243AI QL Hulp gesoek asb

Plaas jou ladings hier. Die forum kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige data wat gepubliseer word nie. So gebruik die inligting met oorleg en versigtigheid. Wat vir een vuurwapen werk is moontlik nie veilig vir 'n ander vuurwapen nie.
Post Reply
User avatar
BeesBreet
Hero Member
Hero Member
Posts: 1652
Joined: Sat Nov 22, 2014 9:03 am

243AI QL Hulp gesoek asb

Post by BeesBreet »

Middag Manne

Ek wil vra dat iemand asb vir my op quickload kan loer.

Ek wil n 243Ai laai met 55gr Nosler BT
Ek wil graag S341 gebruik

Dit is n Howa varminter met Norma doppe
Sal graag wil hoor wat die min en maks lading sal wees... Wil om en by 64k psi werk

Enige hulp sal wardeer word.
Baie dankie

Erhard
User avatar
Heinz Petersen
Hero Member
Hero Member
Posts: 1583
Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm

Re: 243AI QL Hulp gesoek asb

Post by Heinz Petersen »

Hoekom met S341 en nie s365 nie
Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
User avatar
BeesBreet
Hero Member
Hero Member
Posts: 1652
Joined: Sat Nov 22, 2014 9:03 am

Re: 243AI QL Hulp gesoek asb

Post by BeesBreet »

Ek gaan die geweer uitsluitlik op jakke en gaanse gebruik... Wil S341 gebruik sodat naby aan maks druk kan werk, en die keel te vinnig brand nie...
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7575
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: 243AI QL Hulp gesoek asb

Post by Wouter Roets »

Beesbreet

Waar kom jy aan n maksimum druk van 64 000psi op die Ackley? Die maksimum drukvlakke van die voogkaliber is 60 191psi en dit is n baie sinlikke vlak om te gebruik vir die Ackley weergawe ook. Deur oor dit te gaan sal jy juis jou looplewe nadelig begin beinvloed.

S355 sal ook n baie beter opsie wees as n mens kyk na dopvulling teen maksimum druk. S341 s'n is maar laag teen 60 000psi(92%). Met n 24 duim loop kan jy ook nie die hoer node bykom sonder om baie hoe drukvlakke te hardloop nie. Ek weet hier is manne wat dit doen, maar dan moet jy bewus wees van die feit dat jy met die leeu se bal speel.

Groetnis
Wouter
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13665
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: 243AI QL Hulp gesoek asb

Post by Geno »

Wout. Paar manne wat ek ken operate hulle 243AI's teen 63,000 - 65,000psi sonder enige issues.
Hoekom sou dit nadelig wees, met bv. die .25-06 wat 65,000psi aandui as maks druk?
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
BeesBreet
Hero Member
Hero Member
Posts: 1652
Joined: Sat Nov 22, 2014 9:03 am

Re: 243AI QL Hulp gesoek asb

Post by BeesBreet »

Oom Tripod het vir my begin lading gegee, Ek sal terugvoer gee sodra Ek al die regte gegewens het vir QL...

Wat Ek al reeds sien is dat die Ek nie naby die lands kan seat nie asgv die 55bt wat so kort is...

Dit reën nou so lekker hier Ek weet nie wanneer Ek kans gaan kry om oor die chrony te skiet nie.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 243AI QL Hulp gesoek asb

Post by tripodmvr »

Ek het TPL van 65,3mm gebruik. Het dan so 5mm skag in die nek wat raak en belyning gee.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7575
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: 243AI QL Hulp gesoek asb

Post by Wouter Roets »

Geno

Hierdie gaan n bietjie langdradig raak so verskoon my maar so bietjie. Kom ons begin by die ontwerp van die rondte. As daar een ontwerp is wat drukvlakke van tussen 60 000-70 000psi met gemak kan hanteer dan is dit die Ackley ontwerp. Die minimum body taper veroorsaak baie min bolt trust(grootste en gevaarlikste komponente van druk) en die 40 grade skouer veroorsaak bitter min brass vloei(groot factor en simtoom van hoe druk).

Nou dit is die dopontwerp, maar saam met dit gaan jou kamer demensies wat deur jou reamer bepaal word. As jy met n reamer gewerk het wat aan die tight kant was kan jy werklik met hoe drukvlakke wegkom. Kamers wat so gesny is kan selfs swakker ontwerpe soos bv die 308 Win maak dat hy weinig konvensionele druktekens wys selfs teen relatief hoe drukvlakke. Jy sien dit baie by Bisley manne. Nou die probleem kom in met kamer demensies wat aan die hoe kant is. Hier kry n mens baie keer dat selfs uitstekende dopsontwerpe soos die Ackley reeks druktekens lewer selfs teen relatiewe lae drukvlakke van 60 000psi. Ons weet natuurlik nie hoe Beesbreet se kamer lyk nie.

Nou die volgende aspek is die poeier self. Die meeste poeiers word so vervaardig dat hulle relatief stabiel is hier in die omgewing van 50 000-60 000psi en selfs so rapsie hoer. Elke tipe poeier is natuurlik uniek met hierdie einskap. Meduim stadig na stadige poeier is gewoonlik bietjie meer stabiel met vinniger poeiers wat n raps swakker is in die department. Stafie poeier is gewoonlik ook meer stabiel as balpoeier vanwee die samestelling van die twee poeier. Nou hierdie is nie n vaste reel nie maar n goeie riglyn wat maar gevolg kan word. Nou met hierdie ingedagte sal jy sien dat jou SL factor en burnrate heelwat verhoog teenoor die norm(50 000-60 000psi) indien jy oor 60 000psi gaan. Omgewings temperature of beter gestel jou kamer temperatuur het dan ook nog n groter invloed op hierdie drukvlakke. So die uiteinde is dat foute wat deur die herlaaier gemaak word of selfs klein veranderings in sy herlaai tegniek kan en sal veroorsaak dat jy dramatiese spikes kan he in drukvlakke. Drukvlakke van hoer as 60 000psi het maar hierdie snowball effek tot gevolg en kan dramaties hoog raak as daar net n paar faktore is wat saamwerk met mekaar werk. Vat nou n herlaaier wat n TPL fout maak en in die lande eidig met n lading wat klaar in die middle 60 000psi hardloop.

Met vinniger verbrande poeier word jou piek drukvlakke nie altyd oorgedra na jou dop en stelsel toe nie vanwee die kort tydstip waar hierdie drukpiek heers. Met stadiger poeiers is dit gewoonlik meer aanwesig op sig self vanwee die langer drukpiek prejode. Dink maar aan die manne wat S321 hardloop in hierdie einste kombinasie. Drukvlakke is soms oor die 70 000psi met weinige tekens van druk op die komponente.

Nou die meeste mense wat baie ondervinding en kennis het in die interne balistiek sal vir jou ook se dat verhoogte druk hoer vlamtemperature tot gevolg het en dit n direkte uitwerking het op keel verbranding en dus looplewe. Caking van die loop kan ook direk daarmee gekoppel word. Nou dit is n factor op sy eie, maar die gebruik van n vinnige verbrandende balpoeier kan dit weer neurtaliseer. Daar is genoeg voorbeelde om dit wel te bevesig, maar dit bly n factor op sy eie.

Nou ek weet nie van jou nie, maar ek het geen idiee waar trek Beesbreet en die meeste mense wat hier lees se herlaai kennis en ondervinding nie. n Man wat vra wat die minimum en maksimum ladings is instede van maksimum spoed dui al klaar op iemand wat nog n entjie moet gaan in die herlaai department(Beesbreet no offence given). So daarvandaan my raad om eerder by die 60 000psi maksimum drukvlak te bly. Ek het ook al tot vervelens gese die Ackley rondte moet geliefs deur ervare herlaaiers aangepak word juis oor die feit dat die ontwerp konvensionele druktekens so goed wegsteek en jy ten minste QL moet gebruik om dit te kan bepaal. So ek dink vir die veilgheid van die herlaaier, Jaracal en ons wat die raad uitdeel sou ek se my raad het sy meriete in die geval. Natuurlik n ander storie as ek en jy met mekaar praat, want ek weet waar jou herlaai kennis le, maar dit sal natuurlik nie hier vir Jan Allerman se oe wees nie.

Groetnis
Wout
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 243AI QL Hulp gesoek asb

Post by tripodmvr »

QL gebruik 'n maks druk van 55K. Ek het vir myself 'n perk van 60K gestel en dink nie dat die nodes wat ek tans gebruik naby aan dit is nie. Vir baie jare het ek 90gr Speer op 2950vps deurgejaag vir teikenskiet toe die 243 nog standaard was. Dit het 'n plat genoeg trajek vir my gegee.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
BeesBreet
Hero Member
Hero Member
Posts: 1652
Joined: Sat Nov 22, 2014 9:03 am

Re: 243AI QL Hulp gesoek asb

Post by BeesBreet »

Het my lading gekry, baie dankie!
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 243AI QL Hulp gesoek asb

Post by tripodmvr »

BeesBreet wrote:Het my lading gekry, baie dankie!
Moenie so geheimsinnig wees nie. Sit foto op as jy kan en gee die besonderhede deur. Dit help ons QL manne om te kyk hoe ons berekeninge klop met die werklikheid.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
BeesBreet
Hero Member
Hero Member
Posts: 1652
Joined: Sat Nov 22, 2014 9:03 am

Re: 243AI QL Hulp gesoek asb

Post by BeesBreet »

Oom Maruis die QL voorspelling was met .2 gr uit, so dit is bitter naby... Ek het eers my TPL uitgesort om konstante spoed te lees. Toe Ek die spoed het toe Skiet Ek n groep op n 110 yards wat so gelyk het

//uploads.tapatalk-cdn.com/20160201/6638a762cb3ac21762b7d4ea7a5e6932.jpg

Na dit het Ek in gezero op 230yards en so het hy to gelyk...

//uploads.tapatalk-cdn.com/20160201/4229a026ddf6c9d7ad6b75adea8b9e40.jpg

Dankie vir oom Tripod en Nico wat my reg gehelp het
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 243AI QL Hulp gesoek asb

Post by tripodmvr »

Watter lading en watter spoed het jy gekry.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
BeesBreet
Hero Member
Hero Member
Posts: 1652
Joined: Sat Nov 22, 2014 9:03 am

Re: 243AI QL Hulp gesoek asb

Post by BeesBreet »

Daar was n node op 3610fps met 43.1gr en op 3950fps met 47.3gr
S341
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 243AI QL Hulp gesoek asb

Post by tripodmvr »

Wat het jy werklik met die skiet gekry?
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
BeesBreet
Hero Member
Hero Member
Posts: 1652
Joined: Sat Nov 22, 2014 9:03 am

Re: 243AI QL Hulp gesoek asb

Post by BeesBreet »

Wolke en weer het nie saam gespeel nie, toe nie weer gemeet met chrony nie
User avatar
BeesBreet
Hero Member
Hero Member
Posts: 1652
Joined: Sat Nov 22, 2014 9:03 am

Re: 243AI QL Hulp gesoek asb

Post by BeesBreet »

Al die skote was ook vinnig oor die cruiser se bonnet gedoen... Groepe kan seker beter lyk, maar dooie jakkals/bobjaan is belangriker vir my...
User avatar
Katefbessie
Hero Member
Hero Member
Posts: 778
Joined: Tue Aug 06, 2013 3:36 pm

Re: 243AI QL Hulp gesoek asb

Post by Katefbessie »

Baie interessante draad hierdie en Wouter ek sal graag jou en ander se mening ook wil he,
Ek skiet self 243 AI in Howa Varminter net met 'n 23" loop.
Ek het my QL se maks druk vir die AI ook opgeskuif en skiet nou 75 Vmax net net onder 63 000psi @ 3562fps op node 0.9803 (QL gekalibreer), ek wou graag die 75's so vining moontlik skiet en ekt gevoel om vir die laer node te gaan gaan die spoed wat ek uit die 75's kry net te lag wees vir my persoonlik en daarom het ek opgewerk na die hoër node.
Met bogenoemde in ag geneem wys die lading geen fisiese vorme van enige druk nie (slot maak gemaklik oop, primertjies nie plat nie en geen bolt thrust nie) - en seker hier sluit dit aan by jou skrywe oor hoe goed 'n Ackley druk kan wegsteek.

Die lading skiet tans 'n barshou en wil ek nie graag aan hom verander nie, wat ek egter wil weet is speel ek met "die bul se bal" teen daai druk?

Ek hoor graag..

ek heg sommer twee fotos aan van hoe die lading skiet op 200 en 300m
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Natuur die enigste rusplek vir die siel

.243 Ackley Imp.
6.5-06 A-Square
45-70 Marlin 1895 GBL
12 boor Browning Semi-Auto
Glock 17
Bowtech Destroyer 350
User avatar
BeesBreet
Hero Member
Hero Member
Posts: 1652
Joined: Sat Nov 22, 2014 9:03 am

Re: 243AI QL Hulp gesoek asb

Post by BeesBreet »

Katefbessie... Daai vinnigste node wat Ek gekry het se quickload is net oor 62k psi...
Wonder nou self of dit gevaarlik is?
Post Reply