Rail vs gewone basisse en scope levels

Post Reply
Ockert1992
Hero Member
Hero Member
Posts: 827
Joined: Wed Mar 13, 2013 7:35 pm

Rail vs gewone basisse en scope levels

Post by Ockert1992 »

Goeiedag julle,

Ek het die volgende vraag en ek glo julle sal my kan help met die volgende vrae:

1. Wat is die voordele van 'n rail bo die van gewone basisse? Ek gebruik huidiglik warne basisse. Ek weet 'n 20moa rail gee ekstra hoogte vir langer afstande? Buiten dit hoekom sal ek my basisse vervang met 'n rail?

2. Waar kan ek 'n bekostigbare scope level kry? Ek kan dit eenvoudig net die regverdig om 'n R1800 rand se level te koop nie.

Groete
Ockert
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3079
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: Rail vs gewone basisse en scope levels

Post by Apie »

Hi Ockert

Ek dink as mens na rails kyk is dit baie makliker om 'n rail 'n 20(of 10 of wat ook al)MOA helling te gee as om to losstaande basisse dieselfde mee te doen(Lynx maak ringe met inserts wat dieselfde ding kan doen)

Op die Scope Level, ek skiet nou nie vreeslik lang afstande nie en kon ook nog nie een van daai super duper levels bekostig nie, so, toe koop ek by Henk (Silent Hunter knaldempers) het 'n level vir rondom R350 wat vir my gaaf werk
jjmare
Newbie
Newbie
Posts: 37
Joined: Fri May 23, 2014 3:31 pm

Re: Rail vs gewone basisse en scope levels

Post by jjmare »

n "Scopebody mounted" bubble level is amper onontbeerlik vir langafstand skiet - Vortex het 2 verskillende soorte wat ek dink redelik geprys is, veral die ou styl ene. Die beste is egter Accuracy 1st levels. Maak net seker dat as jy iets level dit die reticle is (tov gravitasie) en nie die scopebody nie.
Post Reply