Magnum tydskrifte beskikbaar

Items for "Pay forward"/ Items om later te betaal...
Post Reply
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2173
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Magnum tydskrifte beskikbaar

Post by Johan Nel »

Manne,
Ek sit met 'n versameling Magnum tydskrifte van vanaf die vroeë negentiger jare tot 2013. Dis nie volledig nie, daar is uitgawes wat ek nie het nie. Ek het hierdie tydskrifte terdeë geniet en hulle oor en oor gelees. Dit het vir my altyd nuttige inligting bevat, dis egter nou besig om stof op te gaar en dis dan nou tyd om hulle aan te gee na iemand anders wat opnuut weer nut uit hulle kan kry.
As iemand belangstel, laat weet my dan maak ons reëlings om hulle aan te stuur. Dis nogal 'n lywige hoeveelheid en gaan nie 'n gewone pakkie in die pos kan wees nie. Die tydskrifte is gratis, maar die versending is vir die rekening van die ontvanger.

Groete,
Johan Nel
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Magnum tydskrifte beskikbaar

Post by DWB »

Oom Johan, as niemand hulle vat nie sal ek graag wil. Ek mag dalk vroeg in die nuwejaar Nelspruit toe moet kom, maar nog nie seker.

Maar as iemand anders dalk belangstel is dit ook reg
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2173
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: Magnum tydskrifte beskikbaar

Post by Johan Nel »

Deon,
Dis reg met my. Laat weet maar jou reëlings, dan maak ons 'n plan.
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
Post Reply