So 3 weke gelede maak ek my geweer skoon en Myburgh sit by my en slyp sy gunsteling mes...ons sit en gesels soos 2 vriende van ouds...hy vra my toe wanneer ek hom eendag by die skool sal kom oplaai met die bakkie klaar gepak en Ruger die brak ook agterop reg vir die Kalahari....klaar is my arm weer gedraai en ek gee nie om nie...sy versoek is binne perke.
Met sy skool wat 13h00 in die middag uitkom daag ek alreeds 12h00 voor sy klaskamer op en ek kyk deur die venster en sien die ou is druk besig om in te kleur...ek klop aan die deur en stap in met hom wat met sy rug na my sit en ek sê vir die juffrou ek soek dadelik my spoorsnyer....natuurlik is als vooraf met haar gereel.
Daai omkyk van hom en opgewondenheid en sy boeke se wegpak was een beweging....toe hy by die bakkie kom staan Ruger breë bors en wag reg vir die Kalahari...ons 3 het sommer nes geskrop in die beeskraal tussen die tampanne en kiewiete...gelukkig darem in 'n tentjie. Dis hierdie oomblikke wat geld nie kan koop nie...
Hier is hy by sy vark en saam Ruger.
Groetnis
http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/yjuyujtyujtyj_zpsybafisyx.jpg
http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/fdhghfgfg_zpsp9qshrgq.jpg
http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/hhjhgjhjjg_zpsne0phzqn.jpg
