Page 1 of 1

Hulp met jag hondjie

Posted: Sun Jul 03, 2011 4:26 pm
by .::Alwyn-U::.
Yes manne

Ek vrae bietjie om hulp by die manne wat ervaring het met hondjies oplei vir jag.

Ek jag baie bosvarke en bosbokke by my en het gedink dis tyd dat ek vir my 'n hondjie oplei vir spoor vat en ook so nou en dan 'n gaans kan uithaal uit die dam want ek is moeg geroei agter die goed an!

Ek vrae dan bietjie raad oor watter soort hondjies die beste sal wees?

Ek weet hoe om 'n hond gewoond te maak aan geweer skote, dis nie my worry nie, wat ek wil weet is, hoe maak ek hom "lus" vir daai bloed en spoor vat?

Ek het maar nog altyd 'n voksie gebruik omdat hulle so lewendig is en lekker klein is vir die bos en bakkie ry.

Groete
Alwyn

Re: Hulp met jag hondjie

Posted: Mon Jul 04, 2011 1:14 pm
by PITSMIT
alwyn

kry eerstens die regte hond want bosvark se kind dop sommer nou n hond om wat nie reg geleer is nie

twedens kan jy n plastiek sakkie met bosvarkbloed in vat en n klein gaatjie met speld maak en dan loop jy n pad en drup bloed so elke tree of wat en as jy kan sit so elke 15 tree n stukkie lewer by die druppel as sy beloning.  hou hom op hok totdat jy klaar die "spoor" vir hom gemaak het en doen dit gereeld dan sal hy gou leer en aan daai spesifieke reuk vd vark se bloed gewoond raak.  dis ook goed so sodat hy nie sommer net enige bloedspoor vat nie want n ander dier kan seergekry het dan vat hy sommer daai spoor.  jy moet hom vorseer op die vark se bloed sodat hy net daai reuk volg in die bos

oefen hom maar baie en begin so op tussen 9 en twaalf maande dan leer hulle gou

sterkte

Re: Hulp met jag hondjie

Posted: Mon Jul 04, 2011 1:22 pm
by tripodmvr
Lyk my jy soek die ras eerder as hoe om op te lei. GSP is enigste hond wat ek vinnig kan dink wat bloedspoor kan vat en ook uit water "retrieve". Die Duitse korthaar is maar die harige GSP. Die kan dalk ook deug. Die' is egter hardkoppige honde en moet van vroeg af gedissiplineer word. As jy 'n goeie jaglyn koop is die jaginstink baie sterk.

Re: Hulp met jag hondjie

Posted: Mon Jul 04, 2011 1:29 pm
by .::Alwyn-U::.
Dankie vir die raad! Ek is so bly iemand het reply, het omtrent 'n ruk gewag..

Ek het 'n friend met 'n pak honde vir varke, dalk moet ek my klein hondjie saam hulle laat loop vir 'n ruk, dalk werk dit die maklikste.. Ek hoop dan net dat hy op sy eie ook kan werk. 

Wil net seker maak, GSP staan mos vir German shorthaired pointer?

Pitsmit - ek glo daai metode sal verseker werk maar dit vat tyd! Mens moet maar geduldig wees met hierdie dinge en baie tyd met hom spandeer.. Jy is heeltemal reg, 'n vark maak gou mince van 'n hond as hy alleen is!

Tripod - Ja ek soek meer raad oor die ras want ek is maar nuut met honde oplei vir jag en het maar nog altyd gebruik watse hondjies ek kon kry. Ek sal maar bereid moet wees om bietjie te betaal as ek 'n GSP wil kry vir jag.

Groete

Re: Hulp met jag hondjie

Posted: Mon Jul 04, 2011 1:48 pm
by tripodmvr
Jy is reg oor die naam. Die is egter nie 'n spesialis hond as dit by varkjag kom nie. Die' tipe honde wat gebruik word is "blue tick" of bloedhond familie. Hulle is spoorhonde. GSP's word gewoonlik meer by voeljag gebruik. Hulle is egter dubbeldoel honde en kan geleer word om haarwild ook op te spoor.

Re: Hulp met jag hondjie

Posted: Mon Jul 04, 2011 3:42 pm
by .::Alwyn-U::.
Tripod

Ek is wel bewus van 'n vark se vermo? om 'n hond te kan dood so as ek 'n GSP kry sal ek hom nie sommer die bos instuur nie.  Blue ticks is vir my seker die antwoord siende ek hulle die goedkoopste kan kry en hom die maklikste kan oplei.

Wat dink jy van die idee om die hondjie saam die pak te laat loop elke nou en dan?

Groete