Sierra matchkings op Springbokke??

Post Reply
SS
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 65
Joined: Wed Jan 26, 2011 2:25 pm

Sierra matchkings op Springbokke??

Post by SS »

Dagse manne

Wil hoor of die slim manne dit sal aanbeveel of eerder af raai om springbokke met sierra matchkings te skiet. Skiet met n 25-06 en sal wel net kop en neksote skiet! Indien nee , watse punte sal julle aanraai vir daai dit???

Groete
Stefan Swarts
Glock 26 9mm, CZ .22LR, Tikka T3 Varmint 25-06 Rem, Tikka T3 Hunter 308win, Howa 1500 375 Ruger, Sako 85 375 H&H
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Sierra matchkings op Springbokke??

Post by BLOK »

Sal werk as jy net kop en nek skote skiet watse grein gaan jy gebruik.

Blok
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
SS
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 65
Joined: Wed Jan 26, 2011 2:25 pm

Re: Sierra matchkings op Springbokke??

Post by SS »

Blok

Ekke het n Tikka T3 Varmint 25-06 en gebruik tans 100gn macthkings. Die geweer is nou baie akkuraat met die punte so is bly as jy se dit sal werk op die springbokke!

Groete
Stefan Swarts
Glock 26 9mm, CZ .22LR, Tikka T3 Varmint 25-06 Rem, Tikka T3 Hunter 308win, Howa 1500 375 Ruger, Sako 85 375 H&H
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3530
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: Sierra matchkings op Springbokke??

Post by Armand Steenkamp »

Ja nee wat! Sit hom agter die oor en hy werk dodelik!
Hou die lood ini lug!
Tikka 3006Ackley
Howa 204 ruger
6.5x55Ackley
243Howa Varminter
357Taurus
303Br
.22Norinco
.38 Rossi
577/450 Martini
Brno .22Hornet
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Sierra matchkings op Springbokke??

Post by Louis102 »

My opinie:  Ek het etlike honderde springbokke met Sierra se Matchkings geskiet en hulle is te hard, veral as jy kopskote skiet.  Nadat daardie koe?ltjie deur die kop van die eerste bok is maak hy nog baie skade en loop sy eie pad.  Ek het 'n hele paar keer ander springbokke gekwes en selfs 'n paar keer twee bokke met een skoot geskiet.  Die probleem is dat die baan van daardie koe?l so rigting verander dat jy geensins kan voorspel waar dit gaan eindig nie.  Skiet eerder met Gamekings of selfs die Blitzkings werk mooi op kopskote en ek het nog selde / nooit bo-genoemde probleem met hulle ondervind nie.  As jy egter met Matchkings wil skiet (om een of ander rede), maak seker geen diere op 'n groot hoek agter die bok nie, anders gaan jy vroe?r of later probleme optel.  En die ou springbokkies hou mos juis in 'n trop, baie van hulle, behalwe die territoriale ramme.

So sou ek maar reken.

Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
Christo Els
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 430
Joined: Wed Aug 04, 2010 12:33 pm

Re: Sierra matchkings op Springbokke??

Post by Christo Els »

Dankie vir die vraag ek wou hom ookal gevra het, Maar net op die 222 se gebied
Champions keep playing until they get it right
303 Lee Metford
222 Sako
243 Brno
Blow Pipe (Pea Shooter)
User avatar
Tomcat
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 266
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:48 am

Re: Sierra matchkings op Springbokke??

Post by Tomcat »

SS

Louis 102 slaan die spyker op sy kop. Agter die blad hol daai bokkie nog baaaie ver en met die kopskootjies is hul te hard. Glo maar wat hy vir jou se! Ek weet hul skiet n barshou in die 2506 se maar is nie goed genoeg vir bokke skiet nie. Hou maar by die papier. Gamekings is myle beter vir jag.

Groete
T
User avatar
Nico de Jager
Hero Member
Hero Member
Posts: 670
Joined: Fri Mar 26, 2010 6:12 pm

Re: Sierra matchkings op Springbokke??

Post by Nico de Jager »

Jis Manne
Ek het ook n tyd terug met 100gr Matchkings in my 25-06 gejag. Ek het n hele paar springbokke en bosbokke sonder probleem geskiet. Ek het egter 2 gevalle gehad wat my laat kopkrap het.
Een was op n blesbokram wat ek skuins agter sy kop wou skiet op 180m. Met die skoot het die bok geval en ek het nog n skoot op n ander bok probeer inkry, toe ek weer sien staan die eerste bok op. Dit blyk toe dat die punt gedeflekteer het teen die bok se kopbeen en nie gepenetreer het nie. Skootplasing was goed.
Die tweede een was op n springbokram wat ek op 330m (gerange) op sy blad wou skiet. Die koeel het gedeflekteer en voor die anderkantse boud uitgekom.
Louis se die Matchk loop sy eie pad na hy deur die kop is, dan kan hy seker voor hy penetreer en tydens penetrasie ook defleteer.
Ek het nie weer met Matchk gejag nie.
Groete
Ribbok
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13663
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Sierra matchkings op Springbokke??

Post by Geno »

Ekself het een aand met 'n maat se .25 'n trek springbok in die Balfour-omgewing vashgetrap met die 100gr SMK koele, skoot was baie ver, omtrent 350m. Ek het hom mooi deur die longe geskiet, maar hy't 'n hele ent gehol en ek kon hom eers die volgende oggend kry.
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Sierra matchkings op Springbokke??

Post by Francois Marais »

SS

Ek het maar min of meer dieselle ondervinding gehad as almal met SMK 70gr 6mm in die 6mm BR, as die skootplasing nie 100% was nie, nagoes dws kopskote, is die koeel dwarsdeur die Springbok se kop sonder dat dit enige skade maak. Ek het die koeels maar so teen 3200 ft/sec geskiet en weet nie of daar n verskil sou wees as ek hulle dalk teen hoer spoed sou skiet.

My broer het lank slegs met dieselle koeels in n std 243 Win geskiet en hy het gese daar is nie beter koeels vir oeswerk in die 243 nie........

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
Gerrit Visser
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 335
Joined: Sun Oct 10, 2010 4:47 pm

Re: Sierra matchkings op Springbokke??

Post by Gerrit Visser »

Ek het 2010 twee springbokke weer moes skiet met 'n 308 omdat die SMK soos 'n spyker deur die koppe is en geen ekstra skade gemaak het nie. Gebruik vanjaar Nosler BTip punte en is baie tevrede, maak 'n m@@rse groot gat en kos ook amper die helfte. Sal nie aanbeveel om 'n springbok op die blad te skiet met die Nosler BTip nie.

Gert
Post Reply