Aftsand tussen teëlgate?

Closed Group for jackal hunters only. Geslote groep vir jakkals jagters alleenlik
Post Reply
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Aftsand tussen teëlgate?

Post by James Wilson »

Ek het Donderdagaand 10 jakke geskiet waarvan 8 kleintjies was. Ek kon twee by een gat skiet en drie by n ander gat. By die eerste gat het ek n groot reun geskiet en by die volgende gat het ek n ou teef geskiet. Die ander twee het ek ver daarvan ook by n gat geskiet. Dit is op n saaiplaas wat al vir drie jaar oorlê. Die bietjie kos wat daar was is deur die beeste opgeëet. Daar is nog nooit op die plaas geroep nie. By elkeen van die gate was meer kleintjies oor as wat ek geskiet het. By die tweede gat was daar nog n groot jakkals, maar hy het nie naby genoeg gekom vir my om te skiet. Ek wou die gate bietjie anders hanteer het, maar die boer wat die bakkie bestuur het wou niks weet nie.

Wat my regtig verbaas het, is dat die teëlgate nie behoorlik 500m van mekaar is nie. Dit het ek nog nooit gesien nie. In aggenome die tetoriale strukture en sosiale kenmerke van jakkalse, wat sou die moontlike verklaring wees vir die gate om so buitengewoon naby aan mekaar te wees?
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
Heinz Petersen
Hero Member
Hero Member
Posts: 1583
Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm

Re: Aftsand tussen teëlgate?

Post by Heinz Petersen »

James, ek vra ook maar net. Kan dit nie wees dat daai jakalse nie gesteur word nie en dat daar heelwat kos aan die anderkant van die draad is.
Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Aftsand tussen teëlgate?

Post by tripodmvr »

Het dieselfde gedink oor voldoende kos sodat daar min kompetisie is. Moontlik is van die jakkalse familie - susters of broers uit 'n vorige werpsel.
Last edited by tripodmvr on Sun Jan 17, 2016 5:57 pm, edited 1 time in total.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Aftsand tussen teëlgate?

Post by James Wilson »

Ek weet gladnie hoeveel kos daar is nie. Die buurplaas is ou grondboointjie lande, en ek weet jak se kind is lief vie die lande. Kan dit wees dat dit dalk die helpertjie is wat die keer dragtig geraak het?
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
Heinz Petersen
Hero Member
Hero Member
Posts: 1583
Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm

Re: Aftsand tussen teëlgate?

Post by Heinz Petersen »

Ja James. Dit het ek al ervaar dat die helper n tyd na die ou teef haar kleitjies gehad het, dragtig was.
Waar is Cassie. Hy sal ook weet.
Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Aftsand tussen teëlgate?

Post by Geno »

Hier is 'n kaart van 'n onlangse plaas wat ons gejag het.
Die neste van vanjaar is gemerk, met afstande tussenin aangedui.
27 jakkalse is op daardie plaas gedood die aand. Nog 5 is by sy buurman geskiet.

Let veral op hoe die neste om die huis (by die 920m merk) gekonsentreer is.
Die boer jag gladnie, en besit nie 'n geweer nie. Dis lekker om daar te kom dan wys hy elke nes vir jou uit, en hy vertel jou hoeveel kleintjies in elke nes is.

CLICK OM GROTER TE MAAK.

https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Jackal/Neste.JPG
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Aftsand tussen teëlgate?

Post by cassie_calvinia »

dink nie helper sal kleintjies kry nie.
hier is gate darm so 1 in 2000ha.
hoe oud was kleintjies?
hul loop al lekker rond. en dan skiet mens hier 2, daar een, en so rol dit maar.

so ruk terug het iemand gepraat oor 'n boer wat net ry met lig, en as hy iets sien, skiet hy.
aanvanklik het ek nie gedink dit sal skade maak nie.
tot ek vrydag daar naby oom Heinz se plaas gaan jag het.
man ry ook met lig rond.
het 6 jakkalse ingeroep, maar as daai oe flash, draai hul om, en hol die rante uit.
was nie snaaks gewees nie(jammer vir hijack, moes dit net uit my gestel kry)
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
BeesBreet
Hero Member
Hero Member
Posts: 1649
Joined: Sat Nov 22, 2014 9:03 am

Re: Aftsand tussen teëlgate?

Post by BeesBreet »

By ons is stelle jakke se gebiede tussen 300 en 400ha... As daar kos is sal daar baie jakkalse wees... Landerye het baie muise en springhaas rotte assook baie voël lewe... Dus baie kos.
Wayne
Hero Member
Hero Member
Posts: 1007
Joined: Sat Mar 24, 2012 5:36 pm

Re: Aftsand tussen teëlgate?

Post by Wayne »

Cassie, we seem to also have a pair to 2000 - 2500 ha. I wish all farmers could give us as much info as Geno's clients, but again they are more concentrated in those areas.
Post Reply