7x64 Tikka met 150gr of 160gr gamekings

Plaas jou ladings hier. Die forum kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige data wat gepubliseer word nie. So gebruik die inligting met oorleg en versigtigheid. Wat vir een vuurwapen werk is moontlik nie veilig vir 'n ander vuurwapen nie.
Post Reply
ChristiaanW
Newbie
Newbie
Posts: 10
Joined: Thu Jul 31, 2014 1:32 pm

7x64 Tikka met 150gr of 160gr gamekings

Post by ChristiaanW »

More manne,

Ek het gou bietjie raad nodig. Ek het die volgende gelaai en geskiet:

Tikka Hunter 7x64
Looplengte: 567mm
TPL: 84.5
Norma dop
Gameking SPBT 160gr
Norma dop volume 67.2

Gameking 160gr met 51gr S365
2693
2656
2645
2640
2682

Vir my lengte loop is daar nodes op 1.143 en 1.219

Ek het nou op quickload gekyk en nadat ek gekalibreer het sien ek dat om met 160gr op hierdie nodes te kom is my lading of baie laag vir 1.219 of oorskry effens die maksimum om by 1.143 te kom. Vir 1.143 moet ek 54.5 gr S365 laai.

Wat sal julle raad wees? Hou ek maar by 160gr en laai hom na aan maksimum of gaan ek na 150gr toe sodat ek die vinnige node met bietjie minder drukking kan kry?

Ek weet nie of dit sal help nie maar sien ook aangeheg 'n teiken wat ek groeperings mee geskiet het met PMP doppe, S365 en 160gr Gameking SPBT. Let wel skote "fouling" was die twee fouling skote vanaf 'n skoon loop, en "boresnake refoul" was nadat ek 'n boresnake deur die loop getrek het.

Enige hulp van julle slim manne sal waardeer word!
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Jaco vdW
Hero Member
Hero Member
Posts: 725
Joined: Wed Mar 27, 2013 3:12 pm

Re: 7x64 Tikka met 150gr of 160gr gamekings

Post by Jaco vdW »

Hi Christiaan,

Ek laai tans 54gr S365 in my Tikka 7x64 Batch 67 en kry so net onder 2700fps. Die lot S365 wat jy daar het is dus baie warmer - soos jy sekerlik weet wissel die S365 Lotte maar baie...
Ek laai my rondtes heelwat langer - TPL 87.5mm dis die maksimum wat my magasyn toelaat, en steeds ver van die groewe af. Speel gerus met die TPL ook.
Groete
Post Reply