Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Francois
Daar is nie veel verskil aan die verliese veroorsaak deur jakkalse of Rooikatte nie. Albei vang lammers en die skade is R1000/lam. Dit is wel so dat die onderdrukking van die een aanleiding gee tot 'n toename in die getalle van die ander.
Onthou net,'n jakkals vang selde meer as een lam op 'n slag. 'n Rooikat gaan soos 'n tier en luiperd soms op 'n "killing frenzy" en van sommer 10 lammers op 'n streep.
Ek soek ook na nuwe maniere om skade veroorsaak deur predasie van roofdiere op my skaapboerdery te beperk.
Boere spandeer baie tyd, energie en geld aan die probleem. Nie om dit op te los nie maar slegs om die skade te beperk. Ek kan mos die tyd en geld beter gebruik om my inkomste-stroom te vergroot. Daarby is jag lekker, maar om snags in die winter agter op 'n bakkie te sit nag na nag is later ook nie meer so snaaks nie. Veral nie as jy nie in die dag kan slaap nie maar moet voortgaan met jou normale aktiwiteite.
Ek sal graag wil sien dat daar in gevalle soos genoem in die artikel behoorlike navorsing gedoen word. Ek weet nie hoe lank pas die boer die praktyk toe nie. Daar is ook van skaap na wild verander. Rooikatmis word nou om die kraal gegooi. Word die vee nou snags gekraal en is vroeer in die veld gelos? Daar word geskryf dat wildboerdery meer lonend is as skaap. Is die gemiddeldes van die 2 bedrywe vergelyk, of is 'n swak skaapboer se resultate met 'n goeie wildboer s'n vergelyk?
Geld word mos nie verkwis op predasie-beheer as jy duisende spandeer om miljoene se skade voorkom nie.
Hoe se^ hulle: "
Thus ends the lesson"
Dankie vir jou post, ek geniet nogal van die artikels daar.
ek hoor jou, dit was net baie interesant omdat dit so teen n mens se eie gevoel gaan daaroor. Net gewonder of so iets dalk al gewerk het op meer as net n enkele toetsgeval.
Ek dink as ek by een van my vriende se plase opdaag met n rooikat onder die arm as sy nuwe troeteldier en beskermer sal ek nie met ope arms verwelkom word soos gewoonlik nie
Francois
Plaasmense is nie gewoond daaraan dat julle ouens vir hulle vleis saam bring nie.
Slag en braai hom. Daar is baie mense vir wie vet rooikat 'n lekkerny is.