Page 1 of 2
Bosvark Roer
Posted: Sun Jan 03, 2016 10:11 pm
by Ritchie
Dagse julle
Ek is in die mark vir n lekker bosvark geweer. Wil graag by julle manne hoor watse roer met toerusting julle tans gebruik. Gaan vir dag(bewegende varke) en nag jag gebruik word.
Opsies waarna ek tans kyk is n 303, 30-30 of selfs n DM4(AR-15)
Hoor graag van julle
Groete
Re: Bosvark Roer
Posted: Sun Jan 03, 2016 10:18 pm
by Albert84
Ek nou vir my n 45-70 lever action gekry vir varke in die dag oor honde.
Re: Bosvark Roer
Posted: Mon Jan 04, 2016 6:12 am
by Ritchie
Het self gesink aan die 45-70 maar gedink hys dalk bietjie groot vir vinnige opvolg skote. Nog net eenkeer met een geskiet so miskien is ek verkeerd. Dit is hoekom ek na die 30-30 lever action kyk.
Re: Bosvark Roer
Posted: Mon Jan 04, 2016 6:56 am
by Thunderhead
Hi n 45 70 en 30 30 is basis op die selfde geweer gebou in n lever action so ek nie seker oor wat jy bedoel met te groot nie. Wat ek hou van hom is hy skiet n swaar koeel wat baie hard slaan en wat baie goed doen in die digte bos waar jy n bosvark sal kry. Ek het 45 70 in n dubbel en is baie happy met hom dit lyk amper asof jy n dier om klap met die caliber op kort afstand. Ek laai 350gr Ken Stewards se punte teen 1750fps. Recoil is baie gemaklik.
Re: Bosvark Roer
Posted: Mon Jan 04, 2016 8:50 am
by Ritchie
Thunderhead wrote:Hi n 45 70 en 30 30 is basis op die selfde geweer gebou in n lever action so ek nie seker oor wat jy bedoel met te groot nie. Wat ek hou van hom is hy skiet n swaar koeel wat baie hard slaan en wat baie goed doen in die digte bos waar jy n bosvark sal kry. Ek het 45 70 in n dubbel en is baie happy met hom dit lyk amper asof jy n dier om klap met die caliber op kort afstand. Ek laai 350gr Ken Stewards se punte teen 1750fps. Recoil is baie gemaklik.
Ek praat spesifiek van die recoil as ek se hy is te groot. Moet ook wel se ekt nog nie met n 30-30 geskiet nie. Ons skiet bosvarke om die lande wat die honde uitjaag so omdat die 45-70 so stadig skiet maak die bewegende teikens net so bietjie moeiliker.
Re: Bosvark Roer
Posted: Mon Jan 04, 2016 10:45 am
by Thunderhead
Hoe ver skiet julle?
Re: Bosvark Roer
Posted: Mon Jan 04, 2016 11:55 am
by Ritchie
Enige afstand van 10m tot 150m
Re: Bosvark Roer
Posted: Mon Jan 04, 2016 12:46 pm
by BeesBreet
Wat van n pomp aksie haelgeweer met slugs, sit dan net n lekker red dot sight of tritium oop visiere op...
Re: Bosvark Roer
Posted: Mon Jan 04, 2016 2:09 pm
by NJ_v_N
Ek het nou die dag n pomp aksie 30-06 (daar was n 300WM ook) by S&O raakgeloop wat in my oe n great bosvark gun sal maak. Die roer was was hier net oor die R9k as ek reg onthou. Al so afgemerk wat niemand wil hulle koop nie.
Ek skiet ongelukkig nie genoeg in die styl om dit te justify nie.
Maar n DM4 in 300BLK sal net so mooi loop.
Re: Bosvark Roer
Posted: Mon Jan 04, 2016 2:54 pm
by Ritchie
Glad nie eers aan die pomp aksies gedink nie. Dankie manne.
Voordeel van die DM4 is ek kan hom vir die pinshooting ook gebruik.
Groete
Re: Bosvark Roer
Posted: Mon Jan 04, 2016 2:57 pm
by LoopSoosStroop
Nornico T-56 gelaai met 150gr PMP soft nose teen 2050 fps? Lekker goedkoop opsie.
Re: Bosvark Roer
Posted: Mon Jan 04, 2016 3:07 pm
by Monster
Wat van n DM4 in .30 Blackout?
Re: Bosvark Roer
Posted: Mon Jan 04, 2016 4:02 pm
by Ritchie
Alles sal regtig mooi werk vir bosvarke! Julle manne in nou besig om my besluit nog moeiliker te maak;-)
Dankie vir die insette manne!
Een van my vriende het nou n 44Mag ook voorgestel. Blykbaar sukkel die manne met semi auto lisensies. Veral roere soos AR15, LM5, AK ens
Re: Bosvark Roer
Posted: Mon Jan 04, 2016 8:01 pm
by JJV
[IMG]
//images.tapatalk-cdn.com/16/01/04 ... 32a9a0.jpg[/IMG]
Weet nie van bosvark nie maar my 30-30 is dodelik op vlakvarke!
Re: Bosvark Roer
Posted: Mon Jan 04, 2016 8:32 pm
by Giepie
Dink ook 30-30 lever aksie sal mooi werk. 303 is ook nie te versmaai nie. Ruk terug by iemand wat dit gereeld doen gehoor hy verkies 303 met red dot.
Wil nog kyk hoe ek 'n red dot op my 303 kan sit.

Re: Bosvark Roer
Posted: Mon Jan 04, 2016 9:43 pm
by Ritchie
Monster wrote:Wat van n DM4 in .30 Blackout?
Monster, klink na n blink plan. Hou regtig van die DM4 reeks. Hoe sal mens so iets motiveer vir die lisensie. Om een te kry vir die 223 is al klaar moeilik.
Re: Bosvark Roer
Posted: Mon Jan 04, 2016 9:57 pm
by Capt. Yoda
Wat van een van daai goedkoop Savage roere in 30.06 of 308 dan sny jy die loop lekker kort af en skroef hom n reflex KD op.20" loop wat iets soos n 180gr Sierra Pro Hunter lekker skiet en baie hanteerbaar in en om die lande is
Re: Bosvark Roer
Posted: Mon Jan 04, 2016 10:15 pm
by Ritchie
Capt, ek het ook daaraan gedink. Die opvolg skote mag dalk net nie so vinnig gebeur as met n lever action of semi auto nie. Ek skiet nie altyd eerste keer raak nie. Haha
Maar ja n lisensie sal dan baie makliker gekry word. Skiet tans met my 308 Brno die bosvarke.
Re: Bosvark Roer
Posted: Mon Jan 04, 2016 10:17 pm
by DWB
Ek skiet met my 9.3x62 varke oor honde, Jy moet net jou geweer leer ken, Jy kan vrek vinnig met ñ slotaksie skiet, leer hom net ken.
Re: Bosvark Roer
Posted: Tue Jan 05, 2016 7:36 am
by Hein (Haan)
NJ_v_N wrote:Ek het nou die dag n pomp aksie 30-06 (daar was n 300WM ook) by S&O raakgeloop wat in my oe n great bosvark gun sal maak. Die roer was was hier net oor die R9k as ek reg onthou. Al so afgemerk wat niemand wil hulle koop nie.
Ek skiet ongelukkig nie genoeg in die styl om dit te justify nie.
Maar n DM4 in 300BLK sal net so mooi loop.
Ek het gesien die pomp aksie is nou R6500.
Het hom so bietjie hanteer en vir daai prys sal jy nie beter kry nie.
Dis die Verney-carron 30-06 pomp aksie.
Re: Bosvark Roer
Posted: Tue Jan 05, 2016 1:55 pm
by NJ_v_N
Hein (Haan) wrote:
Ek het gesien die pomp aksie is nou R6500.
Het hom so bietjie hanteer en vir daai prys sal jy nie beter kry nie.
Dis die Verney-carron 30-06 pomp aksie.
Die einste een wat ek ook na gekyk het, maar lyk my hulle raak desperaat om dit te verkoop teen daai prys.
Re: Bosvark Roer
Posted: Tue Jan 05, 2016 2:11 pm
by Hein (Haan)
Ek dink bloot die feit dat dit n pompaksie 30-06 is maak dat die manne nie n kans wil vat op die roer nie.
Bietjie ongewoon vir die meeste manne.
Na dat ek die geweer bietjie hanteer het dink ek dit sal n baie lekker bosveld en vark roer maak.
Die hout op die geweer is nie lelik nie en die aksie is seep glad.
Doeie voorraad is maar n lelike ding, as ek nie nou ander ysters in die vuur gehad het nie sou ek Saterdag een gekoop het.
Dis seker die beste koop daar buite as jy in die mark vir n vark/bos geweer, wat kan jy nog vir R6500 koop?
Re: Bosvark Roer
Posted: Tue Jan 05, 2016 4:50 pm
by spekieries
Ek sou ook dink 'n .303 met red dot en 22 duim loop. Sintetiese Armtec kolf wat die "punch kan vat"
https://www.youtube.com/watch?v=4hcky95pj-8
Re: Bosvark Roer
Posted: Tue Jan 05, 2016 6:13 pm
by karoo.vellies
Is dit wettig in SA om met semi auto gewere te jag?
Re: Bosvark Roer
Posted: Tue Jan 05, 2016 6:23 pm
by Ritchie
Ja die pomp aksie sal verseker goed werk en teen daardie prys is dit n "no brainer"!!
Nee Karoo Vellies, dit is nie eintlik wettig nie. Kan nie aansoek dien vir n semi vir jag doeleindes nie. Die rede agter die AR of Lever action is dat ek dit dan ook vir Pinshooting kan gebruik.