My lang afstand probeerslag

Everything regarding Long Range Shooting and Hunting here / Alles rakende Langafstand skiet en jag hier
Post Reply
marco

My lang afstand probeerslag

Post by marco »

Ek en my vrou het vanoggend n bietjie gaan oefen vir n opkomende kompetiesie op calvinia waar ons valplaate sal skiet vanaf 300m tot 900m. Die plaate se groote is 300mm by 300mm en daars 3 skote vir 3 plaate. Ons het vanmore gaan oefen op n gong van dieselfde groote wat ons geskyf het vanaf 300m tot en met 600m... die weer was mooi maar warm +- 26 grade... wind is geskat op 7 mph en die afstand is gemeet met n range finder. Reels vir die kompetiesie se geen rus behalwe n baksteen met n skaapveletjie oor en jou hand agter . Ek kan nie so oor n steen le en skiet nie... ek het toe my hand voor gebruik en niks agter nie... Foto is van n 6 skoot groep op die plaat op 600m geskiet. ek sal probeer om die video link op you tube te laai..
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Rudiejacobs
Full Member
Full Member
Posts: 213
Joined: Tue Jan 06, 2015 2:41 pm

Re: My lang afstand probeerslag

Post by Rudiejacobs »

Jeuk my finger darem nou!
Nice!!
30 06 Marlin XL7
25 06 Savage long range hunter.
12G Franchi pomp aksie
Tanfoglio 9mm(kort)
.38 SPL Rossi

The future belongs to those, who believes in the beauty of thier dreams.
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: My lang afstand probeerslag

Post by joe rocket »

Netjies geskiet Marco!
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
User avatar
alecjohnson
Hero Member
Hero Member
Posts: 2656
Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm

Re: My lang afstand probeerslag

Post by alecjohnson »

Nice! baie goed gedoen.
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: My lang afstand probeerslag

Post by ruaanb »

netjies ou maat gin springbok is veilig naby jou nie
User avatar
Speelmansjagter
Hero Member
Hero Member
Posts: 651
Joined: Sat Jun 15, 2013 5:39 pm

Re: My lang afstand probeerslag

Post by Speelmansjagter »

Mooi man....
Goed gedoen
.22Lr Norinco,.22Lr Mauser, .22 Hornet, 7 x 64 Brenneke, .30-06 Springfield, 9.3 x62 Mauser, .338 Lapua, BSA shotgun, 9mm Par
User avatar
Jaco v Zyl
Hero Member
Hero Member
Posts: 729
Joined: Wed Apr 01, 2015 4:39 pm

Re: My lang afstand probeerslag

Post by Jaco v Zyl »

Baie goed gedoen Marco.
Vertel ons bietjie meer oor jou geweer, kaliber, punt en spoed.
Dit lyk of dai roer en sy drywer mooi werk.
Groete
Jaco
User avatar
Speelmansjagter
Hero Member
Hero Member
Posts: 651
Joined: Sat Jun 15, 2013 5:39 pm

Re: My lang afstand probeerslag

Post by Speelmansjagter »

Ja. Ek wil ook weet...
Scope?
.22Lr Norinco,.22Lr Mauser, .22 Hornet, 7 x 64 Brenneke, .30-06 Springfield, 9.3 x62 Mauser, .338 Lapua, BSA shotgun, 9mm Par
marco

Re: My lang afstand probeerslag

Post by marco »

Dankie manne.. Janee daai roer is reg... Dit was n std zastava 243 wat ek die loop van uitgeskiet het... Johan Morkel het die matchgtade pacnor 1-10 loop vir my opgesit en n ackley kamer gesny... tans loop hy met 20 moa rail wat ek self geboor en getap het..
Lading:
Lapua doppe
43.8 gr 365 lot 76
87 gr hornady V Max
Sb std primer
teen 3210 fps..
Scope is n Votex 6-24×50 PST met Moa kruis.

Kolf is n boyds wat ek self gepak het..
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3529
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: My lang afstand probeerslag

Post by Armand Steenkamp »

Joh!! Eendag as ek groot is. Mooi man marco
User avatar
Francoisv
Hero Member
Hero Member
Posts: 1615
Joined: Wed Jan 01, 2014 10:39 pm

Re: My lang afstand probeerslag

Post by Francoisv »

Wel gedaan.
Francois Vogel
marco

Re: My lang afstand probeerslag

Post by marco »

More dankie manne... Ek hoop dit gaan so goed by die kompetiesie ook... Ek moet se my vrou het ook geskiet met haar hand bo op die baksteen en het ook die gong seer gemaak vanaf 300 tot 600 m..
Pumba
Full Member
Full Member
Posts: 118
Joined: Fri Oct 16, 2015 7:53 am

Re: My lang afstand probeerslag

Post by Pumba »

Marco,

Op watter afstand is die groepie op die plaat.

Ek is van mening dat as jy n 1minute groep kan skiet op die lang afstande dan het jy besonders goed gedoen.

Baie ouens sal n 2" groep plaas wat op 600m geskiet is maar in realiteit met in agneming van wind en buit faktore dan sal n 6" groep op 600m as jy dit as reelmaat kan skiet die norm wees om jou potesiaal te meet aan.

Wat besonder goed sou wees in my oe.

met weglating van jou 1 weg skoot is die groep n besonderse goeie groep.

Wel gedaan !

edit: Ekskuus ek sien dit is op 600m geskiet. Dis n baie mooi groep hiedie!
Post Reply