Page 1 of 1

So laat Facebook se SA herlaai en groepering op FB my lag.

Posted: Wed Jun 15, 2016 10:13 am
by Chevvy SS
More manne. Het bietjie raad nodig. Ek het vir my i 300 WSM gebou met i 30" Bartlain loop. 1:12 twist. Watse lading en punte kan julle voorstel? Groete

Jy gaan sukkel om 180s te stabiliseer maar dis nie ontmoontlik nie. Dit gaan net n bietjie meer geduld kos

Hy sal daai 180 skiet onthou di n 30 loop wat goeie sporing sal gee en gaan 3000fps kry wat rpm sal optel

Re: So laat Facebook se SA herlaai en groepering op FB my la

Posted: Wed Jun 15, 2016 10:21 am
by Nickvn
:): :): :): :):

Re: So laat Facebook se SA herlaai en groepering op FB my la

Posted: Wed Jun 15, 2016 10:22 am
by Eugene
Daar is baie interessante raad op sommige van daai groepe.....

Re: So laat Facebook se SA herlaai en groepering op FB my la

Posted: Wed Jun 15, 2016 10:30 am
by ruaanb
Nee o m...

Re: So laat Facebook se SA herlaai en groepering op FB my la

Posted: Wed Jun 15, 2016 10:51 am
by Boesman10
Dink ek gaan onmiddelik my 24" loop op die .300WM ruil vir 'n 30" loop om ook extra rpm's te kry............

Re: So laat Facebook se SA herlaai en groepering op FB my la

Posted: Wed Jun 15, 2016 10:53 am
by NicoSmit
rpm's....rondtes per minute

Re: So laat Facebook se SA herlaai en groepering op FB my la

Posted: Wed Jun 15, 2016 11:27 am
by Jakkels 223
sal nie 180gr skiet nie, net nou spin daardie rpm's die mantel af

Re: So laat Facebook se SA herlaai en groepering op FB my la

Posted: Wed Jun 15, 2016 11:38 am
by Nickvn
Hoe hoer die rpm hoe hoer die spoed. Julle weet mos.........

Re: So laat Facebook se SA herlaai en groepering op FB my la

Posted: Wed Jun 15, 2016 12:22 pm
by JPS
Nickvn wrote:Hoe hoer die rpm hoe hoer die spoed. Julle weet mos.........
Net as jou sneller druk reg is en jy spin nie met die wegtrek nie ++>:

Re: So laat Facebook se SA herlaai en groepering op FB my la

Posted: Wed Jun 15, 2016 12:25 pm
by alecjohnson
Ek het by 'n paar sites weggegaan a.g.v die raad wat gegee word...

Re: So laat Facebook se SA herlaai en groepering op FB my la

Posted: Wed Jun 15, 2016 12:37 pm
by Witpietskiet
JPS wrote:
Nickvn wrote:Hoe hoer die rpm hoe hoer die spoed. Julle weet mos.........
Net as jou sneller druk reg is en jy spin nie met die wegtrek nie ++>:
Spin jy die loop uit die aksie uit

Re: So laat Facebook se SA herlaai en groepering op FB my la

Posted: Wed Jun 15, 2016 12:40 pm
by NicoSmit
daai sites het my baie geleer ivm herlaai het nooit geweet as die doppie vol is van die kruit kan jy 'n dun dowlstokkie vat en dan die kruit nog so bietjie vas stamp dan kan jy nog meer kruit inkry vir daai ekstra rpm en spoed

Re: So laat Facebook se SA herlaai en groepering op FB my la

Posted: Wed Jun 15, 2016 12:49 pm
by Hein22
Boesman10 wrote:Dink ek gaan onmiddelik my 24" loop op die .300WM ruil vir 'n 30" loop om ook extra rpm's te kry............
Moet nie te hard lag nie. Jy mag dalk net....

Bullet RPM = MV X 720/Twist Rate (in inches)

Hoe vinniger die koeel deur die loop se groewe beweeg, hoe vinniger gaan hy spin wanneer hy die muzzle verlaat. So 30" wat meer spoed gee sal meer RPM gee. Miskien is dit wat die persoon op FB probeer se het.

Re: So laat Facebook se SA herlaai en groepering op FB my la

Posted: Wed Jun 15, 2016 1:22 pm
by Frederik
Hoe weet jy as jou RPM in die rooi is?

Re: So laat Facebook se SA herlaai en groepering op FB my la

Posted: Wed Jun 15, 2016 1:47 pm
by Gawie(13mm)
Frederik wrote:Hoe weet jy as jou RPM in die rooi is?
Jy kyk deur bebloede oë na dit wat van jou geweer oor is?

Re: So laat Facebook se SA herlaai en groepering op FB my la

Posted: Wed Jun 15, 2016 1:49 pm
by Frikkie Coetzee
Frederik wrote:Hoe weet jy as jou RPM in die rooi is?
Die primer pop n wheelie

Re: So laat Facebook se SA herlaai en groepering op FB my la

Posted: Wed Jun 15, 2016 1:54 pm
by Dries101
Ek moet bieg die feit dat daar nie meer ouens rondloop met oog klappe en af handjies nie is verbassend- ek begin nou al dink dit is bykans ontmoontlik om jouself op te blaas.

Re: So laat Facebook se SA herlaai en groepering op FB my la

Posted: Wed Jun 15, 2016 2:25 pm
by RabieL
Kyk, so hier en daar los ek maar comments op party van die FB groepe as dit by herlaai kom, ek herlaai nou al my eie ammunisie vir 16 jaar. Ek het destyds nie regtig die interweb gehad wat herlaai so maklik maak soos in vandag se tyd nie. Maar of dit n goeie of slegte ding is kan ek ook nie se nie, dit is vandag so maklik om verkeerde informasie te kry en dit voel vir my mense volg dit blindelings, een van die dae gaan daar meer ongelukke wees wat regulering op herlaai dalk te weeg sal bring, ek hoop van harte dit gebeur nie.

Verder het ervaring my ook geleer dat hoe meer jy weet, hoe stiller bly jy. As mens gaan kyk na deskundiges op die gebied, kry jy mense wat spesifiek net die person se vraag antwoord. Jy kry baie self erkende fundi's wat nou net n bietjie weet, en hulle wil op miershope staan en hulle kennis uitbasuin, en dit is die manne watmy baie bang maak. Meeste van my kennis het ek maar self ingewin deur ure met my neus in boeke en artikels te sit, maar hoe meer die informasie duidelik word, hoe vinniger besef n mens dat verkeerde interpretasie hiervan n groot hoop moeilikheid kan veroorsaak.

Myns insien met die antwoorde op die post, is dit n spesifieke geval waar die volledige omskrywing nie 100% korrek oorgedra is nie, n 30 duim loop het die vermoe om n punt vinniger te skiet, en kan die omwentelings per minuut verhoou sou die skut besluit om spoed op maksimum te skiet, wat dan die punt sou stabiliseer indien dit as te lank vir die groefdraai gesien word. Daar is geen antwoord wat uit navorsing gegee word of die oorspronlike problem van stabilisering wel te beantwoord nie, waarom dan die klomp ekstra nonsense uiter as jy die oorsprong nog nie geadreseer het nie. Al raad wat ek vir lesers het is doen maar die huiswerk, maak seker jou antwoord is uit n erkende bron van inligting en double check elke ou se opinie.