Laat my dink aan die storie van die 2 broers wat ook so met n donkie karretjie van die dorp af op pad huistoe ry .By n sekere boom het die donkies gaan staan in die koelte om te rus maar om die blikskottels weer aan die loop te kry was n taak op sy eie .Die 1 broer was voorbery vir die geleentheid en vat toe die bottletjie terpentyn en n lappie toe die donkies verseg om te loop hy maak die lappie drup nat met terpentyn ,lig die donkie se stert en smeer hom pappa .
Die donkie het nog so gestaan toe vat daai brand hom hy trek sy bek so skeef en gee n skril geluid en vleig weg soos n formula 1 reisies kar .Die 2 broers was dit nie te verwagte en tuimel gat oor kop van die karretjie af .So le hulle in die stof en staar n karretjie wat vinnig besig is om klein the word
.Nou hoe nou gemaak
Nee broer se die 1 ou kom ons smeer ons ook met terpentyn om daai donketjie te loop vang .Nou ja hulle gaan staan toe so in die weg spring posisie soos n atleet en die 2 broers smeer gelyk die terpentyn aan . Toe die brand hulle vat pappa toe vlieee hulle daar weg met n spoed soos n parlement lid na sy local KFC .Hulle hol so dat die wind wat by hulle neuse in blaas twee sulke knoppe agter hulle kop maak .Sommer in n japtrap vang hulle die donkie karretjie en hulle gryp die leisels om die donkie vas te hou .
Die 1 broer se vir die ander Ou broer hou jy die leisel vas smaak my ek moet nog so end hardloop
Donkie en terpentyn stories
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Donkie en terpentyn stories
bwahaha
- Chris (vdB)
- Hero Member

- Posts: 741
- Joined: Mon Jan 05, 2015 11:10 am
Re: Donkie en terpentyn stories
BRNO - ZKK600 - 30-06
HOWA - 243 AI Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
HOWA - 243 AI Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
-
Basjan123
- Sr. Member

- Posts: 450
- Joined: Fri May 06, 2016 1:06 pm
Re: Donkie en terpentyn stories
Classic manne ek sien in my geestesoog hoe die broer die leisels oorhandig......
