Page 1 of 2

Pad woede..... Kyk hierdie idioot

Posted: Tue Feb 16, 2016 9:35 pm
by Penkop

Re: Pad woede..... Kyk hierdie idioot

Posted: Tue Feb 16, 2016 10:08 pm
by JDKey
Hy het amper sy gat gesien :o

Re: Pad woede..... Kyk hierdie idioot

Posted: Tue Feb 16, 2016 10:20 pm
by Diesel Dog
JDKey wrote:Hy het amper sy gat gesien :o
Sonder 'n spieël .

DD

Re: Pad woede..... Kyk hierdie idioot

Posted: Wed Feb 17, 2016 6:44 am
by Philip_R
En dit omdat hy dink hy mag vinniger as die spoedperk ry en almal moet padgee. As iemand van agter af ligte flits kan hulle maar vergeet, ek sal nie oorskuif nie.

Re: Pad woede..... Kyk hierdie idioot

Posted: Wed Feb 17, 2016 6:54 am
by cobus s
+1 Ek skuif ook nie as jy van agter af kom en ligte gooi nie en dan ry ons vinnig 80

Re: Pad woede..... Kyk hierdie idioot

Posted: Wed Feb 17, 2016 7:26 am
by Gawie(13mm)
Nee wat manne. Indien dit veilig is, gaan ek maar oor na links. Ek gaan egter nie spoed verminder as ek 120 doen spesiaal, sodat ek 'n gaping links kan kry, om oor te skuif nie. So 'n maniak kan maar verby kom en met iemand anders se lewe gaan dobbel.

Re: Pad woede..... Kyk hierdie idioot

Posted: Wed Feb 17, 2016 9:24 am
by FHM
Daai Golf-drywer het gelukkig goeie reflekse gehaad. ;)

Manne ek was nog nie in so situasie nie - maar stel jouself voor jy is met jou vrou en kinders in die kar en een vark speel so met julle lewens...wat doen jy?

Re: Pad woede..... Kyk hierdie idioot

Posted: Wed Feb 17, 2016 9:32 am
by Philip_R
Die video kan seker redelik maklik gebruik word om die vark se lisensie te kanseleer deur hom krimineel te vervolg, dit kan seker gesien word as poging tot moord omdat hy probeer het om die ander kar in n ongeluk te laat kom. Maar met ons NPA en metro polisie sal hulle seker nie eers belangstel om hom van die pad af te kry nie.

FHM, ek dink mens sal agter tralies beland as mens doen wat mens op daardie stadium wil doen.....

Re: Pad woede..... Kyk hierdie idioot

Posted: Wed Feb 17, 2016 9:41 am
by FHM
Philip_R wrote:Die video kan seker redelik maklik gebruik word om die vark se lisensie te kanseleer deur hom krimineel te vervolg, dit kan seker gesien word as poging tot moord omdat hy probeer het om die ander kar in n ongeluk te laat kom. Maar met ons NPA en metro polisie sal hulle seker nie eers belangstel om hom van die pad af te kry nie.

FHM, ek dink mens sal agter tralies beland as mens doen wat mens op daardie stadium wil doen.....
Nee stem Philip, ek moet om Vadersnaam net nie alleen wees as so iets gebeur nie - ek sal toegesluit word!

Re: Pad woede..... Kyk hierdie idioot

Posted: Wed Feb 17, 2016 1:19 pm
by Ferdi
Amen Cois Amen.

Re: Pad woede..... Kyk hierdie idioot

Posted: Wed Feb 17, 2016 5:57 pm
by henning
Mens probeer jou beste om uit die nonsense te bly maar ai, dit gebeur so gou.

Groete
henning

Re: Pad woede..... Kyk hierdie idioot

Posted: Wed Feb 17, 2016 7:20 pm
by Boersonderroer
Ek roep bullsh!t , die video moet gedokter wees. Daar is geen BMW wat die fabriek verlaat met werkende flikkerligte en daai kar se linker en regter flikkerlig werk

Re: Pad woede..... Kyk hierdie idioot

Posted: Wed Feb 17, 2016 8:28 pm
by dehacked
Boersonderroer wrote:Ek roep bullsh!t , die video moet gedokter wees. Daar is geen BMW wat die fabriek verlaat met werkende flikkerligte en daai kar se linker en regter flikkerlig werk
Fongkong copy. BMWs kan ook nie die pad so byster raak nie.

Re: Pad woede..... Kyk hierdie idioot

Posted: Wed Feb 17, 2016 8:48 pm
by WesMerw
Dit is nou tipiese voorbeeld van die blinde sambok. Darem die regte een wat nie verder ry nie. Hoop hulle moes hom insleep.

Re: Pad woede..... Kyk hierdie idioot

Posted: Fri Feb 19, 2016 9:40 am
by vossie1
Ja dit is sy verdiende loon, maar onthou as iemand vir jou ligte flikker is dit nie altyd uit arogansie nie! soos gawie se as dit veilig is om oor te gaan dan is dit jou plig anders wakker jy maar net padwoede aan, en as my vrou of kind by n hospital moet kom en jy weier om oor te gaan kan jy die oorsaak wees van n onnodige ongeluk.

Re: Pad woede..... Kyk hierdie idioot

Posted: Fri Feb 19, 2016 9:51 am
by Barry Loock
Ek ry daardie pad ten minste 3 tot 4 keer per maand. Dis die highway to hell as jy nie pad gee vir die bloulig brigade nie. Al daai bestuurders is gemiddeld 30 jaar oud en dink hulle is die kat se snorbaarde.

Re: Pad woede..... Kyk hierdie idioot

Posted: Fri Feb 19, 2016 4:23 pm
by birklec
vossie1 wrote:Ja dit is sy verdiende loon, maar onthou as iemand vir jou ligte flikker is dit nie altyd uit arogansie nie! soos gawie se as dit veilig is om oor te gaan dan is dit jou plig anders wakker jy maar net padwoede aan, en as my vrou of kind by n hospital moet kom en jy weier om oor te gaan kan jy die oorsaak wees van n onnodige ongeluk.
Hiermee stem ek 100% saam.

Re: Pad woede..... Kyk hierdie idioot

Posted: Wed Jul 27, 2016 7:29 pm
by Tollie.Marx
So vang slim sy baas. Ag lekker man

Sent from my SM-J500F using Tapatalk

Re: Pad woede..... Kyk hierdie idioot

Posted: Wed Jul 27, 2016 7:58 pm
by henning
dehacked wrote:
Boersonderroer wrote:Ek roep bullsh!t , die video moet gedokter wees. Daar is geen BMW wat die fabriek verlaat met werkende flikkerligte en daai kar se linker en regter flikkerlig werk
Fongkong copy. BMWs kan ook nie die pad so byster raak nie.
Dehacked, jy sal verbaas wees, ek het gesien hoe n BMW voor my op twee wiele ry soos hy vir n kar uitswaai voor my op n snelweg.
Het die stuurwiel te aggresief gedraai.
Ek is n redelike versigtig bestuurder maar het amper n slegte ding vandag oorgekom. Drie baane , groot trok in die middle baan,
ek in linker baan, ander bakkie heel regter baan.
Altwee ry vinniger as die trok en beweeg op dieselfde oomblik na die middel baan nadat ons die trok verby gegaan het.
In so n geval kan jy nie die ander voertuig in jou tru-spieel sien nie. Het amper groot samekoms gehad in die midddel baan.
Ongeluk gebeur so maklik maar gelukkig was ons altwee wakker.

Groete
Henning

Re: Pad woede..... Kyk hierdie idioot

Posted: Wed Jul 27, 2016 8:18 pm
by Jake1
Daar is die afgelope 2 weke baie regtig baie mense of mense se mense dood in ons omgewing in karongelukke, dit maak my regtig bang.

Re: Pad woede..... Kyk hierdie idioot

Posted: Wed Jul 27, 2016 8:44 pm
by henning
Jake1 wrote:Daar is die afgelope 2 weke baie regtig baie mense of mense se mense dood in ons omgewing in karongelukke, dit maak my regtig bang.
Jake dit maak nie saak hoe versigtig jy op die pad is nie, dit bly n risiko.
Moet net nie laat dit jou onder kry nie, dit sal heel waarskynlik nie met jou gebeur nie.

Groete
Henning

Re: Pad woede..... Kyk hierdie idioot

Posted: Wed Jul 27, 2016 11:11 pm
by NicoSmit
Julle moet die N14 sien as jy nie 160km/h in die regterbaan ry nie word jy omternt verblind van agteraf met die brights Die spoed beperking van 120 bestaan nie

Re: Pad woede..... Kyk hierdie idioot

Posted: Thu Jul 28, 2016 8:33 am
by VX70
Justice!! Ek wonder of sy versekering gaan betaal lol

Re: Pad woede..... Kyk hierdie idioot

Posted: Thu Jul 28, 2016 8:56 am
by honda2
Mense wat die pad hul self so toe-eien is werklik onbedag. 'n Ander problem wat my deesdae pla is dat mense nie meer normal verby kan vat op n enkel pad nie (dus een baan in elke rigting). n Ou sal op jou g@t kom ry todat jy aftrek in die geel streep en dan verby gaan eerder as om te wag tot die pad dubbel raak of totdat dit veilig is om verby te gaan. In so n geval sak ek ook rustig terug na 80km per uur. Sulke ongeduld is nie goed vir n mens se hart nie.

Re: Pad woede..... Kyk hierdie idioot

Posted: Thu Jul 28, 2016 9:31 am
by Dirkonius
Gawie(13mm) wrote:Nee wat manne. Indien dit veilig is, gaan ek maar oor na links. Ek gaan egter nie spoed verminder as ek 120 doen spesiaal, sodat ek 'n gaping links kan kry, om oor te skuif nie. So 'n maniak kan maar verby kom en met iemand anders se lewe gaan dobbel.
+1 Ek maak dieselfde, gaan nie spiteful wees en briek of stadiger ry nie, maar gaan nie skielik versnel nie. Dit kan wel frustrerend raak as mense nie hou by die reël van 'hou links, gaan regs verby nie'. Daar is baie mense wat maar bra stadig ry in die vinnige baan, wat ook nie bedagsaam is nie. Hier in Johannesburg is daar baie perde wat 100 ry in vinnige baan met 120km/h spoed toelating.