Wild so in die stad

Post Reply
User avatar
Stephan86
Hero Member
Hero Member
Posts: 553
Joined: Thu Feb 26, 2015 10:00 am

Wild so in die stad

Post by Stephan86 »

Ons het onlangs weer begin nagapies rondom die huis begin opmerk.

Maandag aand hoor ons die nagapies roep en gaan mal vir 'n lang ruk. Ek en my pa stap toe met flitse uit om te sien hoekom hul so tekere gaan. Ons sien toe drie van hul in 'n karee en soos ons nader stap spring daar skielik 'n muskeljaatkat langs ons uit 'n ander boom en loop rustig en spring toe oor na die bure.

Ons bly in Faerie Glen, Pretoria en al is ons redelik teen die berg waar daar baie oop veld is, was ek baie verbaas om die muskeljaatkat te sien.

Dit is baie lekker om so bietjie van die bosveld so in die stad te sien.
.22 LR Webley & Scott Xocet
.243 Win Tikka T3
.308 Win Sako 85
.375 H&H Steyr Mannlicher Mod S.
12 Ga Franchi Affinity
Glock 19
Glock 43X
Klein Chris
Hero Member
Hero Member
Posts: 614
Joined: Wed May 21, 2014 1:47 pm

Re: Wild so in die stad

Post by Klein Chris »

Daar by my hoor jy weer die jakkalse in die berg. Het een oggend vroeg n ystervark gekry wat pad langs berg toe gestap het
Skiet bly maar lekker
Post Reply