Laas week toe ek vir Myburgh by die skool gaan laai wys hy my 'n foto wat 'n pel hom gestuur het van die eerste reën wat geval het in die Kalahari....ek sê toe vir hom ek dog hulle mag nie selfone skool toe vat nie....toe het hy my te vertel hy vat hom maar saam vir noodgevalle.
Ons besluit toe maar om te ry en te gaan kyk hoe lyk die nat grond. Darem maar lekker om te sien hoe vinnig reën als kan verander...dit was erg droog soos in baie ander dele van die land en so tussen 40mm en 50mm het verspreid geval noord van Kuruman. Die opslag en duwweltjies het al die sandkors gebreek en binne 2 weke gaan dit 'n geel tapyt wees. Wat baie opvallend was is dat die steenbokke....duikers en varke heelwat maerder is as die gemsbokke, kudus en springbokke...ek kon nie glo dat veral die kudus spek vet is in hierdie droogte nie....ek dink die Witgatbome het baie hiermee te doen.
Ek het die beer geskiet en 'n maat van my die jakkals.
Daar is min dinge wat by die geur van nat Kalahari sand en 'n Kameelhout vuur kom.
Groetnis
http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160122_115859_resized_zpsqib1r9ix.jpg
http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160122_175745_resized_zpsujbgjbwt.jpg
http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160122_143059_resized_zpszisoirze.jpg
http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160122_135040_resized_zpski8o1koo.jpg
http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160122_135135_resized_zpsuln0d4jy.jpg
http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160122_155354_resized_zps9rgmqzk0.jpg
http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160122_181232_resized_zpsj0hjpes3.jpg
http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160125_184300_resized_zpsjamg4fs2.jpg
http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160125_165855_resized_zpsrfumuedj.jpg
http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160125_181917_resized_zps8cuxwqbx.jpg
http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160125_192405_resized_zps0ec65oza.jpg
http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160125_192612_resized_zpsktm0gvow.jpg
http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160125_191150_resized_zpsw8izkmxt.jpg
http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160125_223416_resized_zpsdqcsrxhb.jpg
http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160125_193227_resized_zpschtkbuvw.jpg
http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160122_132801_resized_zpsfsg6npwc.jpg

