Page 1 of 1

Rails

Posted: Tue Nov 24, 2015 8:27 pm
by Capt. Yoda
Yes Manne

Ek wonder nou al n rukkie oor die vraag.

Het n rail soos daai lekker rails van Geno bo op jou aksie enige ander voordeel behalwe nou die obvious goed soos om jou ringe op vas te sit en ekstra elevation op +20 Moa rails en so?

Re: Rails

Posted: Tue Nov 24, 2015 8:36 pm
by Piet Pille
Wors het my gesĂȘ dit gee bietjie ekstra rigiditeit aan die aksie ook.
Watter voordeel dit werklik meetbaar inhou weet ek nie.
(maar dit klink goed... ;) )

Re: Rails

Posted: Tue Nov 24, 2015 8:45 pm
by Striker.
Capt, ek dink dit lyn ook dalk die ringe bietjie beter op (minimaal/amper onmeetbaar) omdat dit een solide basis is as die tweestuk basisse.

Re: Rails

Posted: Tue Nov 24, 2015 9:05 pm
by Hein (Haan)
Wat ek aan kan dink.
Lyn die ringe mooi met mekaar op.
Baie opsies om ringe te monteer (na voor en na agter)
Ekstra plek vir levels ens.
En dan is daar nog die ander wat jy reeds genoem het ook.

Re: Rails

Posted: Tue Nov 24, 2015 9:08 pm
by Capt. Yoda
Piet Pille wrote:Wors het my gesĂȘ dit gee bietjie ekstra rigiditeit aan die aksie ook.
Watter voordeel dit werklik meetbaar inhou weet ek nie.
(maar dit klink goed... ;) )

Piet dit is eintlik wat ek wou vra, as n mens daar oor dink maak dit sin maar mens kan dit seker nie "meet" nie.

Kom ek vra dan nog n vraag wat ek al n rukkie oor wonder.Baie manne praat oor hoe rigied die aksie is en dat n kort aksie beter/meer akuraat is as n lang aksie agv van dit. Kort aksie met n vloerplaat of magasyn maak elk geval vir my nog minder sin met daai argument maar sodra jy die slot toe maak is die hele patroon nou basies uit jou "aksie" uit en sit mos nou in die kamer met die slot gesig agter die dop wat alles seel so wat het die rigiditeit van die aksie met die geweer se akuraatheid te doen as die skoot klap? Het dit te doen met locktime of hoe manne?

Re: Rails

Posted: Tue Nov 24, 2015 9:20 pm
by Hein (Haan)
Kaptein ek het ook al daai vraag gevra.
Die aksie is maar net die link tussen die kolf en die loop terwyl die patroon in die kamer is.
Daai aksie sal mos ook baie meer rigied as die kolf wees.
Ek besit self n eksta kort enkelskoot aksie wat mooi skiet so ek weet nie of dit dalk n skokgolf ding is nie,maar ek kan eerlik se dat ek te swak skiet om die verskil tussen n enkelskoot en repeater te kan toets.

Re: Rails

Posted: Tue Nov 24, 2015 10:28 pm
by Arnold
Hierdie is goed waaroor die wereldklas BR skuts gepla is en ek glo dat dit vir my en jou geen betekenis het nie. 'n Aksie wat haaks/true is gaan baie meer voordeel hou.

Re: Rails

Posted: Tue Nov 24, 2015 10:44 pm
by Capt. Yoda
Arnold wrote:Hierdie is goed waaroor die wereldklas BR skuts gepla is en ek glo dat dit vir my en jou geen betekenis het nie. 'n Aksie wat haaks/true is gaan baie meer voordeel hou.

Ja ek stem saam Arnold, ek hou maar net daar van om te verstaan hoe goed werk.

Re: Rails

Posted: Wed Nov 25, 2015 8:25 am
by Eugene
Ek het al paar keer gehoor dat die belangrikste faktore by akkuraatheid, die 3 B's is: Barrel, Bullets & Brass. Of dit in steen geset is weet ek nie, maar ek het al paar manne gesien wat besonderse LA akkuraatheid kry met K98 aksies en ek het al baie gehoor dat sulke aksies meer bekend is as sterk aksies as vir hulle akkuraatheid.....

Re: Rails

Posted: Wed Nov 25, 2015 1:27 pm
by Petrie303
Ek skiet met my 300wsm F-klas geweer met 'n Rem 700 long action...gewone jag aksie... Ek skiet nie slegter as enige van die die duur aksies nie...die aksie is true (Als mooi haks en reguit...)

Al verskul my loop is vas met barrel clamp an kolf...

Daar is baie goed wat mens moet reg kry soos herlaai, skiet tegniek, wind lees ens.. voor teoretiese goed soos short vs long action mens moet begin pla...

Re: Rails

Posted: Wed Nov 25, 2015 3:37 pm
by Piet Pille
Dalk bedoel hulle met "maak die aksie meer rigied" dat hy nie so maklik sal breek as hy van die bakkie af op die klippe val nie.... >:D ;)

Re: Rails

Posted: Wed Nov 25, 2015 5:37 pm
by Jackalsniper
Ek vermoed, in n kort dik dop le die kruit makliker dieselfde as in n lang dop. In n lang dop is daar bietjie meer kans dat die kruit verskillend gaan le so groepe tussen kort aksies se doppe behoort beter te wees.

Re: Rails

Posted: Tue Dec 01, 2015 12:02 pm
by ZKK
Net my opinie.
Maar as mens die teoretiese traagheids moment (moment of inertia) van die aksie gaan uitwerk, en mens gaan werk die traagheids moment van die aksie met n rail uit, behoort daar n wesentlike toename in die styfheid (rigidity) te wees.
(in ag genome dat mens die rail oordentlik aan die aksie vasheg)

So ek dink dat n rail defintief jou aksie gaan stywer maak, maar hoe groot hierdie verskil op die teiken gaan wees..........ek weet nie.

Re: Rails

Posted: Fri Dec 11, 2015 1:53 pm
by Bushpig7
Net nog iets om te oorweg.

Ons maak on scope op die aksie vas en ons maak die loop weer in die asksie vas as die asksie meer rigid is sal die loop en die scope mos heel moentlik beter opline skoot vir skoot. Ons moet onthou dat die loop op net so 25mm threads hang. As ons n askie true daan maak ons seker dat daardie threads mooi pas met die van die loop dat die twee so goed as moentlik opline na elke skoot. As hulle nie goe opline kyk die loop en die scope verskilide plekke na elke skoot.

Groete
Bushpig 7