Sabatti Tactical .308

Enige besprekings/vrae ivm boerdery bedrywighede.
User avatar
twinhunter
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 288
Joined: Mon Jun 25, 2012 8:27 am

Sabatti Tactical .308

Post by twinhunter »

Ek en Gawie het gou vanoggend al die goedjies op my nuwe roer aangebring en soos belowe sal ek nou op die draad fotos sit en vertel hoe die hele proses vorder met my geweer vanaf die loop inbreek tot by lading ontwikkeling en groeperings.
//uploads.tapatalk-cdn.com/20160318/9696e7dc67e9a45a37fa991bb5595f17.jpg
User avatar
twinhunter
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 288
Joined: Mon Jun 25, 2012 8:27 am

Re: Sabatti Tactical .308

Post by twinhunter »

//uploads.tapatalk-cdn.com/20160318/2442acfecd8bfd70dadfb63ccaad3346.jpg
marco

Re: Sabatti Tactical .308

Post by marco »

Netjies maat di k daai roer gaan mooi loop...
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Sabatti Tactical .308

Post by Gawie(13mm) »

marco wrote:Netjies maat di k daai roer gaan mooi loop...
Ai man, ek was nog nooit verlief op 'n Italianer nie, maar die een se rondings sit net op die regte plek. >:+
Ons het haar mooi aangetrek! Ons wag nou net vir twee lede om vir ons die res van die juwele te stuur. ;D
As die geweer skiet soos sy lyk, gaan ons klawers sien op 600 m. ;)

Ek en Kallie is albei verbaas oor die geweer se sneller. Seep glad, sonder enige voortrek. Hy breek soos glas.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Sabatti Tactical .308

Post by PWV »

Sekere mense is darem so bevoorreg! :'(
User avatar
twinhunter
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 288
Joined: Mon Jun 25, 2012 8:27 am

Re: Sabatti Tactical .308

Post by twinhunter »

PWV wrote:Sekere mense is darem so bevoorreg! :'(
Praat Oom,ek wou nog altyd 'n x-trail gehad het!!Image
User avatar
Kallie Fernhout
Hero Member
Hero Member
Posts: 994
Joined: Sun Oct 21, 2012 8:31 pm

Re: Sabatti Tactical .308

Post by Kallie Fernhout »

twinhunter wrote:
PWV wrote:Sekere mense is darem so bevoorreg! :'(
Praat Oom,ek wou nog altyd 'n x-trail gehad het!!Image
whaha en so jonk afgetree het
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Sabatti Tactical .308

Post by PWV »

Kallie Fernhout wrote:
twinhunter wrote:
PWV wrote:Sekere mense is darem so bevoorreg! :'(
Praat Oom,ek wou nog altyd 'n x-trail gehad het!!Image
whaha en so jonk afgetree het
Grapmakers!! :laugh:
User avatar
Nico Harris
Hero Member
Hero Member
Posts: 2472
Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm

Re: Sabatti Tactical .308

Post by Nico Harris »

Gawie die snellers op die sabattis is bitter lekker snellers!
User avatar
Heinz Petersen
Hero Member
Hero Member
Posts: 1583
Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm

Re: Sabatti Tactical .308

Post by Heinz Petersen »

Gawie, ek moet met jou saam stem oor daai rondings. n Volledige pakkie. Soos n denim broek wat styf gestop is :)
Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: Sabatti Tactical .308

Post by joe rocket »

Tweeling jou roer lyk bitter mooi! Oor Gawie en Heinz gaan ek eerder niks sê nie... Ek dink hulle moet gaan skiet anders moet ek vir hulle n botteltjie "stay soft" gaan koop. ++>:
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
User avatar
twinhunter
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 288
Joined: Mon Jun 25, 2012 8:27 am

Sabatti Tactical .308

Post by twinhunter »

Soos belowe,hier volg my opvolg verslag van my .308 Sabatti Rover Tactical :
Ek het gister oggend so net na 7 se kant begin met die loop inbreek proses en mens was dit nou vir my 'n "eye opener"(loop inbreek is soos trou,jy maak die 1ste keer seker jy doen dit reg want dan hoef jy dit net een keer te doen).
Gelukkig vir my was Kallie en Corne ook op die baan en het ek baie goeie lyding en hulp ontvang van die gesoute "skieters" se kennis wat hulle met geen terughou bereid was om te deel. Toe ons al die goedjies rondom die inbreek proses agter die rug gekry het en toe my 2 leermeesters tevrede was met die eind resultaat het Corne die eerste 5 skoot groepie op 100m geskiet. Wel,hier kan ek ook net byvoeg dat 'n ou partykeer kan dink die roer is nie 100% nie maar eintlik kan dit die man agter die roer wees wat dalk nog nie lekker die kuns agter die blad het vir die skietery nie. Corne het defnitief die bewe en rustigheid agter die blad maar ek glo darem met genoeg tyd sal myne ook kom. Ek het sommer net 'n veilige lading begin vir die inbreek en om die spoed te kon kry om soedoende verder lading ontwikkeling te kan doen. So,die slotsom is dat ek bitter baie tevrede is met my nuwe roer en nie kan wag om weer by die skietbaan uit te kom nie want die gogga vir akkuraat skiet het my nou goed gebyt. Dan is dit ook maar net weer 'n bewys dat die lede op Jaracal altyd bereid is om kennis te deel en selfs die harde werk bereid is om te doen om saam geweer skoon te maak. Dankie Gawie,Kallie en Corne vir julle hulp ek waardeer dit opreg en ek is darem bitter bly dat my geweer 100% is. Wat ook lekker was is dat ek ander lede van Jaracal ook op die skietbaan ontmoet het en nou 'n paar gesigte by name kan sit.
User avatar
twinhunter
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 288
Joined: Mon Jun 25, 2012 8:27 am

Sabatti Tactical .308

Post by twinhunter »

//uploads.tapatalk-cdn.com/20160320/c9af5ef93d02a0c6a12114324082643f.jpg Dis die 1ste 5 skoot groepie wat Corne vd Vyver met die .308 Sabatti geskiet het. Daar is bitter baie hoop vir die toekoms. ImageImage
User avatar
Heinz Petersen
Hero Member
Hero Member
Posts: 1583
Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm

Re: Sabatti Tactical .308

Post by Heinz Petersen »

Baie geluk met jou sukses met jou Sabatti. Ja, as daai akkuraat gogga jou gebyt het, kan jy nie wag vir die volgende keer se skiet nie. Dit is lekkerder as watsenaam. Gawie het seker lank aan daai rondings gevat. Om vriende te hê soos Kallie en Corne, spaar jou baie skoolfonds en is jy gou op node agter die geweer.
Lekker man lekker.
Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Sabatti Tactical .308

Post by ruaanb »

sjoe netjies bly jou geweer het nie streke nie.
User avatar
JTM
Hero Member
Hero Member
Posts: 1691
Joined: Tue Sep 18, 2012 9:06 am

Re: Sabatti Tactical .308

Post by JTM »

Baie belowend. Gaan ni moelik wees om 'n lekker lading daarmee te kry nie. Het die geweer se loop die gewone tipe groewe of is dit ool van daai nuwe gladde groef lope?
Jannie Welman
User avatar
Nico Harris
Hero Member
Hero Member
Posts: 2472
Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm

Re: Sabatti Tactical .308

Post by Nico Harris »

Baie geluk! Daai roer maak baie mooi!!!
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Sabatti Tactical .308

Post by Gawie(13mm) »

Manne, jul sal nie verstaan watter groot verligting dit vir my is dat dat daai "Taljaner" wil skiet nie! ;D
Ek het so 'n jaar terug vir Twinhunter aangepor om die SABBATI te koop, toe hy by my aanklop, want op daardie stadium was daar net mooi stories te hoor oor die pakket. Nes in die politiek is daar sommige gewere wat nes politiese, hul mantels na die wind swaai.
Jy dink dit is 'n "een gat skieter", maar besef dan dat jy 'n "spray gun" gekoop.het. >:D

Ek is bitter spyt dat ek nie gister kon saam skiet nie, maar Kallie en Corné is wraggies twee pelle wat jou op die reguit pad sal hou. ;)

Ek sal nou amptelik kan sê:" Geluk met jou geweer Riaan. Ek weet hy gaan jou nog baie plesier verskaf!"
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
Smous v.d. Vyver
Hero Member
Hero Member
Posts: 663
Joined: Thu Nov 08, 2012 10:54 am

Re: Sabatti Tactical .308

Post by Smous v.d. Vyver »

Weereens geluk met jou roer Riaan.Ek glo hy sal jou nog baie plesier verskaf en het baie potensiaal.Nog so bietjie seating depth speel en daai roer word 'n tac driver.
User avatar
twinhunter
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 288
Joined: Mon Jun 25, 2012 8:27 am

Sabatti Tactical .308

Post by twinhunter »

Dankie Corne,ek dink jy moet bietjie daai artikels op die draad plaas wat jy vir my gestuur het ivm die verskillende tipe groewe in die loop want ek het dit bitter interesant gevind en dit verduidelik dalk ook 'n paar goedjies beter.
User avatar
Nico Harris
Hero Member
Hero Member
Posts: 2472
Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm

Re: Sabatti Tactical .308

Post by Nico Harris »

Watter groewe het joune in Twin?
Andre308
Hero Member
Hero Member
Posts: 904
Joined: Sat Nov 07, 2015 6:54 am

Re: Sabatti Tactical .308

Post by Andre308 »

As ek dit nie mis het nie, het al die nuwe 308 swaar loop Sabatti's die "ronde groewe"
User avatar
Nico Harris
Hero Member
Hero Member
Posts: 2472
Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm

Re: Sabatti Tactical .308

Post by Nico Harris »

Wat is die voordeel daarvan?
User avatar
Smous v.d. Vyver
Hero Member
Hero Member
Posts: 663
Joined: Thu Nov 08, 2012 10:54 am

Re: Sabatti Tactical .308

Post by Smous v.d. Vyver »

User avatar
Smous v.d. Vyver
Hero Member
Hero Member
Posts: 663
Joined: Thu Nov 08, 2012 10:54 am

Re: Sabatti Tactical .308

Post by Smous v.d. Vyver »

Ons het met relatiewe lae lading en stadige Lot kruit redelik spoed gekry op die scenars maar in dieselfde asem is die scenars bekend daarvoor.Soos die loop settle glo ek die spoed gaan optel en sal ons moet sak.

Ek het in my standaard 308 Remington 700 destyds op dieselfde lot kruit en met 0.8gr meer op die scenars maar 2755 ft/s gekry.

Dit wil tog vir my voorkom of die soort rifling ekstra spoed gee.Ek gaan bietjie op Quickload rondkrap en kyk hoe die data lyk.
Post Reply