Eerste jag met GSCHV 116gr koe?l -

Post Reply
Biltongjagter

Eerste jag met GSCHV 116gr koe?l -

Post by Biltongjagter »

Het verlede week op oop (nie wildwerend omhein) beesplaas in die Ellisras distrik gesoek na Koedoekoeie vir lekker eetvleis.
Maar ongelukkig loop al wat 'n Koedoekoei is op di? plaas nog rond met klein tot middelslag suipkallers - dus koningswild. Koedoebulle nie eers naastenby in sig nie - seker al 'groener' weivelde gaan soek!

Hierdie Vlakvark is toe maar die eerste dier waarop ek my 7mm Rem Mag met 116gr GSCHV koe?ls kon beproef.
Op afstand, afgetree nadat die beer geskiet is, van 175 tre? het die knaap met die nekskoot net eenvoudig in sy vier spore neergeplof en netso daar bly l? - morsdood.
Die 116gr het dwarsdeur sy nek gevlieg en letterlik net die een nekwerwel gebreek en verder met minimum vleisskade sy vlug voortgesit anderkant uit.

Die ingangswond van kaliber grootte is in die middel van die klein bloed kolletjie bokant die bloedvlek wat gevorm het soos bloed daaruit gesypel het met die vervoer van die karkas.
Die varkie het 45kg uitgeslag en die het sekere mense se harte warm laat klop in die koue wind wat tot daar diep in die Bosveld gewaai het.

[img width=560 height=420]http://www.techfund.co.za/images/vlakvarkgschv116gr.jpg[/img]
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5023
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Eerste jag met GSCHV 116gr koe?l -

Post by Frederik »

Mooi vark daar.
.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
SmitH
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 453
Joined: Tue Feb 16, 2010 11:36 am

Re: Eerste jag met GSCHV 116gr koe?l -

Post by SmitH »

Mooi gegooi ,daai 116gr loop seker n m$#@se spoed indie 7mm
User avatar
Hugov
Hero Member
Hero Member
Posts: 684
Joined: Thu May 26, 2011 8:06 am

Re: Eerste jag met GSCHV 116gr koe?l -

Post by Hugov »

Baie mooi porker!!!!
9mm Beretta. .40 S&W Sig Sauer SP 2022. 44 Magnum Taurus. 22-250 Savage VLP DBM 1:9 . 25-06 Voere. 30-06 Brno. 300 WSM Savage . 416 Ruger Alaskan. Armed Gladiator 12 boor pomp aksie
.::Alwyn-U::.
Hero Member
Hero Member
Posts: 947
Joined: Sun Apr 17, 2011 1:43 pm

Re: Eerste jag met GSCHV 116gr koe?l -

Post by .::Alwyn-U::. »

Biltongjagter - mooi vark daai! Ek het self 'n 7mm en gooi hom met 140greiners, skiet baie lekker en vinnig! Ek kan dink dat daai 116's gooi darem soos weerlig!  Het ook toevalig 'n varkie of 5 geskiet laas week met hom.. Hulle sak lekker in mekaar met die 7mm!  Mooi skoot
Biltongjagter

Re: Eerste jag met GSCHV 116gr koe?l -

Post by Biltongjagter »

Dankie.

SmitH, hulle loop so 3600vps uit my Sako 7mm Rem Mag se 600mm loop.
Man moet trajek mooi ken of jy kan dalk t? hoog skiet oor afstande onder 250 tre
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Eerste jag met GSCHV 116gr koe?l -

Post by Raven »

Baie mooi vark, geluk


Raves
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
User avatar
PITSMIT
Hero Member
Hero Member
Posts: 989
Joined: Thu Mar 24, 2011 10:48 am

Re: Eerste jag met GSCHV 116gr koe?l -

Post by PITSMIT »

biltong

mooi varkie.  hy het baie mooi tande en lyk sommer spekvet.  die wereld lyk seker mooi daar waar jy was
Ontmoet altyd nuwe vriende maar moet nooit die oues vergeet nie
" Shooters do it in any position "

.270Win  Brno de Lux  Mod ZKK600
.308Win  Zastava
CZ85 9mm Para
Taurus .357 Mag  6" barrel
Biltongjagter

Re: Eerste jag met GSCHV 116gr koe?l -

Post by Biltongjagter »

Pitsmit, w?reld baie mooi, ruig en vol kos vir 'n bees!
Hierdie een van die spaarkampe wat eers vanaf Augustus bewei sal word en vanjaar moontlik eers later.
Let op al die vreetbare bos en digte stand gras - plaas goed opgepas.
[img width=560 height=420]http://www.techfund.co.za/images/zrspaarkamp062011A.jpg[/img]

Geluk met jou Koedoe elders op forum.
User avatar
Dewie
Full Member
Full Member
Posts: 186
Joined: Fri Jul 01, 2011 6:53 pm

Re: Eerste jag met GSCHV 116gr koe?l -

Post by Dewie »

Halo Oom Biltong

n' Mooi varkie wat oom da geklap het,GELUK :)

Leker Dag

Dewie
Brno .308
Howa .243
Brno .22
Gammo CFX
VMAX
Nosler Ballistic Tip
Barnes Tiped TSX
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Eerste jag met GSCHV 116gr koe?l -

Post by Monrique (SJ) »

Netjiese vark daai, sal self nog van hulle wil skiet.

Groetnis
Post Reply