Page 1 of 1

geweer lesensie

Posted: Sun Apr 24, 2016 6:46 pm
by jakkat
hallo mense ek hoop ek is op die regte plek ,ek hoop ek post dit ook op die regte plek maar in elk geval
wat is die jongste ouderdom wat n mens n lesensie kan kry? ek weet gewoonlik is dit 21 maar ek het al gehoor van mense wat dit vroeer gekry het van 16 ,17 ens. ek het ook op die internet raak gelees dit is moontlik maar jy moet aan n jag club of iets behoort maar is dit werklik so?
jakkat ???

Re: geweer lesensie

Posted: Sun Apr 24, 2016 7:26 pm
by Gawie(13mm)
Naand sê.
Jy kan deur middel van jou geaffilieerde jagters vereniging jou toegewyde status as sportskut of jagter bekom. Tesame met hul endorsement en 'n voogpersoon se toestemming mag jy aansoek doen om 'n wapen lisensie vanaf die ouderdom van 16 jaar. Daar is sekere ander vereistes waaraan so 'n persoon moet voldoen, maar dit is die lank en kort daarvan.

Dit is gewoonlik van krag waar jong skuts aan kompitisies moet of wil deelneem en nie altyd vergesel kan word van 'n voog of volwasse persoon.

Re: geweer lesensie

Posted: Sun Apr 24, 2016 7:45 pm
by jakkat
baie dankie vir die info

Re: geweer lesensie

Posted: Sun Apr 24, 2016 7:49 pm
by Gawie(13mm)
Kontak jou jagters vereniging.
Hul sal jou al die relefante inligting deurgee.

Re: geweer lesensie

Posted: Sun Apr 24, 2016 9:36 pm
by Eduard Venter
Ek is nou 18 en my bevoegdheid is so paar weke terug goedgekeur. Jy moet toegewyde jag of sport skiet status hê en jou pa/ma sal op die forms die nodige toestemming moet gee met n brief. Op die aansoek vorms is daar n sekere afdeling wat jy moet invul omdat jy onder 18 is. Verder werk dit maar soos n gewone een. As jy als reg doen van jou kant af behoort jy reg te kom. Sterke

Sent from my LG-H735 using Tapatalk

geweer lesensie

Posted: Mon Apr 25, 2016 1:36 am
by SakoTrippel2
Hoop hierdie help....

Ek het dié stappe gevolg:

1. Bevoegtheids Kursus (doen sommer als handwapen,haelgeweer, jaggeweer en semi-auto/karbyn(Teorie en Prakties) deur n instansie wat daarin spesialiseer.

2. Toegewyde Jagter deur veneniging. (CHASA)

3. SportSkut status deur NSA (was vir my die maklikste en vinnigste)

4. Kies n instansie/persoon wat spesialiseer in vuurwapen aansoeke...dis soms duur maar gewoonlik waarborg hulle goedkeuring of geld terug. Ek het legally armed gebruik jy maak n afspraak en dis net jy en n oom en die papier werk. Hulle skryf ook n stewige motieveering.

5. Endorsement waar jou vereniging bevestig die betrokke wapen sal gepas wees vir die aktiwiteite in motieveering en daarvoor gebruik word.

6. Maak seker van ALLES en dat jy dit het!
Klein goedjies soos die regte ID fotos, ouers se handtekeninge soos Eduard sê. Kry solank al jou jag fotos/score cards by mekaar. Briewe van jagmaats/plaaseienaars
Laasgenoemde is vir hulp met motiveering.

7. As alles in plek is sal dit nou om en by SES maande vat. 3 vir comp en 3 vir lic.
Myne was goedgekeur 3 dae kort van 4 maande (comp en lic.) Het nog voor die "reels" verander het nog albei saam in gegee.

8. Bring jou kant! Vandat my geweer gekoop is (Huntex2015) totdat hy op my naam is het net kort van n jaar gevat (net voor Huntex2016) agv vriende wat alles(bevoegtheid toetse ens) wou saam doen en ons het altyd gesukkel met n datum wat almal pas!
Los hulle maar jy gan al skiet dan skryf hulle nog toetse.

Dis n helse proses maar tog die moeite en geld werd! Ek sou nie nog 3jaar kon wag nie






Groete
Frans

Re: geweer lesensie

Posted: Mon Apr 25, 2016 7:21 am
by Gawie(13mm)
Dankie Frans.

So 'n bek moet jam kry! ;D

Re: geweer lesensie

Posted: Mon Apr 25, 2016 3:05 pm
by Eduard Venter
Frans het dit baie mooi uiteengesit. Gebruik dit sommer as n "checklist"

Sent from my LG-H735 using Tapatalk

Re: geweer lesensie

Posted: Thu Oct 18, 2018 7:53 pm
by BenJacobs
Goeie naand almal.
Ek het nou hierdie post raak gelees. Ek wil ook die proses begaaan. Ek het egter 'n paar vrae.

1. Sal so status my 'n .22 ook kan laat lesesieeer?
2. Indien my Status verval, verval die lisensies dan ook?
3. Hoe lank vat dit op jou status te kry by NHSA?

Groete Ben

Re: geweer lesensie

Posted: Thu Oct 18, 2018 9:22 pm
by SakoTrippel2
1. JA
2. JA
3. Dit het my 2 dae gevat

Groete
Frans