QL hulp met 375h&h

Plaas jou ladings hier. Die forum kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige data wat gepubliseer word nie. So gebruik die inligting met oorleg en versigtigheid. Wat vir een vuurwapen werk is moontlik nie veilig vir 'n ander vuurwapen nie.
Post Reply
ricus 1
Full Member
Full Member
Posts: 238
Joined: Sat Feb 08, 2014 10:19 pm

QL hulp met 375h&h

Post by ricus 1 »

Hallo almal. Kan iemand my help met n lading asb.

Sako 375h&h 1-12 twist
RWS doppe
H2O-93.7gr
Sellier-bellot magnum primers
TPL 90.79mm kan nie nader aan die lands nie weens magesyn.
kruit S335 Lot 712
Kriek koeëls 235gr
Die lading en spoed wat ek geskiet het is 64.9gr teen 1= 2736 2= 2763 3=2705fps en
65.4gr teen 1= 2718 2= 2711 3= 2715
Die eerste lading se groepering was kleiner as die tweede een op 200m en dit is waar my probleem inkom as dit anders om was, was dit ok.

Die doppe is vir die eerste keer gelaai.
Dankie. Laat weet as ek iets uit gelos het.
Post Reply