260Rem op 1403m...
Posted: Fri Nov 20, 2015 8:45 am
Goeie more manne
Ek skiet 'n 260Rem met Lapua 139gr scenars teen 2790fps.
Ek besluit toe mos nou hier in die week dat my geskietery op 1km nie meer goed genoeg is nie, en dat ek nie my geweer se limiete 'n bietjie toets nie. Toe kry ek erens 'n stuk plaat (ongeveer 70cm lengte x 70cm breedte) en gaan hang hom toe op waar ek op hom kan skiet tot en met 1600m...
Ek skiet toe op 1200m eers twee skote net om te kyk of my drop reg is en om min of meer 'n skatting te kry van wind van die dag. Hoogte bo seevlak is so 100m en die wind het gestoot teen so gemiddeld van 7m/s. Skiet toe drie skote sonder om plaat raak te skiet, maar besluit toe om verder te gaan na die 1540m merk toe. Hier skiet ek seker 10 koeëls op die plaat sonder om enige groepering/consistency (dan hoog bo-oor, regs, dan vêr voor die plaat en baie rond en bont) te kry en skiet ook nie die plaat raak nie.
Later die dag toe vat ek maar weer 'n kans op 1403m, want ek kan darem nie huistoe gaan voor die plaat nie raak geskiet is nie. Skiet toe weer so 15 skote... Met drie skote wat daar geen stof gewys het nie. Hierdie is toe wat daar op die plaat is...