Wie skiet nie-algemene / interessante kalibers?
- Lourens
- Hero Member

- Posts: 1179
- Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am
Wie skiet nie-algemene / interessante kalibers?
Hi manne,
weet nie of dit dalk al gedoen is nie, maar wie hier rond skiet nie-algemene / interesante kalibers wat ons nie elke dag sien nie? Ek dink om dit maklik te maak, kom ons se maar enige kaliber / rondte waarvoor daar nie algemeen fabrieksammunisie in SA beskikbaar is nie.
Vertel bietjie van die geweer en wat sy ballistiese vermo?ens is en wat jy al als met hom gejag het, gooi sommer 'n foto'kie ook by as jy een het.
Groete,
Rooijakkals

Good, Better, Barnes... Unleaded, Unfailing, Unbeatable...
- PITSMIT
- Hero Member

- Posts: 989
- Joined: Thu Mar 24, 2011 10:48 am
Re: Wie skiet nie-algemene / interessante kalibers?
n vriend van my skiet met n 7x64
LMBIMM
Ontmoet altyd nuwe vriende maar moet nooit die oues vergeet nie
" Shooters do it in any position "
.270Win Brno de Lux Mod ZKK600
.308Win Zastava
CZ85 9mm Para
Taurus .357 Mag 6" barrel
" Shooters do it in any position "
.270Win Brno de Lux Mod ZKK600
.308Win Zastava
CZ85 9mm Para
Taurus .357 Mag 6" barrel
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Wie skiet nie-algemene / interessante kalibers?
Dit is 'n interessante kaliber - dit is ook die beste kaliber.PITSMIT wrote: n vriend van my skiet met n 7x64![]()
![]()
LMBIMM
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Francois Briedenhann
- Sr. Member

- Posts: 452
- Joined: Mon May 17, 2010 7:56 pm
Re: Wie skiet nie-algemene / interessante kalibers?
N vriend skiet met n Trex nitro xpres 700 daai dink maak n lawaai!!!
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Wie skiet nie-algemene / interessante kalibers?
Nie gedink daar is 'n 700 nitro in SA nie. Fotos en meer inligting asb.Francois Briedenhann wrote: N vriend skiet met n Trex nitro xpres 700 daai dink maak n lawaai!!!
Die ouer kalibers wat nog doppe met swartkruit skiet of net na die ontwikkeling van nitroladings gemaak is behoort ook interresante wapens wees om te sien en van te hoor.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Geno
- Administrator

- Posts: 13648
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Wie skiet nie-algemene / interessante kalibers?
Die T-rex is 'n .577(Tyrannosaur), nie .700 nie. Die .700 is 'n .700Nitro Express.
Goed, beter, 6millimeter!
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Wie skiet nie-algemene / interessante kalibers?
Al die inligting het my gegooi - net gelet op 700 nitro. Het al gehoor van TRex maar nog nie fotos van ammunisie of gewere gesien nie.Francois Briedenhann wrote: N vriend skiet met n Trex nitro xpres 700 daai dink maak n lawaai!!!
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Sako75
- Hero Member

- Posts: 1230
- Joined: Wed Oct 14, 2009 7:50 pm
Re: Wie skiet nie-algemene / interessante kalibers?
Manne,
Ek het 'n Tikka 9,3x74R over & under dubbel. Dis maar 9,3x62 vir dubbellope!

.22H Sako P74, .222 Sako L46, .222 Sako 75 Varmint, .223 Sako Super Deluxe, .243 Sako 75 Varmint, .243 Sako 85 SS Var Lam, 260 Sako TRG (bestel), 7x64 Sako 75 Hunter, 300 WM Sako Safari, 9.3x74mm Tikka, 9.3x62 Sako 75 Deluxe
-
JoevR
- Full Member

- Posts: 218
- Joined: Tue Jun 14, 2011 4:55 pm
Re: Wie skiet nie-algemene / interessante kalibers?
Ek skiet 'n 10,75 x 68 en 6,5 x 58, altwee is A-tipe Oberndorf Mausers:
10,75 x 68: 350 gr Woodleigh (op boks bedoel vir 404 Jeffery) voor 70 gr S335 vir 2400 vt/sek,
6,5 x 58: 140 gr Nosler Partition voor 45 gr S365 vir 2750 vt/sek.
Altwee is gemaak in die vroee 1930's, maar skiet steeds puik. Blouwildebees geklop met 10,75 (ystervisiere) en vark en rooibok met 6,5 (teleskoop) in Mei duskant Vaalwater. Bladskote, koeels is regdeur.
Groete,Joe

6,5 x 58, 7 x 57 (x5), 8 x 57JS, 8 x 60J, 8 x 60JS, 8 x 68S, 9 x 57, 10,75 x 68, 25-06, 30-06, 7mm Rem Mag, 375 H&H Mag, 12 Gauge (x2), 22 LR (x5) 6,35 (x7) .38 Spec., .380, 9 mm P, .44 Mag
-
Francois Briedenhann
- Sr. Member

- Posts: 452
- Joined: Mon May 17, 2010 7:56 pm
Re: Wie skiet nie-algemene / interessante kalibers?
Jamer dis nie n trex nie net n 700 nitro expres. Die geweer is in nab sal dat hy n foto stuur
- Spanner
- Hero Member

- Posts: 1083
- Joined: Thu Nov 19, 2009 12:26 pm
Re: Wie skiet nie-algemene / interessante kalibers?
Magtig ! Wat kos daai ding se patrone ? Ek verkies om daai klas van geld eerder op 'n huispaaiment te betaal as om dit uit te gaan skiet in 'n paar skote. Daai ding skop seker die plaak van jou tande af ?Francois Briedenhann wrote: N vriend skiet met n Trex nitro xpres ....daai dink maak n lawaai!!!
Derik Strydom
What matters not, is the size of the dog in the fight, but the size of the fight, in the dog !
What matters not, is the size of the dog in the fight, but the size of the fight, in the dog !
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Wie skiet nie-algemene / interessante kalibers?
Dan s? ek weer. Nie geweet daar is van hulle in SA nie. Holland & Holland het gemaak en ek weet van Searcy in Amerika wat gemaak het. Gee asb meer inligting!!!!!!!!!!!
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Gerard
Re: Wie skiet nie-algemene / interessante kalibers?
Ek het 'n 22x64. Hy het al etlike honderde springbokke, blesbokke, impalas en 'n koedoe of twee help omskep in biltong en eetvleis.
[img width=560 height=326]http://www.gsgroup.co.za/cradle.jpg[/img]
Ek het die reamers en gauges vir 'n 395 gekry en wag vir 'n loop om op te daag. Dan bou ek vir my 'n 395GSC.
[img width=560 height=326]http://www.gsgroup.co.za/cradle.jpg[/img]
Ek het die reamers en gauges vir 'n 395 gekry en wag vir 'n loop om op te daag. Dan bou ek vir my 'n 395GSC.
-
Francois Briedenhann
- Sr. Member

- Posts: 452
- Joined: Mon May 17, 2010 7:56 pm
Re: Wie skiet nie-algemene / interessante kalibers?
Hyt die geweer by n jagter van oorsee gekry dis al wat ek weet en dat hy nie petrone kan kry nie maar sal vir foto's vra ens
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Wie skiet nie-algemene / interessante kalibers?
Het al voorheen van jou 22x64 gelees. Watter dop het jy gebruik en gee werkverrigting asb.Gerard wrote: Ek het 'n 22x64. Hy het al etlike honderde springbokke, blesbokke, impalas en 'n koedoe of twee help omskep in biltong en eetvleis.
[img width=560 height=326]http://www.gsgroup.co.za/cradle.jpg[/img]
Ek het die reamers en gauges vir 'n 395 gekry en wag vir 'n loop om op te daag. Dan bou ek vir my 'n 395GSC.
Jou 395 is natuurlik wat hulle noem 'n verdere wildcat. Jy is dit aan ons verskuldig om ook sy spesifikasies ens te gee.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Wie skiet nie-algemene / interessante kalibers?
Nie net die kaliber is skaars nie, maar ook die geweer is gebou vir vinnig skiet in beperkte tye soos in die bosse van Europa - varke ens wat net 'n vinige skietkans gee. Fotos sal die elegansie en mooi ontwerp toon - wys asb.Sako75 wrote: Manne,
Ek het 'n Tikka 9,3x74R over & under dubbel. Dis maar 9,3x62 vir dubbellope!
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
KalahariKlong
- Hero Member

- Posts: 891
- Joined: Mon Mar 07, 2011 10:19 am
Re: Wie skiet nie-algemene / interessante kalibers?
Gerard, ek is seker jy het dit al iewers genoem. Vertel sommer gou weer so bietjie van die 22x64 ook asb?
Only those who dare to fail greatly can ever achieve greatly
-
Gerard
Re: Wie skiet nie-algemene / interessante kalibers?
Die 22x64 begin met 'n 270Win dop. Ek nek hom af in drie stappe en laai met die ou geel etiket S361 vir 4700vps. Die koeel is ons 40gr HV en ek het nog net drie koeels herwin. Een uit 'n springbok, een uit 'n blesbok en een na ek 'n baksteen in 'n plaasdam geskiet het op 276m. Die bokke was albei naby skote en met die baksteen het ek die koeel in die modder, anderkant waar die baksteen was, gekry. Aldrie koeels weeg nog meer as 34gr. Ek het nog nie 'n geweer so baie geniet soos die hotrod nie. Daar is net twee in SA en oor die ander een kan hier iets gesien word. Dit is die tweede foto: http://gsgroup.co.za/pietswart.html
Die 395 is ook taamlik raar. McGowan in die VSA is die enigste voorsieners van lope en hulle het nog net 11 gemaak. 'n Dr. Ron Berry van Kentucky het gevra dat ons vir hom die loop dimensies uitwerk en die koeels maak. Ons noem dit "the thinking man's caliber". Daar is drie koeels vir die geweer - HV, FN en SP. Almal weeg 340gr. Trompsnelheid is 2700vps. Ons gebruik 375H&H doppe wat opgenek is na .395" toe.
Die geweer is toegerus met oop visiere en twee teleskope op "quick detach" monterings. Die oop visiere is gereguleer vir 100m met die FN koeel en is bedoel vir gevaarlike wild. Die HV koeels word gebruik vir vlaktewild tot by 500m en met 'n konvensionele teleskoop. Dit is ge-zero op 200m.
Die tweede teleskoop is ge-zero op 400m en het baie vergroting. Mte hom is die oogmerk om tot by 1200m te skiet met die SP koeels.
So, mens kan Afrika toe kom met net een geweer en twee teleskope en daar is nie 'n aanwending wat buite die vermoe van die geweer is nie, mits dit deuskant 1200m is.

Last edited by Gerard on Fri Jul 08, 2011 12:08 am, edited 1 time in total.
-
KalahariKlong
- Hero Member

- Posts: 891
- Joined: Mon Mar 07, 2011 10:19 am
Re: Wie skiet nie-algemene / interessante kalibers?
Magtig, dit klink na iets wat ek graag sal wil sien. 340gr @ 2700vps... Wat meer het 'n man nodig. Dit klink vir my na die "ultimate allrounder" as ek dan nou so mag vloek in brits.
Gerard, wat reken jy gaan jy uit die loop uit kry (loop leeftyd) op die 22x64)?
Baie dankie vir die inligting.
Groete
KK
Gerard, wat reken jy gaan jy uit die loop uit kry (loop leeftyd) op die 22x64)?
Baie dankie vir die inligting.
Groete
KK
Only those who dare to fail greatly can ever achieve greatly
-
Gerard
Re: Wie skiet nie-algemene / interessante kalibers?
Die 22x64 was voorheen 'n 220 Swift. In Swift vorm het ons ongeveer 1800 tot 2000 skote deur hom geskiet en, na die omskakeling na 22x64, nog sowat 1000 skote. Ek het nie presies rekord gehou nie. Ek laai 45gr S361 (geel etiket) en kry dus omtrent 170 skote uit 'n blik en ek is op my laaste blik van 6.
Die Swift was gebou op 'n gewone Truvelo loop en, as ek my deel doen met die laai en skiet, sal ek nog onder 1" hou. Twee faktore wat seker 'n rol speel is dat ek nooit die hotrod warm skiet nie en ons het net HV koeels met hom geskiet. Daar is minder as 20 konventionele koeels deur die loop.
Ek het op een stadium 'n proef gedoen en die geweer vir twee jaar nie skoongemaak nie, net geskiet. Akkuraatheid het gaandeweg verminder maar, na skoonmaak, was hy weer waar ek verwag het.
Die Swift was gebou op 'n gewone Truvelo loop en, as ek my deel doen met die laai en skiet, sal ek nog onder 1" hou. Twee faktore wat seker 'n rol speel is dat ek nooit die hotrod warm skiet nie en ons het net HV koeels met hom geskiet. Daar is minder as 20 konventionele koeels deur die loop.
Ek het op een stadium 'n proef gedoen en die geweer vir twee jaar nie skoongemaak nie, net geskiet. Akkuraatheid het gaandeweg verminder maar, na skoonmaak, was hy weer waar ek verwag het.
- Geno
- Administrator

- Posts: 13648
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Wie skiet nie-algemene / interessante kalibers?
Ek het vir 'n ou gewerk wat 'n Over/Under .577NE het, daai ding gooi als morsdood!
Goed, beter, 6millimeter!
- PITSMIT
- Hero Member

- Posts: 989
- Joined: Thu Mar 24, 2011 10:48 am
Re: Wie skiet nie-algemene / interessante kalibers?
Ontmoet altyd nuwe vriende maar moet nooit die oues vergeet nie
" Shooters do it in any position "
.270Win Brno de Lux Mod ZKK600
.308Win Zastava
CZ85 9mm Para
Taurus .357 Mag 6" barrel
" Shooters do it in any position "
.270Win Brno de Lux Mod ZKK600
.308Win Zastava
CZ85 9mm Para
Taurus .357 Mag 6" barrel
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6973
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: Wie skiet nie-algemene / interessante kalibers?
Daai ding lyk of hy die skouer kan seermaak...
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
-
Francois Briedenhann
- Sr. Member

- Posts: 452
- Joined: Mon May 17, 2010 7:56 pm
Re: Wie skiet nie-algemene / interessante kalibers?
Julle moet biekie op youtube gaan kyk (Trex accidents)dan sien julle hoe skop daai yster n paar manne dat hulle sit!
Last edited by Francois Briedenhann on Sun Jul 10, 2011 9:26 am, edited 1 time in total.
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4597
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: Wie skiet nie-algemene / interessante kalibers?
n vriend van my het n 410 haelgeweer wat deur Holland en Holland self gemaak is. op die loop kan n mens egter sien dat die loop eers n H&H 303 was. ons vermoed daardie geweer is n paar rand werd.
ek wens iemand sal my kan help met n prys. ons wou nog die geweer na Dok Potgieter toe gevat het.

Last edited by James Wilson on Sun Jul 10, 2011 7:29 pm, edited 1 time in total.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!