Wild so in die stad
Posted: Wed Jan 13, 2016 12:25 pm
Ons het onlangs weer begin nagapies rondom die huis begin opmerk.
Maandag aand hoor ons die nagapies roep en gaan mal vir 'n lang ruk. Ek en my pa stap toe met flitse uit om te sien hoekom hul so tekere gaan. Ons sien toe drie van hul in 'n karee en soos ons nader stap spring daar skielik 'n muskeljaatkat langs ons uit 'n ander boom en loop rustig en spring toe oor na die bure.
Ons bly in Faerie Glen, Pretoria en al is ons redelik teen die berg waar daar baie oop veld is, was ek baie verbaas om die muskeljaatkat te sien.
Dit is baie lekker om so bietjie van die bosveld so in die stad te sien.