Page 1 of 1

Wil net dankie sê aan die Edenvale SA Jagters

Posted: Mon Feb 29, 2016 11:36 am
by JacquesT (Stompe)
Goeie dag kêrels,

Ek is verlede week genooi deur Louis, ons eie Vlakvark Soldaat om saam die Edenvale tak, tabelle te skiet en ek wil graag my ondervinding deel.

Alhoewel ek al van 2012 lid was van SA Jagters, was dit my eerste skiet dag gewees, en behalwe dat ek geweet het hoe die tabelle lyk, het niks geweet nie. Ek was maar een van daai lede wat lid geword het want ek het geglo dit sou my help met my lisensie aansoeke. Ek het ook nie weer my lidmaatskap hernu einde laas jaar nie, tot my bittere spyt.

Heel week verlede week is ek 'n vreemdeling vir my vrou, want elke aand word daar noukeerig gelaai, 2 korreltjies te min, 3 te veel, 0.05mm te diep geseat, trek koel en seat oor. Iedere geval, so is ek so opgewonde Vrydag aand, dat dit my 2 lekker sterk KWV 5 jaars vat om aan die slap te raak.

Saterdag oggend is ek al voor die eerste mossie poep op en in die fj oppad Rooikraal toe. Die dag se skiet was absoluut fantasties. Ek het sommer vir elke tabel ingeskryf en het lekker doppies gemaak. Ek het geskiet jakkals, Springbok, Rooibok en Willebees. Ek was altyd die ou wat daar een kant aleen op die skietbaan gesit het en vir die groot prates geluister het en maar net my kop geskut het. Nooit gedink dat dit so lekker sosiaal kan wees nie.

Ek het 'n paar lesse geleer die naweek

1) Mense is baie meer bereidwillig om te help as wat jy dink. Ek het nie eers 'n skietmat gehad nie en daai rooikraal hèt klippe. Louis het sonder om te him of te ha sy skietmat vir my geleen.
2) Al het jy 'n 0.25MOA geweer en jy dink jy kan skiet, want jy skiet mos snyers van die bank af, beteken dit nie jy kan skiet nie.
3) Moenie deur gras skiet nie.
4) Die hele wind ding dra meriete.
5) Ek het nog BAIE oefening nodig, gelukkig hou ek van skiet ;D .
6) Jaracal manne is tops.

Ek gaan verseker weer aanluit, en sonder twyfel by die Edenvale tak. Dis 'n klomp jong dinamiese manne aan die stuur, en die lede waarmee ek te doen gehad het was almal vriendelik en behulpsaam. Vlakvark Soldaat, julle het 'n tak waarop julle kan trots wees.

Groete,
Jacques Theron

Re: Wil net dankie sê aan die Edenvale SA Jagters

Posted: Mon Feb 29, 2016 12:10 pm
by JuanVE
Geluk Cobus Fourie van Edenvale hou so aan. Ek wens alle onaktiewe lede wil moeite doen om net 1 aktiwiteit van sy tak by te woon. Ek glo daar is meer lede wat dieselfde ondervinding sal opdoen na so 'n dag as Jacques.

Re: Wil net dankie sê aan die Edenvale SA Jagters

Posted: Mon Feb 29, 2016 12:13 pm
by tripodmvr
Gaan bietjie hijack - met 1500 lede by ons is ons gelukkig om 50 skuts op 'n skiet te kry. Stompe, bly om te hoor van jou goeie ervaring. My ou skietpelle hier en 20 jaar se lidmaatskap - hulle pas al soos 'n ou handskoen.

Re: Wil net dankie sê aan die Edenvale SA Jagters

Posted: Mon Feb 29, 2016 12:48 pm
by Gawie(13mm)
Mooi man.
Dit bly maar net 'n openbaring as jy besef dat dit jou eie skuld is dat jy jouself die vreugdes in die lewe ontneem. 'n Oop gemoed van jou kant is beloon met nuwe vriendskappe.

Groetnis.

Re: Wil net dankie sê aan die Edenvale SA Jagters

Posted: Tue Mar 01, 2016 8:22 pm
by Vlakvark Soldaat
Ag fanks Jacques! Ons tak is skaars 500 lede, en ons skietdae is om en by so 40 manne sterk. Jyt gesien hoe ons almal sommer inspring en help met teikens plak ens. Juan, Cobus het die tak gebou en op n hoogte punt aan ons oorhandig. Hy self het dit saterdag so geniet om te skiet sonder om nog te deel met die dag se stres oor reelings.

Ons volgende tak sosiale byeenkoms is die 22ste Maart...sommer by een van die awesome gunshops in die nabye omgewing...

Re: Wil net dankie sê aan die Edenvale SA Jagters

Posted: Tue Mar 01, 2016 8:23 pm
by Vlakvark Soldaat
Jacques, jy was sommer dadelik deel van die byeenkoms. Maar my maat, ek kan een ding seg, jy mag maar skiet hoor!

Re: Wil net dankie sê aan die Edenvale SA Jagters

Posted: Tue Mar 01, 2016 9:17 pm
by JacquesT (Stompe)
Hahahahahahah Louis, ek het nog baie oefening nodig, maar ek het nou die regte plek gekry om dit te doen.

My lidmaarskap is hernu en ek is nou Edenvale tak se nuutste lid!

Ek is ongelukkig die volgende skiet in die Kaap, maar is by julle in hart en siel.