Page 1 of 1

Vinnige Kalahari trippie....

Posted: Wed Jan 27, 2016 8:23 am
by Ben Remington
Hartlike goeie môre...

Laas week toe ek vir Myburgh by die skool gaan laai wys hy my 'n foto wat 'n pel hom gestuur het van die eerste reën wat geval het in die Kalahari....ek sê toe vir hom ek dog hulle mag nie selfone skool toe vat nie....toe het hy my te vertel hy vat hom maar saam vir noodgevalle. ;D

Ons besluit toe maar om te ry en te gaan kyk hoe lyk die nat grond. Darem maar lekker om te sien hoe vinnig reën als kan verander...dit was erg droog soos in baie ander dele van die land en so tussen 40mm en 50mm het verspreid geval noord van Kuruman. Die opslag en duwweltjies het al die sandkors gebreek en binne 2 weke gaan dit 'n geel tapyt wees. Wat baie opvallend was is dat die steenbokke....duikers en varke heelwat maerder is as die gemsbokke, kudus en springbokke...ek kon nie glo dat veral die kudus spek vet is in hierdie droogte nie....ek dink die Witgatbome het baie hiermee te doen.

Ek het die beer geskiet en 'n maat van my die jakkals.

Daar is min dinge wat by die geur van nat Kalahari sand en 'n Kameelhout vuur kom.

Groetnis

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160122_115859_resized_zpsqib1r9ix.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160122_175745_resized_zpsujbgjbwt.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160122_143059_resized_zpszisoirze.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160122_135040_resized_zpski8o1koo.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160122_135135_resized_zpsuln0d4jy.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160122_155354_resized_zps9rgmqzk0.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160122_181232_resized_zpsj0hjpes3.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160125_184300_resized_zpsjamg4fs2.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160125_165855_resized_zpsrfumuedj.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160125_181917_resized_zps8cuxwqbx.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160125_192405_resized_zps0ec65oza.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160125_192612_resized_zpsktm0gvow.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160125_191150_resized_zpsw8izkmxt.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160125_223416_resized_zpsdqcsrxhb.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160125_193227_resized_zpschtkbuvw.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160122_132801_resized_zpsfsg6npwc.jpg

Re: Vinnige Kalahari trippie....

Posted: Wed Jan 27, 2016 9:00 am
by ruaanb
lekker man! jou fotos laat my altyd terug verlang na Kathu. Het as kind daar 3 puik groot word jare beleef.

Re: Vinnige Kalahari trippie....

Posted: Wed Jan 27, 2016 9:31 am
by DWB
Pragtig

Re: Vinnige Kalahari trippie....

Posted: Wed Jan 27, 2016 9:50 am
by FHM
Ek sweer ek ruik daai veld - daar is net nie nog so reuk nie, was baie-baie kere na reens so in die Kalahari - daai fluweel spinnekoppies is te pragtig. Pragtige fotos ook - dankie vir die deel. Mens mag nie - maar ek beny jou regtig! ;)

Re: Vinnige Kalahari trippie....

Posted: Wed Jan 27, 2016 12:17 pm
by theedge
Netjies maat lyk te lekker

Re: Vinnige Kalahari trippie....

Posted: Wed Jan 27, 2016 12:27 pm
by JohanvB
Mal oor jou hond!!!

Re: Vinnige Kalahari trippie....

Posted: Wed Jan 27, 2016 1:06 pm
by OU VOORSLAG
Baie geluk. Jy maak mens maar jaloers. Baie bly oor die reen, daai wereld behoort nou te verander. Hopelik kom daar n ou opvolg reentjie

Re: Vinnige Kalahari trippie....

Posted: Wed Jan 27, 2016 1:33 pm
by FHM
ruaanb wrote:lekker man! jou fotos laat my altyd terug verlang na Kathu. Het as kind daar 3 puik groot word jare beleef.

Ben wil nie jou pos kaap nie - net gou vir Ruaan iets vra asseblief.

Ruaan,
Ek was '79 - 83 in Kathu - matriek gekryf daar - watter jare was jy daar?

Re: Vinnige Kalahari trippie....

Posted: Wed Jan 27, 2016 1:40 pm
by ruaanb
80-82 my pa was departementshoof by die laerskool so lyk vir my ek moet vir jou oom se want ek was toe maar in st2(gr4) toe ons daar weg is. Lekkerste plek wat ek kan onthou van al die plekke waar ons gebly het.

Re: Vinnige Kalahari trippie....

Posted: Wed Jan 27, 2016 1:43 pm
by FHM
ruaanb wrote:80-82 my pa was departementshoof by die laerskool so lyk vir my ek moet vir jou oom se want ek was toe maar in st2(gr4) toe ons daar weg is. Lekkerste plek wat ek kan onthou van al die plekke waar ons gebly het.
Ja - was ook my beste skooljare daar en daaityd - rugby tussen Sishen (Kathu) en Kalahari Hoerskool in Seodin (Kuruman) en Upington was n helse storie - vir spelers, boetie / sussie / ma en pa en ouma en oupa - meer fights langs die veld as op die veld as daai spanne die dag speel ;) Goeie en lekkerrrr ou jare!

Dankie Ben - sorry pel!

Re: Vinnige Kalahari trippie....

Posted: Wed Jan 27, 2016 1:48 pm
by r1ch@rds
Groot geword daar! Gaan sommer terug

Re: Vinnige Kalahari trippie....

Posted: Fri Jan 29, 2016 11:42 am
by 243Songdaug
Liewer nie ou Richard - Kathu is nie meer die dorpie wat julle manne so life voor geraak het nie.

Dit kan moontlik binnekort weer terug verander - Sishenmyn het gister aangekondig dat hulle beplan om binne enkele maande 46% (+2600 poste)van hul werknemers te "retrench". Net montlik sal die dorpie weer rustiger raak.

Die omgewing bly egter nog pragtig - ek gaan met 'n seer hart wegtrek.