Page 1 of 2

Wie skiet nie-algemene / interessante kalibers?

Posted: Thu Jul 07, 2011 2:28 pm
by Lourens
Hi manne,

weet nie of dit dalk al gedoen is nie, maar wie hier rond skiet nie-algemene / interesante kalibers wat ons nie elke dag sien nie? Ek dink om dit maklik te maak, kom ons se maar enige kaliber / rondte waarvoor daar nie algemeen fabrieksammunisie in SA beskikbaar is nie.

Vertel bietjie van die geweer en wat sy ballistiese vermo?ens is en wat jy al als met hom gejag het, gooi sommer 'n foto'kie ook by as jy een het.

Groete,

Rooijakkals

Re: Wie skiet nie-algemene / interessante kalibers?

Posted: Thu Jul 07, 2011 4:19 pm
by PITSMIT
n vriend van my skiet met n 7x64 ;D ;D ;D LMBIMM

Re: Wie skiet nie-algemene / interessante kalibers?

Posted: Thu Jul 07, 2011 4:46 pm
by tripodmvr
PITSMIT wrote: n vriend van my skiet met n 7x64 ;D ;D ;D LMBIMM
Dit is 'n interessante kaliber - dit is ook die beste kaliber.

Re: Wie skiet nie-algemene / interessante kalibers?

Posted: Thu Jul 07, 2011 4:55 pm
by Francois Briedenhann
N vriend skiet met n Trex nitro xpres 700 daai dink maak n lawaai!!!

Re: Wie skiet nie-algemene / interessante kalibers?

Posted: Thu Jul 07, 2011 5:11 pm
by tripodmvr
Francois Briedenhann wrote: N vriend skiet met n Trex nitro xpres 700 daai dink maak n lawaai!!!
Nie gedink daar is 'n 700 nitro in SA nie. Fotos en meer inligting asb.

Die ouer kalibers wat nog doppe met swartkruit skiet of net na die ontwikkeling van nitroladings gemaak is behoort ook interresante wapens wees om te sien en van te hoor.

Re: Wie skiet nie-algemene / interessante kalibers?

Posted: Thu Jul 07, 2011 5:21 pm
by Geno
Die T-rex is 'n .577(Tyrannosaur), nie .700 nie. Die .700 is 'n .700Nitro Express.

Re: Wie skiet nie-algemene / interessante kalibers?

Posted: Thu Jul 07, 2011 5:26 pm
by tripodmvr
Francois Briedenhann wrote: N vriend skiet met n Trex nitro xpres 700 daai dink maak n lawaai!!!
Al die inligting het my gegooi - net gelet op 700 nitro. Het al gehoor van TRex maar nog nie fotos van ammunisie of gewere gesien nie.

Re: Wie skiet nie-algemene / interessante kalibers?

Posted: Thu Jul 07, 2011 5:43 pm
by Sako75
Manne,

Ek het 'n Tikka 9,3x74R over & under dubbel.  Dis maar 9,3x62 vir dubbellope!

Re: Wie skiet nie-algemene / interessante kalibers?

Posted: Thu Jul 07, 2011 5:44 pm
by JoevR
Ek skiet 'n 10,75 x 68 en 6,5 x 58, altwee is A-tipe Oberndorf Mausers:
10,75 x 68: 350 gr Woodleigh (op boks bedoel vir 404 Jeffery) voor 70 gr S335 vir 2400 vt/sek,
6,5 x 58: 140 gr Nosler Partition voor 45 gr S365 vir 2750 vt/sek.
Altwee is gemaak in die vroee 1930's, maar skiet steeds puik. Blouwildebees geklop met 10,75 (ystervisiere) en vark en rooibok met 6,5 (teleskoop) in Mei duskant Vaalwater. Bladskote, koeels is regdeur.

Groete,Joe

Re: Wie skiet nie-algemene / interessante kalibers?

Posted: Thu Jul 07, 2011 8:12 pm
by Francois Briedenhann
Jamer dis nie n trex nie net n 700 nitro expres. Die geweer is in nab sal dat hy n foto stuur

Re: Wie skiet nie-algemene / interessante kalibers?

Posted: Thu Jul 07, 2011 8:26 pm
by Spanner
Francois Briedenhann wrote: N vriend skiet met n Trex nitro xpres ....daai dink maak n lawaai!!!
Magtig ! Wat kos daai ding se patrone ?  Ek verkies om daai klas van geld eerder op 'n huispaaiment te betaal as om dit uit te gaan skiet in 'n paar skote.  Daai ding skop seker die plaak van jou tande af ?

Re: Wie skiet nie-algemene / interessante kalibers?

Posted: Thu Jul 07, 2011 8:32 pm
by tripodmvr
Dan s? ek weer. Nie geweet daar is van hulle in SA nie. Holland & Holland het gemaak en ek weet van Searcy in Amerika wat gemaak het. Gee asb meer inligting!!!!!!!!!!!

Re: Wie skiet nie-algemene / interessante kalibers?

Posted: Thu Jul 07, 2011 9:57 pm
by Gerard
Ek het 'n 22x64.  Hy het al etlike honderde springbokke, blesbokke, impalas en 'n koedoe of twee help omskep in biltong en eetvleis. 

[img width=560 height=326]http://www.gsgroup.co.za/cradle.jpg[/img]

Ek het die reamers en gauges vir 'n 395 gekry en wag vir 'n loop om op te daag.  Dan bou ek vir my 'n 395GSC.

Re: Wie skiet nie-algemene / interessante kalibers?

Posted: Thu Jul 07, 2011 10:28 pm
by Francois Briedenhann
Hyt die geweer by n jagter van oorsee gekry dis al wat ek weet en dat hy nie petrone kan kry nie maar sal vir foto's vra ens

Re: Wie skiet nie-algemene / interessante kalibers?

Posted: Thu Jul 07, 2011 10:38 pm
by tripodmvr
Gerard wrote: Ek het 'n 22x64.  Hy het al etlike honderde springbokke, blesbokke, impalas en 'n koedoe of twee help omskep in biltong en eetvleis. 

[img width=560 height=326]http://www.gsgroup.co.za/cradle.jpg[/img]

Ek het die reamers en gauges vir 'n 395 gekry en wag vir 'n loop om op te daag.  Dan bou ek vir my 'n 395GSC.

Het al voorheen van jou 22x64 gelees. Watter dop het jy gebruik en gee werkverrigting asb.

Jou 395 is natuurlik  wat hulle noem 'n verdere wildcat. Jy is dit aan ons verskuldig om ook sy spesifikasies ens te gee.

Re: Wie skiet nie-algemene / interessante kalibers?

Posted: Thu Jul 07, 2011 10:42 pm
by tripodmvr
Sako75 wrote: Manne,

Ek het 'n Tikka 9,3x74R over & under dubbel.  Dis maar 9,3x62 vir dubbellope!
Nie net die kaliber is skaars nie, maar ook die geweer is gebou vir vinnig skiet in beperkte tye soos in die bosse van Europa - varke ens wat net 'n vinige skietkans gee. Fotos sal die elegansie en mooi ontwerp toon - wys asb.

Re: Wie skiet nie-algemene / interessante kalibers?

Posted: Thu Jul 07, 2011 10:54 pm
by KalahariKlong
Gerard, ek is seker jy het dit al iewers genoem. Vertel sommer gou weer so bietjie van die 22x64 ook asb?

Re: Wie skiet nie-algemene / interessante kalibers?

Posted: Fri Jul 08, 2011 12:04 am
by Gerard
Die 22x64 begin met 'n 270Win dop.  Ek nek hom af in drie stappe en laai met die ou geel etiket S361 vir 4700vps.  Die koeel is ons 40gr HV en ek het nog net drie koeels herwin.  Een uit 'n springbok, een uit 'n blesbok en een na ek 'n baksteen in 'n plaasdam geskiet het op 276m.  Die bokke was albei naby skote en met die baksteen het ek die koeel in die modder, anderkant waar die baksteen was, gekry.  Aldrie koeels weeg nog meer as 34gr.  Ek het nog nie 'n geweer so baie geniet soos die hotrod nie.  Daar is net twee in SA en oor die ander een kan hier iets gesien word.  Dit is die tweede foto:  http://gsgroup.co.za/pietswart.html

Die 395 is ook taamlik raar.  McGowan in die VSA is die enigste voorsieners van lope en hulle het nog net 11 gemaak.  'n Dr. Ron Berry van Kentucky het gevra dat ons vir hom die loop dimensies uitwerk en die koeels maak.  Ons noem dit "the thinking man's caliber".   Daar is drie koeels vir die geweer - HV, FN en SP.  Almal weeg 340gr.  Trompsnelheid is 2700vps. Ons gebruik 375H&H doppe wat opgenek is na .395" toe.

Die geweer is toegerus met oop visiere en twee teleskope op "quick detach" monterings.  Die oop visiere is gereguleer vir 100m met die FN koeel en is bedoel vir gevaarlike wild.  Die HV koeels word gebruik vir vlaktewild tot by 500m en met 'n konvensionele teleskoop.  Dit is ge-zero op 200m.

Die tweede teleskoop is ge-zero op 400m en het baie vergroting.  Mte hom is die oogmerk om tot by 1200m te skiet met die SP koeels.  

So, mens kan Afrika toe kom met net een geweer en twee teleskope en daar is nie 'n aanwending wat buite die vermoe van die geweer is nie, mits dit deuskant 1200m is.

Re: Wie skiet nie-algemene / interessante kalibers?

Posted: Fri Jul 08, 2011 12:15 am
by KalahariKlong
Magtig, dit klink na iets wat ek graag sal wil sien. 340gr @ 2700vps... Wat meer het 'n man nodig. Dit klink vir my na die "ultimate allrounder" as ek dan nou so mag vloek in brits.

Gerard, wat reken jy gaan jy uit die loop uit kry (loop leeftyd) op die 22x64)?

Baie dankie vir die inligting.

Groete
KK

Re: Wie skiet nie-algemene / interessante kalibers?

Posted: Fri Jul 08, 2011 12:14 pm
by Gerard
Die 22x64 was voorheen 'n 220 Swift.  In Swift vorm het ons ongeveer 1800 tot 2000 skote deur hom geskiet en, na die omskakeling na 22x64, nog sowat 1000 skote.  Ek het nie presies rekord gehou nie.  Ek laai 45gr S361 (geel etiket) en kry dus omtrent 170 skote uit 'n blik en ek is op my laaste blik van 6. 

Die Swift was gebou op 'n gewone Truvelo loop en, as ek my deel doen met die laai en skiet, sal ek nog onder 1" hou.  Twee faktore wat seker 'n rol speel is dat ek nooit die hotrod warm skiet nie en ons het net HV koeels met hom geskiet.  Daar is minder as 20 konventionele koeels deur die loop.

Ek het op een stadium 'n proef gedoen en die geweer vir twee jaar nie skoongemaak nie, net geskiet.  Akkuraatheid het gaandeweg verminder maar, na skoonmaak, was hy weer waar ek verwag het.

Re: Wie skiet nie-algemene / interessante kalibers?

Posted: Fri Jul 08, 2011 12:22 pm
by Geno
Ek het vir 'n ou gewerk wat 'n Over/Under .577NE het, daai ding gooi als morsdood!

Re: Wie skiet nie-algemene / interessante kalibers?

Posted: Fri Jul 08, 2011 1:09 pm
by PITSMIT
hier is die 700 se link op you tube

http://www.youtube.com/watch?v=D41NYBHk ... detailpage

Re: Wie skiet nie-algemene / interessante kalibers?

Posted: Fri Jul 08, 2011 4:04 pm
by DWB
Daai ding lyk of hy die skouer kan seermaak...

Re: Wie skiet nie-algemene / interessante kalibers?

Posted: Fri Jul 08, 2011 4:52 pm
by Francois Briedenhann
Julle moet biekie op youtube gaan kyk (Trex accidents)dan sien julle hoe skop daai yster n paar manne dat hulle sit!

Re: Wie skiet nie-algemene / interessante kalibers?

Posted: Sun Jul 10, 2011 7:22 pm
by James Wilson
n vriend van my het n 410 haelgeweer wat deur Holland en Holland self gemaak is. op die loop kan n mens egter sien dat die loop eers n H&H 303 was.  ons vermoed daardie geweer is n paar rand werd.

ek wens iemand sal my kan help met n prys. ons wou nog die geweer na Dok Potgieter toe gevat het.