Rudolph Optics Toets (Piet)

Post Reply
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Rudolph Optics Toets (Piet)

Post by Piet Breedt »

Ek het die Rudolph op my baie akkurate .308 ge mount, en sommer die toets gedoen om n waterpassie op sy op en af turret te sit, nadat my geweer waterpas in n bankskroef geplaas was, en kan rapporteer dat sy turret presies haaks is met sy vertikale kruisdraad. Ek het dit toe bevestig met n lood lyn. Die instelwerk was sommer vinnig binne 4 skote afgehandel nadat ek dit eers ge boresight het op 25m.

Die turrets stel definitief soos wat hulle moet, met elke click wat n 1/4 duim stel op n 100m. Die turrets is bietjie styf, maar dit sal voorkom dat hy sommer uitstel. Die clicks is nie so positief as wat ek graag sal wou h? nie, of wat ek aan gewoond geraak het met die scopes wat ek gebruik. Dit voel asof dit tussen clicks stop, en nie mooi aanbeweeg tot by die volgende een, veral as jy vinnig verstel. As jy stadiger stel, voel jy wel die clicks mooi.

Ek het daardie toets wat jy een skoot skiet, dan 16 clicks links stel, weer skiet, dan 16clicks op en skiet, 16 clicks regs, en weer 16 clicks af, en kan s? dat hy weer mooi ge zero het waar hy oorspronklik was.

Die eenigste slegte eienskap wat ek kon raaksien, is dat sy parralux verstelling nie vir my baie mooi was nie. Ek kon nie kry dat die beeld vir my baie presies kon stel, en dit het my elke keer n rukkie gevat om dit weer bevredigend te verstel nadat ek van afstand verwissel het.

Ek het hom ook in die nag getoets, en daar het hy vir my meer bevredigend gewees, en was hy mooi helder en sy light gathering redelik goed met sy 56mm objektiewe lens.

Wat is my bevindinge en indrukke oor die scope?

Postiewe punte:

1. Lyk of hy lekker sterk en rugget gebou is
2. Kruishaar lekker duidelik en agterste lens verstel baie maklik en positief
3. Turrets draai nie te maklik wat sal voorkom dat hy uitstel as hy in bakkie of in sak rondry
4. Verstel baie akkuraat
5. Nag helderheid redelik goed
6. Scope baie takties van aard en sal lekker werk op die baan.

Negatiewe Punte:

1. Parralux verstelling nie van die beste
2. Lens helderheid nie so goed as wat ek graag sou wou sien
3. Clicks verstelling nie te definitief as vinnig stel soos in kompetisie.

Manne, julle moet die toets sien in die lig daarvan dat ek met baie scopes al geskiet het, en ook bederf is deur van die beste scopes in die w?reld, en dus gewoond is aan van die beste, wat dalk hierdie toets in n heel ander lig plaas as wat iemand daarna sal kyk as n eerste koper, of n nie ernstige kompetisie skut. Neem ook in ag dat my o? nie meer goed is, en dat iemand met goeie vissie dalk n heel ander prentjie sal skets as ons 3 ou toppies wat hierdie scopes getoets het. (Koos, Francois en ek)
User avatar
baboonstalker
Hero Member
Hero Member
Posts: 692
Joined: Wed Aug 25, 2010 8:37 pm

Re: Rudolph Optics Toets (Piet)

Post by baboonstalker »

ek kan julle verseker die kwelpunte sal onmiddelik opgeneem word met my Japanese vervaardiger!
Mooi man Dolph, dit is mos nou hoe 'n man kritiek hanteer - gebruik dit om jou produk te verbeter.

Voorspoed en laat weet as die 2de generasie Rudolphs geland het!
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2161
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Rudolph Optics Toets (Piet)

Post by Koos Barnard »

Dolph
Dankie, ek wag vir die scope en dankie vir die manier waarop jy ons uitslae hanteer het - dit vat 'n groot man om so te reageer. Sal graag wil sien dat jy baie sukses met die scopes het.
Groetnis
Koos
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Rudolph Optics Toets (Piet)

Post by Piet Breedt »

Ek stem saam met Koos. Nie elke man vat kritiek so goed, en ons wens jou alle voorspoed toe met jou onderneming, en as jy voortbou op sulke klie?nte diens en terugvoering, gaan jy n wen produk h?. Ek sien uit na die volgende een vir toetsing.
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Rudolph Optics Toets (Piet)

Post by Hein M. »

Rudolph Optics wrote:
Ek moet vir julle noem dat ek al my 4-16x56 TS kruishaar (100 modelle) binne twee maande uitverkoop het en ek het nog net een ou gekry wat syne teruggestuur het ? sy woorde was ?dit lyk "" op my geweer?!

Daardie ou se smaak laat veel te wense oor.  die Rudolph is regtig 'n mooi teleskoop.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
User avatar
Jaco Swart
Hero Member
Hero Member
Posts: 804
Joined: Tue Feb 16, 2010 1:50 pm

Re: Rudolph Optics Toets (Piet)

Post by Jaco Swart »

Naand Manne

"sy woorde was ?dit lyk "" op my geweer?!

Het daai man nie dalk die scope op 'n R 200 pellet gemount nie?

Groetnis
JACO SWART
Rustenburg
Noord-Wes
grumpy

Re: Rudolph Optics Toets (Piet)

Post by grumpy »

Ek is geneig om met die ou saam te stem. Die geweer lyk k-k met die scope. Die scope is te mooi om saam met die k-k geweer te pas! Hy soek een van die cheap Gamo scopes wat hulle op die lug gewere gebruik dan sal sy geweer moerse mooi lyk!!!  :laugh: :laugh: :laugh:

Hoekom moet mense altyd op iemand anders se battery piepie as hulle iets reg kry en hy is te stupid of te lui om iets te doen?
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Rudolph Optics Toets (Piet)

Post by PWV »

??? Piet, waar kan ek die waterpassie kry wat jy op jou geweer (teleskoop) monteer?

Pieter Willem Vorster  (pwvorster@vodamail.co.za)
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Rudolph Optics Toets (Piet)

Post by Beretta »

Pieter
Vat n ou waterpas en plak hom op jou scope net die buisie nie die hele waterpas nie ek het myne met n ou scope mount self gemaak hoop dit help
Beretta
Zack Benade

Re: Rudolph Optics Toets (Piet)

Post by Zack Benade »

Goeie naand Dolph

Dankie vir die geleentheid om ook my terugvoer te gee.  Ek sien jy kan negatiewe terugvoer verander na positief om so jou produk te verbeter. :angel:

Ek het nogal van die nuwe Rudolph scopes gehou maar een ding het my baie afgesit by Huntex.
As ek na 'n scope kyk met verstelbare turrets stel ek in een ding belang. 
Positiewe betroubare clicks wat jy kan voel en hoor sonder dat jou vingers "strip" in die proses.  Op die een scope was die horisontale verstelling seepglad en die vertikale verstelling het gesukkel om positief te draai.  Dit het my laat twyfel oor die scope.

Ek wil nie scopes vergelyk nie maar sal graag wou sien dat Rudolph se turret verstelling soos Leupold sin voel en Klink.  Dit gee my vertroue dat die scope wel reageer en verstel.

Groete
Zack
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Rudolph Optics Toets (Piet)

Post by Marc »

Beretta wrote: Pieter
Vat n ou waterpas en plak hom op jou scope net die buisie nie die hele waterpas nie ek het myne met n ou scope mount self gemaak hoop dit help
Beretta
Goeie raad, daai outjies gaan jou 'n hele paar rand terugsit as jy hulle in die winkels gaan soek  ;)  Maak net seker die setup is wel waterpas as jy klaar is  8)
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Rudolph Optics Toets (Piet)

Post by Piet Breedt »

Pieter Willem Vorster wrote: ??? Piet, waar kan ek die waterpassie kry wat jy op jou geweer (teleskoop) monteer?

Pieter Willem Vorster  (pwvorster@vodamail.co.za)
Pieter, ek het myne by S & O PTA gekoop by die luggeweerafdeling by Hennie vie R 200.00 elk
Post Reply