net hoe intresante dinge kom uit ,,,,sal dit verseker na gaan dit maak net so baie sin....Di plaas is Al vi 10 jaar toe gespan en n gem van 30 en 40 kudu ek dink ook dis bietjie baie bokke vi di stuk grond?
Wat het die bokke uitgeslag ? Ek dink dit kan jou ook dalk aanduiding gee of daar inteling plaasvind of nie. Koedoes kom maar in en uit met hoe drade as hulle wil.
Post Reply