Die Blinde Sambok...

Hou dit skoon en onsuggestief, dit is 'n openbare forum en enige iets wat nie pas nie sal verwyder word.
Post Reply
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Die Blinde Sambok...

Post by FHM »

DIE BLINDE SAMBOK

Ons Afrikaners het n oulike manier om n ding te beskryf.Die term Blinde Sambok verwys na n situasie waartydens jy n strik vir iemand stel,en dan self daarin val..Dit is egter geensins oulik as jy self daardeur gaan nie.

In die vroe negentigs het ek n werker gehad met die naam James.Sy naam is geensins gekoppel aan die naam Johannes nie.Johannes is n Bybelse naam.Die enigste plek waar James in die Bybel sou kon inpas,is waar die Duiwel beskrywe word.

Hy het die besonderse vermoe gehad om my daagliks teen die mure uit te dryf.Hy sou die Dalia Lama en Ghandi in psigopate kon verander binne twee minute.
Sy ergste wandaad was egter om drank te steel,nie enige drank nie,maar my Red Heart.

Nou vir die van julle wat my ken,sal weet dat ek redelik emosioneel kan raak oor Red Heart.Dit is die edelste vog wat nog uitgevinne is.Ek sal die persoon wat dit uitgevind het prys tot drie dae na sy dood.

Ek weet nie hoe die Seun van Afrika dit reggekry het nie,maar my Red Heart het verdwyn,en elke keer wat dit gebeur het,was die gesuip.Ek noem hom Seun van Afrika,maar eintlik was hy n Hoerkind van Gam.

Oom Jan Diamantjies was n goeie vriend. Terloops ,sy naam verwys nie na sy sukses as Diamantsmokkelaar nie,maar aan sy gewoonte om die Elfde Gebod gereeld te verontagsaam.Die Elfde Gebod,vir die van julle wat nie weet nie,lui,jy sal nie gevang word nie.Hy,en die manne van die SAP se Goud en Diamanttak,was al amper op eerstenaam terme,en meer vriende as opponente.

Oom Jannie het,in sy wysgeid,besef dat, indien die drankstelery nie gaan eindig nie,ek in die tronk gaan beland weens die moord op James,wat al in n gevorderde stadium van beplanning was.

Hy het op n Maandagoggend by my aangekom met n klein Bruin botteltjie,waarop die naam,Croton Oil geskrywe was.Hy het my in kennis gestel dat die inhoud van die Bottel,daadwerklik sou bydrae tot James se absolute rehabilitasie.Twee of drie druppels in n halwe bottel Red Heart sou James genees van sy gewoonte om drank te steel,so veel so,dat indien hy die gevolge van die Croton Oil sou oorleef,hy moontlik homself sou kon bekere.

Croton Oil,het oom Jannie aan my verduidelik,was n vreesaanjaende purgasiemiddel,sou jy dit inkry,gaan jou maag verskriklik aan werk en jy gooi blykbaar vreeslik op.

Ek het toe maar besluit om n halwe bottel Red Heart op te offer om n einde te maak aan die gestelery.Ek het nie twee of drie druppels,soos oom Jannie aan my gese het,in die bottel ingegooi nie,maar twee of drie teelepels van die Bruin vloeistof.Ek het die bottel onder gemerk deur n wit kruis met Tippexs op te sit.
Soos verwag,het die drank weer verdwyn,van die halwe bottel het net n kwart oorgebly.James het terselftertyd ook verdwyn.Hy was vir n week lank in die Hospitaal.Toe hy terugkom,was hy n goeie tien Kilogram ligter,en het hy my drank ten alle kostes vermy.

Tyd het verbygegaan en geen,maar geen van my drank het weer verdwyn nie.

Ek,oom Jannie,Dirk en n jongeling het een Saterdag gaan eende jag.Dit was in Juniemaand.Nou ,vir die van julle wat Standerton se klimaat ken, sal saamstem dat daar in die Winter net n sifdraad tussen die plek en die Suidpool is.Dit was moer koud.

Ons het, met ons terugkeer,in die Lapa gaan sit,om n reuse vuur,net om weer gevoel terug te kry.Die jongeling is aangestel as Kroegman vir die aand se verrigtinge.Weens die koue en ontbering,moes ons n redelike hoeveelheid Rum verorber om weer lewe te kry.Die eerste bottel het nie lank gehou nie,en die kuier het al te gesellig begin verloop.Die kroegman het hom ook uitermatig goed van sy taak gekwyt.

Na nog n rondte deur die jongeling aan ons gelewer is,het oom Jannie,na n paar slukke,n snaakse uitdrukking op sy gesig gekry.Ek het ook die gevoel gekry dat die Rum effe anders smaak,maar het maar aanhou drink.

Oom Jannie het ongemaklik op sy stoel begin rondskuif en effens bleek om die kiewe begin raak.Hy het skielik doodstil geraak,toe opgespring,en met n moerse spoed koers gekies Populierbos se kant toe.Ek en Dirk het nog niks makeer nie.Oom Jannie het na n ruk teruggekeer en my gevra wat ek met die bottel Rum,wat ek vir James gedokter het ,gedoen het.Ek het vir hom gese dat daar nie veel oor was nie,en dat die bottel gemerk was.Oom Jannie het gese dat ek en hy weet dat die bottel gemerk was,maar dat hy twyfel of die jong stront wat kroegman was,dit ook geweet het.

Ons het die jongeling vinnig nadergeroep en gevra dat hy die bottel ,waaruit die laaste rondte gekom het,moet saambring.Toe ons die bottel omkeer,is ons ergste vrese bewaarheid,n wit kruis was duidelik aan die onderkant sigbaar.Oom Jannie was ewe skielik nie meer effens bleek nie,maar doodsbleek.Hy het in n bewerige stem vir my gevra hoeveel Croton Oil ek in die bottel gegooi het.Toe ek hom die antwoord gee,het hy grasgroen begin raak. Die sweet wat op sy voorkop uitgeslaan het,het onbeskaamd gemeng met die trane wat uit sy oe gestroom het.Sy onderlip het onbeheerst begin rondspring.Ek het gereken dat slegs oom Jannie geaffekteer was.Net toe ek gerus begin raak,het dit ewe skielik gevoel asof iemand n slinger by my naeltjie ingedruk het,en met rukbewegings begin draai het.

Ek en Dirk het feitlik gelyk by die draadhekkie uitgekom wat Populierbos toe gelei het,uitgekom,oom Jannie was reg agter ons.Daar het ek gesien dat n man sy broek,onderbroek,kouse en skoene ,terwyl hy voluit hardloop,uittrek.Ek wou Dirk nog komplimenteer oor die besondere prestasie,toe ek besef dat ek besig is om dieselfde te doen.Mens,almal van ons wat in die Weermag was,weet wat gyppoguts was.Wat toe gevolg het,sou die ergste Army gyppoguts na n patetiese,flou grappie laat lyk.Mense,dit was verskriklik,dit was werklik n strontspul van formaat.Ek was eers bang ek gaan vrek,en het toe maar gewens dat ek gaan vrek.
Die situasie het toe verander van sleg na verskriklik beroerd.Ons het onbeheerst begin opgooi,nie katte geskiet nie,maar hulle gelanseer.Die Amerikaners het n beskrywende term daarvoor,hulle noem dit,VIOLENT PROJECTILE VOMITING.

Die jongeling,het intussen,heel beangs ,ons vrouens gaan roep.Nou,die dames met wie ons op daardie stadium getroud was,se simpatievlak met ons,het gewissel tussen min en fkol.Toe hul egter sien hoe gehawend en beroerd ons gelyk het,het hulle dadelik vir Dok Meyer gebel.Hy het,nadat hy gehoor het van die Croten olie,onmiddelik sy kollega op Standerton gekontak en hom gese hy moet solank by die Hospitaal vir ons wag.

Wat toe gevolg het was werklik vernederend,die vrouens het ons agterop die Blou F100 bakkie gelaai,broekloos en kaalpoot,hulle het darem vir ons elkeen n handdoek gegee om die Kaart en Transport gedeelte toe te hou.Die koue was in elk geval so erg dat jy n vergrootglas nodig sou gehad het om enigeiets van belang te kon sien.Ons is toe afgevoer Hospitaal toe,waar ons die volgende mislike drie dae spandeer het.Met al die drade en drips het ons gelyk soos drie Frankensteins in wording.

Ek het darem die volgende dag my spraak teruggekry en by monde van my vrou n boodskap vir James gestuur.Hy het duidelik die boodskap gekry,toe ek terug op die plaas kom,was hy en sy stroois weg,ek het ,gelukkig vir hom,hom nooit weer raakgeloop nie.
Om Jannie het n paar dae later opgedaag,toe ek hom groet het hy net geknor.Hy het my gevra waar die oorblywende Croton OIL is,dit toe gevat en my duidelik in kennis gestel dat ek te onverantwoordelik is om so iets te besit.

Dirk en oom Jannie het my darem na n ruk vergeef,maar dit was opmerklik dat hulle,as hulle kom kuier ,hul eie bottels drank saamgebring het.Hulle het ook,voordat hulle iets geskink het,die bottels omgekeer en duidelik ondersoek vir enige tippex merke.
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Die Blinde Sambok...

Post by Jean Marais »

Francois, kyk ek is nou gladnie 'n rum drinker nie, maar ek sal bittergraag eendag ene saam met jou om 'n kampvuur wil deel. (sal my eie saambring)

Baie mooi storie
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
User avatar
alecjohnson
Hero Member
Hero Member
Posts: 2656
Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm

Re: Die Blinde Sambok...

Post by alecjohnson »

Dankie ek het my nou pap gelag, dit het so tussen deur die trane lag my 20minute geneem om te lees!
Neewat as ek eendag sou kom kuier sal ek ook maar my eie bottel bring >:+ , dankie vir die headsup! :laugh: :laugh: :laugh:
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Die Blinde Sambok...

Post by FHM »

Manne :laugh: - ek lag nogsteeds, het die storie van n pel per e-pos ontvang - wetie waar die oorsprong is nie - maar beslis in Standerton se wereld. :laugh:
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Die Blinde Sambok...

Post by ruaanb »

skitterend!
User avatar
alecjohnson
Hero Member
Hero Member
Posts: 2656
Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm

Re: Die Blinde Sambok...

Post by alecjohnson »

FHM wrote:Manne :laugh: - ek lag nogsteeds, het die storie van n pel per e-pos ontvang - wetie waar die oorsprong is nie - maar beslis in Standerton se wereld. :laugh:
Dit is nou 'n bitjie van 'n demper, Ek dag JY het die storie geskryf! :laugh:
Gabriel Lewis
Newbie
Newbie
Posts: 41
Joined: Thu Sep 03, 2015 5:26 am

Re: Die Blinde Sambok...

Post by Gabriel Lewis »

Lekker gelag!! Dankie dat jy dit gedeel het met ons. Dit was nou die perfekte manier om n naweek mee te begin
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Die Blinde Sambok...

Post by Hein M. »

:laugh:

Mooi man! Lekker gelag
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: Die Blinde Sambok...

Post by Frikkie Coetzee »

Francios. Ek huil soos ek lag. Glo my my maat. Ek kan die snaaks daarin sien maar ek was al in jou posisie.
User avatar
Willie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 460
Joined: Thu Dec 09, 2010 1:36 pm

Re: Die Blinde Sambok...

Post by Willie »

Moes nou darem self mooi knyp so tussen die lagdeur ! Dankie vir die deel. Na Saterdag se rugby help dit baie
vossie1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2108
Joined: Thu Sep 27, 2012 8:16 pm

Re: Die Blinde Sambok...

Post by vossie1 »

Dit is nou n grappie wat tolla lekker sou kon vertel. Dit is vrek snaaks.
Post Reply