Page 1 of 1

Myburgh en Ruger....

Posted: Wed Feb 17, 2016 5:52 pm
by Ben Remington
Goeie middag....

So 3 weke gelede maak ek my geweer skoon en Myburgh sit by my en slyp sy gunsteling mes...ons sit en gesels soos 2 vriende van ouds...hy vra my toe wanneer ek hom eendag by die skool sal kom oplaai met die bakkie klaar gepak en Ruger die brak ook agterop reg vir die Kalahari....klaar is my arm weer gedraai en ek gee nie om nie...sy versoek is binne perke. :)

Met sy skool wat 13h00 in die middag uitkom daag ek alreeds 12h00 voor sy klaskamer op en ek kyk deur die venster en sien die ou is druk besig om in te kleur...ek klop aan die deur en stap in met hom wat met sy rug na my sit en ek sê vir die juffrou ek soek dadelik my spoorsnyer....natuurlik is als vooraf met haar gereel. :)

Daai omkyk van hom en opgewondenheid en sy boeke se wegpak was een beweging....toe hy by die bakkie kom staan Ruger breë bors en wag reg vir die Kalahari...ons 3 het sommer nes geskrop in die beeskraal tussen die tampanne en kiewiete...gelukkig darem in 'n tentjie. Dis hierdie oomblikke wat geld nie kan koop nie...

Hier is hy by sy vark en saam Ruger.

Groetnis

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/yjuyujtyujtyj_zpsybafisyx.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/fdhghfgfg_zpsp9qshrgq.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/hhjhgjhjjg_zpsne0phzqn.jpg

Re: Myburgh en Ruger....

Posted: Wed Feb 17, 2016 5:58 pm
by DWB
Groen!!!!

Re: Myburgh en Ruger....

Posted: Wed Feb 17, 2016 9:28 pm
by theedge
Nice one

Re: Myburgh en Ruger....

Posted: Wed Feb 17, 2016 9:52 pm
by F.L.A.S.H
ek kry Sommer n knop in my keel

baie lekker storie

Re: Myburgh en Ruger....

Posted: Thu Feb 18, 2016 3:17 pm
by RUPERT
Myburgh het nou al meer varke die afgelope tyd gejag as wat ek al my hele lewe al gedoen het.
Dad die mannetjie sal die trippies saam met jou vir nog baie jare onthou.

Jou yster

Re: Myburgh en Ruger....

Posted: Thu Feb 18, 2016 9:37 pm
by Suikermuis
Goeienaand Ben

Nee ek gaan nou nie praat van net n knop in die keel nie, ek gaan reguit erken hierdie storie het diep gevat. Netjies man, werklik netjies!

Lyk darem of die onlangse reen wat ons in hierdie deel van die Kalahari gehad het daar ook geval het. Daars darem duwweltjies in die foto en die wag-'n-bietjie het ook blare aan.

As ek reg is lyk dit of die vark in die tweede foto (eerste foto van vark), voor die kop geskiet is? Goeie werk!

Dankie weereens vir die deel van jul storie. Dit laat my al hoe meer uitsien na die dag wat ek en my laaitie ook n draai kan gaan stap in die jagveld.

Groete

Re: Myburgh en Ruger....

Posted: Fri Feb 19, 2016 10:33 am
by Baasvark
Lekker man!

Dis hoe 'n pa/seun verhouding moet werk!

Re: Myburgh en Ruger....

Posted: Fri Feb 19, 2016 10:40 am
by matewis
Lig my hoed Ben, wat 'n voorreg! Jou agter-kleinkinders gaan oor baie jare van nou af jaar aan Myburgh se lippe hang oor hierdie stories.

Re: Myburgh en Ruger....

Posted: Fri Feb 19, 2016 10:44 am
by ruaanb
Ek raak sommer hartseer want jou klong beleef 'n reis wat min kinders inlsuitend myne vandag beskore is.
Dankie vir die deel!

Re: Myburgh en Ruger....

Posted: Fri Feb 19, 2016 12:10 pm
by Ben Remington
Ek en Myburgh is baie bevoorreg.....
Mooi naweek aan almal...glo hier gaan binnekort nuwe fotos verskyn...

Groetnis

Re: Myburgh en Ruger....

Posted: Fri Feb 19, 2016 1:21 pm
by Vlakvark Soldaat
Ben, jou stories is al amper die enigste goed waarvoor ek uitkyk onder die 'photo album' forum!

Kan nie wag om my eie stories te skryf nie, ouboet word maandag 5 jaar oud, en hy skiet al n koeks skoot, maar hys nog nie reg vir die ware jakob nie...