Nagsig, ja of nee?
- cassie_calvinia
- Hero Member

- Posts: 4529
- Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm
Nagsig, ja of nee?
die laaste tyd is hier baie gepraat, oor pulsar, nite site, en natuurlik die ou staatmaker, lightforce.
wat is die pro's en con's van nagsig?
hoekom werk dit vir jou, of hoekom nie.
en nou praat ek spesifiek van jakkals jag.
ja, daai een jakkals wat ligsku is, kan dit dalk werk. en, ek se dalk, want hy is dalk al klaar roeper skelm ook.
hoekom sal jy nagsig koop, ipv dagroep maak?
my redes hoekom ek nie nagsig eers sal oorweeg nie, is....
1: wind...1-2m/s wind ruik jakkalse jou al op 300m. nou kom hul onder wind in, en, jy weet nie eers van hul nie. dan maak jy daai jakkals baie skelmer met jou nagsig, as met jou LF.
2: as 2 jakkalse inkom, maar die een is so 400m voor die ander een, nou skiet jy eerste een, meantime is die ander een nie ver nie, maar jy sien hom nog nie. nou roep jy verkeerde goed, in die verkeerde situasie, en daar vang vlekkie graad.
en, wat maak jy as jy jakkals raakry? nou is hy op 300m, en 300m moet hy dood, nou kan jy hom nie sien in jou nagsig scope nie daar kom nog een weg.
maar, my grootste ding is die wind. jy kan nie die situasie opsom as jy nie 100% weet wat om jou aangaan nie, en dit gaan jy net weet as jy kan sien, en jy kan net goed sien met 'n LF lig.(praat nou daar waar jakkals jou kan begin ruik).

HOU HOM DAAI DIKTE
-
Werfbobejaan
- Newbie

- Posts: 24
- Joined: Sun Nov 04, 2012 4:05 pm
Re: Nagsig, ja of nee?
Cassie my buurman het 'n nite site gekoop maar ek sal nie met hom reg kom nie. Die field of view is eerstens vir my te klein
die lig van die skerm maak my oë seer. Om met 'n lig te soek is net vir my baie makliker. Dit is maar my opinie weet die ouens het al 'n paar skelms uit gehaal in so geval sal ek maar iemand met nagsig kry om my te help. Sal ek een koop nee as 'n ander ou met hom reg kom goed vir hom.
die lig van die skerm maak my oë seer. Om met 'n lig te soek is net vir my baie makliker. Dit is maar my opinie weet die ouens het al 'n paar skelms uit gehaal in so geval sal ek maar iemand met nagsig kry om my te help. Sal ek een koop nee as 'n ander ou met hom reg kom goed vir hom.
- cassie_calvinia
- Hero Member

- Posts: 4529
- Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm
Re: Nagsig, ja of nee?
my vraag bly steeds, hoe weet jy as die jakkals onder die wind is? se 350-400m?
HOU HOM DAAI DIKTE
-
Mac
- Hero Member

- Posts: 1172
- Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm
Re: Nagsig, ja of nee?
Jy is of blerrie goed of wonderbaarlik gelukkig as jy onder alle omstandighede altyd weet dat een of meer jakalse 300 tot 400m onder jou wind is, tensy jy op die Bonnivale flats or kgalagadi pan jag. daar is amper altyd voue of effe dooie grond wat hulle meesterlik kan en wel gebruik.
Occasionally mistaken for a responsible adult
It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
-
222 Sako
- Full Member

- Posts: 224
- Joined: Wed Mar 05, 2014 8:40 am
Re: Nagsig, ja of nee?
Waar dit my al gehelp het is met voorsit by vangste, maar dan werk ek nie met roeper.
-
Pieter
- Sr. Member

- Posts: 479
- Joined: Mon Aug 17, 2009 6:28 am
Re: Nagsig, ja of nee?
Cassie, my gedagtes ook, ek oorweeg dit om nagsig te koop, maar die skaapvoer kom 1ste, ek weet ook nie van die klomp slim gemaakte jakkalse wat hier in die Boesmanland rondloop nie, die oomblik as jy in die veld is weet hulle van jou, weet waaroor dit gaan, en sal nie inkom nie, al wat my help, is die rooilig op die bakkie waarmee ek ry, dit gooi hul redelik uit en ek kry so hier en daar een geskiet, my laaste reun was so 7jaar oud, hy het geskree, so 800m,, maar nie ingekom nie, ek het na hom gery, hy het net na die lig gestaan en kyk, net daai verandering van die gewone bakkie ligte.
My gedagte is om 'n nagsig vêrkyker te kry, en dan as die jakkals binne skietafstand is, dit op die gewone manier te doen, en sy maat met die omkyk uit te haal.
Groetnis
My gedagte is om 'n nagsig vêrkyker te kry, en dan as die jakkals binne skietafstand is, dit op die gewone manier te doen, en sy maat met die omkyk uit te haal.
Groetnis
-
Suidwes
- Full Member

- Posts: 104
- Joined: Fri Jul 13, 2012 2:52 pm
Re: Nagsig, ja of nee?
Ja Cassie, ek stem saam met jou.
Ek gebruik wel nagsig, maar glad nie as ek roep en skiet nie. Word net gebruik by voorsit van waters. Ek weet nie of ek my verbeel nie, maar dit is asof die jakkals meer toegewend is met die reuk by waters, Ek het al 3 jakke by die water geskiet wat onder my wind ingekom het en een van die drie, was my sigaret nog in my mond toe hy val. Ek het in total al 16 jakkalse by die water geskiet met voorsit en die nagsig. Ek skiet egter met die lig, ek kyk net met die nagsig en 2 jakke het al weggehardloop as ek daardie lig begin oopdraai. So hulle is definitief ligsku.
Groete

Donkie
- Newbie

- Posts: 25
- Joined: Mon Nov 09, 2015 9:08 am
Re: Nagsig, ja of nee?
Dag sê Manne.
Ek sit nou al 'n hele ruk en worstel met die vraag van watter telleskoop ek op my .220 moet sit spesifiek vir die jakkals jag, nagsig of gewoon... Dit is toe dat ek nou op die onderwerp van julle af kom. Ek het die Desember saam met 'n oom gaan jakkalse skiet wat dit nou al vir meer as 20 jaar doen, met die dat ek wil leer by iemand wat nou ook al die storie ken.
Hy glo dat mens nie jakkalse moet roep en skiet met enige ander ding as nagsig nie. Ek het hom toe baie uit gevra oor dit. Omdat ek weet dat die afstand gewoonlik 'n faktor is met die nagsig het ek hom spesifiek daar oor uit gevra en sy antwoord was dat sy verste skoot met die nagsig oor die 350m was.
My probleem is net dat hy met 'n Gen.3 nagsig scope skiet wat heel uit my prys klas is en ek weet nie of die Gen.1 scopes goed genoeg gaan wees vir jakkals skiet nie. Mens wil ook nie geld spandeur op 'n ding wat jy dalk na die eerst aand uit vristrasie teen 'n klip gaan stukkend gooi nie.

- Reggie Gerber
- Hero Member

- Posts: 1223
- Joined: Wed Aug 10, 2011 3:19 pm
Re: Nagsig, ja of nee?
Donkie van watter area is die man wat jy mee saam gejag het?
Reggie
Reggie
- Heinz Petersen
- Hero Member

- Posts: 1583
- Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm
Re: Nagsig, ja of nee?
Nagsig vir my, nee.
Ek het nog nie eenkeer gewens ek het n nagsig nodig gehad nie. Wat jy met n goeie lig met dimmer jakkalse skiet regverdig dit nie die prys wat jy gaan betaal vir nagsig toerusting nie.
Ek het nog nie eenkeer gewens ek het n nagsig nodig gehad nie. Wat jy met n goeie lig met dimmer jakkalse skiet regverdig dit nie die prys wat jy gaan betaal vir nagsig toerusting nie.
Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
-
Donkie
- Newbie

- Posts: 25
- Joined: Mon Nov 09, 2015 9:08 am
Re: Nagsig, ja of nee?
Hi Reggie,
Hy is van Winterton in Natal.
Hy is van Winterton in Natal.
- Reggie Gerber
- Hero Member

- Posts: 1223
- Joined: Wed Aug 10, 2011 3:19 pm
Re: Nagsig, ja of nee?
Donkie
So gedink
Ek ken hom
So gedink
Ek ken hom
- Reggie Gerber
- Hero Member

- Posts: 1223
- Joined: Wed Aug 10, 2011 3:19 pm
Re: Nagsig, ja of nee?
Van waar is jy Donkie?
-
Donkie
- Newbie

- Posts: 25
- Joined: Mon Nov 09, 2015 9:08 am
Re: Nagsig, ja of nee?
Ek is self ook van Winterton, maar werk tans in Bronkhorstspruit.
-
Tallies
- Jr. Member

- Posts: 87
- Joined: Sat Aug 18, 2012 10:04 pm
Re: Nagsig, ja of nee?
Ek het die nite site eagle en 'n swart filter op my LF. Nagsig het sy plek maar dis nie die alpha en omega nie. Daar is tye waar ek hom gebruik en plekke waar dit nie nodig is nie. Daar is 'n dimmer op die skerm om die wit te verdof en jy kry 'n filter wat die "glare" heel wat verminder.
- Jackalsniper
- Hero Member

- Posts: 630
- Joined: Sun Sep 23, 2012 9:39 pm
Re: Nagsig, ja of nee?
Nagsig werk bv nitesite se wolf en eagle werk goed daar waar jakke al meer as een keer op gelig en moontlik misgeskiet is, dit help om in aand met maanskyn jou bakkie goed te camo, en dan in n boom se skaduwee te sit as daar bome naby is soos hier in die suidkaap heelwat bloekom bosse plek plek uitmekaar uit. jy kort nog altyd n goeie teleskoop met n groot lens voor om genoeg lig in te neem, maar jy soek jakke met 3-6 vergroting . Dis iets om aan gewoond te word om scope heel nag op en af te draai en natuurlik sleg vir die scope oor langtermyn. Maar waar dit definitief help is om skelm jakke te kry en as n boer sukkel is hy bereid om jou heelwat meer te betaal gewoonlik rondom R3000. Hier in die suidkaap loop die jakke meer en verder in maanskyn aande en n nagsig scope werk natuurlik nog beter in maanskyn. EK spaar nog vir myne,maar ek het twee vriende wat altwee die nitesite wolf het en mooi regkom met hulle.
Last edited by Jackalsniper on Sun Jun 12, 2016 9:15 am, edited 1 time in total.
- Jackalsniper
- Hero Member

- Posts: 630
- Joined: Sun Sep 23, 2012 9:39 pm
Re: Nagsig, ja of nee?
Soos van julle manne weet het ek toe n NiteSite Eagle gekry. Eerste probleempie wat ek gehad het is sy bracket pas nie tussen my 30mm meopta en rail deur nie,maar toe besluit ek inplaas van die scope losmaak om bracket permament op te sit, bou ek toe n bracket wat aan my skietstoel se gun vise vaskom. Ek het hom met sy eie 25mm bracket op my .22 getoets maar die meerderheid van die IR se lig skyn nie daar waar ek wil sien nie,maar met die gemaakte bracket op die stoel kon ek toe die IR unit se ligstraal oplein met my scope se sigveld. Nou kan n man sien. Het n filter op sy screen geplak om die ekstra lig te dim, en verder gebruik ek nie naastenby al sy skyn vermoe om te lig nie, die IR is omtrent halfpad heel aand anders raak mens blind van op bosse en bome naby raaklig wat te helder wys. Dis moeilik om 360 grade te cover deur n teleskoop, so ek het baie vinnig my staanplek so gekies dat ek eerder teen n rand of digte bos parkeer en nader aan 180 grade soek.As mens n groot oop vlakte het aan alle kante kan 360 grade werk,maar wat ek doen, omdat my lig nie op my geweer sit nie, kan ek met gedimde lig soek vir n oog wat inkom en afsit en oorgaan na nite site.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- andre007
- Hero Member

- Posts: 2234
- Joined: Tue Jul 17, 2012 12:59 pm
Re: Nagsig, ja of nee?
Wat prys so setup?Jackalsniper wrote:Soos van julle manne weet het ek toe n NiteSite Eagle gekry. Eerste probleempie wat ek gehad het is sy bracket pas nie tussen my 30mm meopta en rail deur nie,maar toe besluit ek inplaas van die scope losmaak om bracket permament op te sit, bou ek toe n bracket wat aan my skietstoel se gun vise vaskom. Ek het hom met sy eie 25mm bracket op my .22 getoets maar die meerderheid van die IR se lig skyn nie daar waar ek wil sien nie,maar met die gemaakte bracket op die stoel kon ek toe die IR unit se ligstraal oplein met my scope se sigveld. Nou kan n man sien. Het n filter op sy screen geplak om die ekstra lig te dim, en verder gebruik ek nie naastenby al sy skyn vermoe om te lig nie, die IR is omtrent halfpad heel aand anders raak mens blind van op bosse en bome naby raaklig wat te helder wys. Dis moeilik om 360 grade te cover deur n teleskoop, so ek het baie vinnig my staanplek so gekies dat ek eerder teen n rand of digte bos parkeer en nader aan 180 grade soek.As mens n groot oop vlakte het aan alle kante kan 360 grade werk,maar wat ek doen, omdat my lig nie op my geweer sit nie, kan ek met gedimde lig soek vir n oog wat inkom en afsit en oorgaan na nite site.
"Mag ek nooit onthou word vir dit wat ek gejag het nie, maar eerder vir hoe ek gejag het."
Groete
Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
Groete
Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
-
Friedland
- Full Member

- Posts: 196
- Joined: Tue Jun 23, 2015 11:53 am
Re: Nagsig, ja of nee?
Ek is nie n jakkalsjagter nie, maar het n Wolf gekoop om by die water in die nag wild te skiet om hulle nie skrik te maak nie. Ek skiet met n silencers en .375 want die bok moet le so na aan die water vir optel. (Dis maar weens die terrein). Ek het nou al 6 jakkalse so by die water geskiet met die nagsig. Die een sommer so 5 min na ek n bok geskiet het. Die jakkalse by my is baie skelm en hulle is baie op hulle gemak in die stiknag donker. Gevind hulle kom drink by my so 2 ure na sononder of so 2 ure voor sonop. Uit daai oogpunt werk die Nitesite soos n droom.
- Jackalsniper
- Hero Member

- Posts: 630
- Joined: Sun Sep 23, 2012 9:39 pm
Re: Nagsig, ja of nee?
Wolf is rondom R14 d en Eagle R17 d.
-
nols
- Full Member

- Posts: 116
- Joined: Mon Jul 11, 2011 8:46 pm
Re: Nagsig, ja of nee?
Is dit nie baie ongemaklik en vreemd om met die nitsite te skiet nie? Jy kyk mos nie
meer deur jou scope met geweer in die skouer nie? Hoe is jou sneller beheer nou?
Of hoe skiet julle met daai nitesite?
meer deur jou scope met geweer in die skouer nie? Hoe is jou sneller beheer nou?
Of hoe skiet julle met daai nitesite?
-
Friedland
- Full Member

- Posts: 196
- Joined: Tue Jun 23, 2015 11:53 am
Re: Nagsig, ja of nee?
Ek skiet regtig baie lekker met hom. Die skiet posisie is effe snaaks omdat jy meer regop sit maar vir my baie gemaklik. Ek dink kinders sal baie goed skiet met dit want dis soos tv speletjies.
-
johans
- Hero Member

- Posts: 1446
- Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm
Re: Nagsig, ja of nee?
hoekom het jy die eagle gekoop?Jackalsniper wrote:Soos van julle manne weet het ek toe n NiteSite Eagle gekry. Eerste probleempie wat ek gehad het is sy bracket pas nie tussen my 30mm meopta en rail deur nie,maar toe besluit ek inplaas van die scope losmaak om bracket permament op te sit, bou ek toe n bracket wat aan my skietstoel se gun vise vaskom. Ek het hom met sy eie 25mm bracket op my .22 getoets maar die meerderheid van die IR se lig skyn nie daar waar ek wil sien nie,maar met die gemaakte bracket op die stoel kon ek toe die IR unit se ligstraal oplein met my scope se sigveld. Nou kan n man sien. Het n filter op sy screen geplak om die ekstra lig te dim, en verder gebruik ek nie naastenby al sy skyn vermoe om te lig nie, die IR is omtrent halfpad heel aand anders raak mens blind van op bosse en bome naby raaklig wat te helder wys. Dis moeilik om 360 grade te cover deur n teleskoop, so ek het baie vinnig my staanplek so gekies dat ek eerder teen n rand of digte bos parkeer en nader aan 180 grade soek.As mens n groot oop vlakte het aan alle kante kan 360 grade werk,maar wat ek doen, omdat my lig nie op my geweer sit nie, kan ek met gedimde lig soek vir n oog wat inkom en afsit en oorgaan na nite site.
.22 mauser,223,22-250,12 boor,12boor pomp,cz9mm,glock19,.22magnum
- Jackalsniper
- Hero Member

- Posts: 630
- Joined: Sun Sep 23, 2012 9:39 pm
Re: Nagsig, ja of nee?
Twee van my vriende het nite site wolf en altwee het gese dat jy nie verder as 150m kan ID tussen n jakkals en bakoor of aardwolf ens nie. so toe kry ek maar een met meer IR. moet se ek kan al op 300m sien wat inkom,maar sal nie sommer verder as 150m skiet nie. jakke kom gelukkig vrek naby,so dat hulle in di bakkie sal vas hardloop as hul jou nie ruik nie
-
Henry 7
- Hero Member

- Posts: 511
- Joined: Fri Mar 30, 2012 9:14 am
Re: Nagsig, ja of nee?
As daai die pad is wat jy wil stap koop die kleinste model en sit net 'n ir filter op jou spotlight--hoekom?--want al drie modelle se screens is presies dieselfde,prysverskil is dat die duurder modelle meer ir ligte in het.