Page 1 of 1

Jy mag NOOIT weer kla oor die prys van jou Vleisie nie

Posted: Sun Feb 07, 2016 8:58 pm
by Jaco V
Hello Manne
Was die afgelope week in Duitsland,
So loop ek Vrydag middag in die winkels rond en kry plek vergelykbaar met Woolworths, dag toe laat ek maar net gou kyk of ek sal kan bekostig om te braai in Duitsland.
Hierdie is foto van tollie se fillet te koop teen Euro69.90 per kg of dan R1250/kg. :o :( :o :o
20160205_124554-1280x720.jpg
Tong in die kies gese, dink ek nie ons het ooit weer die reg om te kla oor vleis pryse nie.
Ek weet ons verdien nie Euros nie en sommiges sal se dit verander die prentjie maar magtig dis nogsteeds baie duur.

Re: Jy mag NOOIT weer kla oor die prys van jou Vleisie nie

Posted: Sun Feb 07, 2016 9:07 pm
by Andre308
Nou maak dit sin dat daar n mark is vir kangeroo en daai tipe vleis. Gn mens kan dit vir bees haas betaal nie

Ek sal seker ook begin skaap steel as dit hier so moet raak.

Re: Jy mag NOOIT weer kla oor die prys van jou Vleisie nie

Posted: Mon Feb 08, 2016 5:33 am
by spekieries
Dit is baie duur. Onthou net die mense verdien hulle salarisse in Euro's en nie in die swak rand nie . Dit kan 'n verskil maak van 'n hele paar rand. Ek onthou hulle het 'n onderhoud met die "Blarmey Army" gehad. Hulle het ook gesĂȘ hoe goedkoop dit in RSA is. Hulle het beweer dat alles hier die helfte goedkoper is.

Re: Jy mag NOOIT weer kla oor die prys van jou Vleisie nie

Posted: Mon Feb 08, 2016 7:43 am
by Capt. Yoda
Dink as n Zimmi in Woolies kom voel hy ook so

Re: Jy mag NOOIT weer kla oor die prys van jou Vleisie nie

Posted: Mon Feb 08, 2016 7:55 am
by Philip_R
En hier dink ek die R200/kg wat Satara se winkel vir n vark tjop vra is duur.....