Haelpatrone herlaai

Post Reply
Schalk75
Full Member
Full Member
Posts: 214
Joined: Fri Dec 14, 2012 8:14 am

Haelpatrone herlaai

Post by Schalk75 »

Goeiemore almal.

Ek wil net bietjie uitvind oor die herlaai van haelpatrone, en spesifiek die koste besparing daaraan verbonde.

Ek het `n ruk lank met `n Lee Load All gelaai (baie lank terug), en sien die progressiewe MEC laaiers is nou hier te koop.

Is die kostebesparing met herlaai dieselfde as vir geweerpatrone? Wat sal `n haelpatroon kos om te laai, as jy die doppe verniet kry?

Ek sien die MEC masjien is so R10,000. Hoe baie moet jy skiet om daardie prys te regverdig?

Baie dankie!
User avatar
Hilux01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1214
Joined: Wed Oct 05, 2011 2:52 pm

Re: Haelpatrone herlaai

Post by Hilux01 »

Ek sal ook graag wil hoor
Weet "pluisies" kos so R0.50 en primers ook in daai omgewing
Groot ding is maar eindlik die lood - verstaan van die manne koop by skietbane mengsels van 7-9 hael en dit werk goed

Vir van die kleiner bore (20 - 36) is daar verseker voordeel as ek kyk na wat mens betaal vir fabrieks ammo maar daar raak komponente weer duur

Inelkgeval hier is slimmer ouens as ek daarmee
Sal wil hoor van hulle

Groete Henk
Henk van der Walt

.22 LR Oberndorf Mauser
.223 Rem Marlin
6.5 x 55 Swedish Mauser CZ550
.303 BSA
9.3 x 62 Sabatti Rover 870
404 Jeff
12Ga Baikal
12GA Franchi Feeling O/U
9mm Para CZ 75
Albert84
Full Member
Full Member
Posts: 197
Joined: Fri Aug 22, 2014 9:38 pm

Re: Haelpatrone herlaai

Post by Albert84 »

More manne,

Ek het self n Hornady 366 gekoop om te herlaai.
Wad: 40c-50c
Primer: 50c
Hael is maar die groot probleem, vervoer maak mens dood. 7-9 kan jy kry by baie skietbane waar die werkers dit opvee, skoon maak en in 2lt bottels verkoop. Nie seker van die prys nie, dink dis so R200 n bottel.
Ek sukkel nog om nr3-nr5 hael in die hande te kry.
Arguments onthalwe kom ons se lood kos jou 80c-R1, vervoer ingesluit. Ek bly in die platteland.
Dus werk ons op R2 n herlaaide rondte.
Tans koop ek nr7 teen R87/pak = R3,48 n rondte. Dus bespaar jy R1,48.
R10000 / R1,48 = 6750 rondte wat jy moet uitskiet om gelyk te breek, en dan natuurlik al jou tyd.
Is dit die moeite werd? Hang af hoeveel jy gaan skiet.
User avatar
Rudi Fischer
Hero Member
Hero Member
Posts: 1868
Joined: Mon Dec 09, 2013 4:54 pm

Re: Haelpatrone herlaai

Post by Rudi Fischer »

Ek werk ook op so R2 - R2,50 n rondte
Loop baie saggies en dra n groot geweer !!!
Rasmus
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Mon Sep 06, 2010 2:38 pm

Re: Haelpatrone herlaai

Post by Rasmus »

Daar is nou weer plaaslike haelgeweer ammo wat gemaak word. Hulle het op huntex genoem dat hulle eersdaags hulle eie "shotmaker" gaan hê. Dit behoort hulle pryse af te bring, hulle het gepraat van R 750/250 as als volgens plan verloop.
Schalk75
Full Member
Full Member
Posts: 214
Joined: Fri Dec 14, 2012 8:14 am

Re: Haelpatrone herlaai

Post by Schalk75 »

Dankie. Dit help baie.

Rasmus, kan jy onthou wie dit was wat plaaslik gaan vervaardig? Was dit National Cartridge Company?
User avatar
Rudi Fischer
Hero Member
Hero Member
Posts: 1868
Joined: Mon Dec 09, 2013 4:54 pm

Re: Haelpatrone herlaai

Post by Rudi Fischer »

Nee, dit is Kuvhima. Hulle is in Kya Sands in Johannesburg. Maar verskaf nie direk aan publiek nie as ek reg gehoor het.
Loop baie saggies en dra n groot geweer !!!
User avatar
Rudi Fischer
Hero Member
Hero Member
Posts: 1868
Joined: Mon Dec 09, 2013 4:54 pm

Re: Haelpatrone herlaai

Post by Rudi Fischer »

Hierdie is die pryse waar teen dit verkoop by een van die dealers ....

PRICES:
24 g (1,3, 4, 6, 7.5) @ R 1134.00 per box of 250
26 g (1, 3, 4, 6, 7.5) @ R 1168.00 per box of 250
32 g (1, 3, 4, 6, 7.5) @ R 1220.00 per box of 250
34 g (1, 3, 4, 6, 7.5) @ R 1151.00 per box of 205

Let wel .... Die pryse is ouerig, gebruik maar as n riglyn
Loop baie saggies en dra n groot geweer !!!
blaser
Hero Member
Hero Member
Posts: 1609
Joined: Mon Nov 08, 2010 1:42 pm

Re: Haelpatrone herlaai

Post by blaser »

jy kan wads koop teen 22sent by die vervaardiger in Krugersdorp
kry vir jou n shot maker en maak jou eie haal
primers kan teen 35 sent gekoop word
daar is baie beter as die mfc presse
maar ja jy moet baie skiet om dit te regverdig
ek skiet 300 rontes per week en baie meer as die duiwe vlieg
Rasmus
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Mon Sep 06, 2010 2:38 pm

Re: Haelpatrone herlaai

Post by Rasmus »

Rudi

Sover ek weet is daai die ou pryslys. Hulle het toe nog van ingevoerde hael gebruik gemaak. Nou dat hulle, hulle eie shotmaker het vertrou hulle dat dit goedkoper behoort te word.
Schalk75
Full Member
Full Member
Posts: 214
Joined: Fri Dec 14, 2012 8:14 am

Re: Haelpatrone herlaai

Post by Schalk75 »

Ek dink ek sal vir eers by die winkel patrone bly. Die economies of scale is nie in my guns totdat ek meer begin skiet nie!

Terloops, waar kan ek `n shotmaker in die hande kry?? Glo nie my ingenieurs-vaardigheid gaan toelaat dat ek self een bou nie.

Dankie weereens.
User avatar
Hilux01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1214
Joined: Wed Oct 05, 2011 2:52 pm

Re: Haelpatrone herlaai

Post by Hilux01 »

Dankie vir die terugvoer manne dis goud werd
Wat dink julle van die Lee Load All press?
Ek het al bietjie op Youtube gekyk en dit lyk na n eenvoudige ekonomiese manier om te herlaai vir eie gebruik
Ek is nie n olimpiese skut nie en sal dit bloot doen vir die genot daarvan en as ek later meer skiet dan verstaan n man die game

Hoor graag van julle wyse manne
Henk van der Walt

.22 LR Oberndorf Mauser
.223 Rem Marlin
6.5 x 55 Swedish Mauser CZ550
.303 BSA
9.3 x 62 Sabatti Rover 870
404 Jeff
12Ga Baikal
12GA Franchi Feeling O/U
9mm Para CZ 75
paul_v
Newbie
Newbie
Posts: 14
Joined: Fri May 10, 2013 8:01 am

Re: Haelpatrone herlaai

Post by paul_v »

Hier is die pryslys wat ek verlede week by Kuvhima gekry het:

CLUB - 18 JAN 2015

g SHOT SIZE Excl Incl
24 6; 7½ R 796,49 R 908,00
28 4; 6; 7½ R 842,11 R 960,00
29 6 - "Rocky" R 947,37 R 1 080,00
32 1; 3; 4; 6; 7½ R 1 035,09 R 1 180,00
34 1; 3; 4; 6; 7½ R 1 127,19 R 1 285,00

All Cases --> 250 Shells = 10 boxes x 25 / Case.

Jy moet bewys kan lewer dat jy 'n lid by 'n Vereniging is of Skiet Klub.
Howa .308
Zabala 12br s/s
CZ Redhead Deluxe 12br o/u
User avatar
Rudi Fischer
Hero Member
Hero Member
Posts: 1868
Joined: Mon Dec 09, 2013 4:54 pm

Re: Haelpatrone herlaai

Post by Rudi Fischer »

Ek load 12 en 20 br op Load All's. Dis maklik en so te se Idiot proof maar as jy volume doen vat dit lank. Ek wat tussen 250-500 rnds n week skiet, maak die Load all my dood en is hard op soek Na n progressive nou.
Loop baie saggies en dra n groot geweer !!!
User avatar
Rudi Fischer
Hero Member
Hero Member
Posts: 1868
Joined: Mon Dec 09, 2013 4:54 pm

Re: Haelpatrone herlaai

Post by Rudi Fischer »

Kan mens direk by Kuvhima Koop ?
Loop baie saggies en dra n groot geweer !!!
blaser
Hero Member
Hero Member
Posts: 1609
Joined: Mon Nov 08, 2010 1:42 pm

Re: Haelpatrone herlaai

Post by blaser »

om die koste van herlaai af te hou laai ek met s121 wat baie goedkoper is as ms200
User avatar
Hilux01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1214
Joined: Wed Oct 05, 2011 2:52 pm

Re: Haelpatrone herlaai

Post by Hilux01 »

Dankie manne julle raad is waarde vol
Rudi, ek nog verseker nie by 250 rondte plus per week nie
Ek sal dit sterk oorweeg om dan vir my so een aan te skaf

Groete Henk
Henk van der Walt

.22 LR Oberndorf Mauser
.223 Rem Marlin
6.5 x 55 Swedish Mauser CZ550
.303 BSA
9.3 x 62 Sabatti Rover 870
404 Jeff
12Ga Baikal
12GA Franchi Feeling O/U
9mm Para CZ 75
User avatar
alecjohnson
Hero Member
Hero Member
Posts: 2656
Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm

Re: Haelpatrone herlaai

Post by alecjohnson »

Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1875
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: Haelpatrone herlaai

Post by Alwin »

Rudi Fischer wrote:Kan mens direk by Kuvhima Koop ?
Die wapenwet verbied ammunisievervaardigers om aan enigeiemand anders as 'n handelaar te verkoop. As hulle self 'n handelaarslisensie het, dan mag hulle natuurlik.

By gewone ammunisie met geelkoper doppe, is die dop die duurste komponent. Daarom is daar 'n groot besparing vir harlaaiers.

Haelgeweer doppe (12Br) is meestal verniet beskikbaar. Die prys van die hael bepaal dus grootliks die lewensvatbaarheid van 'n herlaaiery. 'n Haelmaker kan dit lonend maak.

As jy 'n gietvorm vir "slugs" het, is dit natuurlik die moeite werd om hulle te laai. Gekoopte "slugs" is gewoonlik duur.

Die Lee Load-All werk goed, maar is stadig. Vir hoë volume laai is MEC waarskynlik die beste.
blaser
Hero Member
Hero Member
Posts: 1609
Joined: Mon Nov 08, 2010 1:42 pm

Re: Haelpatrone herlaai

Post by blaser »

alwin
n haelmaker is slegs die antwoord as jy toegang tot goedkoop lood het
daar is baie beter opsies as n mec
Schalk75
Full Member
Full Member
Posts: 214
Joined: Fri Dec 14, 2012 8:14 am

Re: Haelpatrone herlaai

Post by Schalk75 »

Hi Blaser.

Kan jy ons dalk `n idee gee van die opsies vir herlaaiers anders as MEC en Lee?

Ek weet van die Dillon SL900, en dalk die Hornady 366. Hoe sou jy hulle sien in terme van kwaliteit en waarde vir geld?

Dankie
blaser
Hero Member
Hero Member
Posts: 1609
Joined: Mon Nov 08, 2010 1:42 pm

Re: Haelpatrone herlaai

Post by blaser »

ek sal so lys onthou ons praat kwaliteit nie prys nie
1. spolar gold hier die masjien is nie n gegote masjien nie maar uit n baie hoegraad alli gemaak kan ook hidrolies werk
2.ponsness warren
3.rsbs grand hierdie ouens se diens is baie goed en vervang hulle omtrend alle gebrekte parte verniet
4. Dillon 900
5. hornady 366
Schalk75
Full Member
Full Member
Posts: 214
Joined: Fri Dec 14, 2012 8:14 am

Re: Haelpatrone herlaai

Post by Schalk75 »

Van nr 3 tot 5 kan dalk in my prysklas val.

Enige idee wie in SA hou hulle aan, veral die Hornady en RCBS?

Baie dankie.
Post Reply