Ek is verlede week genooi deur Louis, ons eie Vlakvark Soldaat om saam die Edenvale tak, tabelle te skiet en ek wil graag my ondervinding deel.
Alhoewel ek al van 2012 lid was van SA Jagters, was dit my eerste skiet dag gewees, en behalwe dat ek geweet het hoe die tabelle lyk, het niks geweet nie. Ek was maar een van daai lede wat lid geword het want ek het geglo dit sou my help met my lisensie aansoeke. Ek het ook nie weer my lidmaatskap hernu einde laas jaar nie, tot my bittere spyt.
Heel week verlede week is ek 'n vreemdeling vir my vrou, want elke aand word daar noukeerig gelaai, 2 korreltjies te min, 3 te veel, 0.05mm te diep geseat, trek koel en seat oor. Iedere geval, so is ek so opgewonde Vrydag aand, dat dit my 2 lekker sterk KWV 5 jaars vat om aan die slap te raak.
Saterdag oggend is ek al voor die eerste mossie poep op en in die fj oppad Rooikraal toe. Die dag se skiet was absoluut fantasties. Ek het sommer vir elke tabel ingeskryf en het lekker doppies gemaak. Ek het geskiet jakkals, Springbok, Rooibok en Willebees. Ek was altyd die ou wat daar een kant aleen op die skietbaan gesit het en vir die groot prates geluister het en maar net my kop geskut het. Nooit gedink dat dit so lekker sosiaal kan wees nie.
Ek het 'n paar lesse geleer die naweek
1) Mense is baie meer bereidwillig om te help as wat jy dink. Ek het nie eers 'n skietmat gehad nie en daai rooikraal hèt klippe. Louis het sonder om te him of te ha sy skietmat vir my geleen.
2) Al het jy 'n 0.25MOA geweer en jy dink jy kan skiet, want jy skiet mos snyers van die bank af, beteken dit nie jy kan skiet nie.
3) Moenie deur gras skiet nie.
4) Die hele wind ding dra meriete.
5) Ek het nog BAIE oefening nodig, gelukkig hou ek van skiet
6) Jaracal manne is tops.
Ek gaan verseker weer aanluit, en sonder twyfel by die Edenvale tak. Dis 'n klomp jong dinamiese manne aan die stuur, en die lede waarmee ek te doen gehad het was almal vriendelik en behulpsaam. Vlakvark Soldaat, julle het 'n tak waarop julle kan trots wees.
Groete,
Jacques Theron

