Page 1 of 2

inskiet van nuwe geweer

Posted: Fri Sep 04, 2015 9:19 am
by ludwichras
More manne ek wil gou navraag doen aan al die kenners. Ek kry seker volgende week my nuwe roer en dit sal die eerste keer wees wat ek n nuwe ou uit die boks besit. Wil net graag weet hoe skiet mens die loop in want ek wil hom reg doen. Gee enige inligting asb manne dit sal hartlik waardeer word

Re: inskiet van nuwe geweer

Posted: Fri Sep 04, 2015 9:27 am
by Williel

Re: inskiet van nuwe geweer

Posted: Fri Sep 04, 2015 10:01 am
by JohanvanZyl
Skiet hom in. Maak nie saak watter proses nie. Al is dit net vir jou gemoed. Google Howa se barrel breakin. Dit gaan 'n heerlike 20 skoot uitstappie na die skietbaan wees!!

Re: inskiet van nuwe geweer

Posted: Fri Sep 04, 2015 11:41 am
by tripodmvr
JohanvanZyl wrote:Skiet hom in. Maak nie saak watter proses nie. Al is dit net vir jou gemoed. Google Howa se barrel breakin. Dit gaan 'n heerlike 20 skoot uitstappie na die skietbaan wees!!
Stem vir Howa metode - min skote en jy leer jou geweer ken.

Re: inskiet van nuwe geweer

Posted: Sat Sep 05, 2015 8:27 am
by ludwichras
baiw dankie manne

Re: inskiet van nuwe geweer

Posted: Mon Sep 07, 2015 9:17 pm
by PietBe
1 skoot - maak skoon
2 skote - maak skoon
3 skote - maak skoon
4 skote - maak skoon
5 skote - maak skoon
5 skote - maak skoon

ingeskiet

enige vorm van skiet en skoonmaak eintlik lyk my

Re: inskiet van nuwe geweer

Posted: Wed Nov 22, 2017 3:45 pm
by 308Win
Ek het 'n nuwe loop op 'n 308 laat sit. L Walther. 26 duim match
Hoeveel skote voor mens optimum akkuraatheid kan verwag? Ek het die skiet/skoonmaak inskietmetode gedoen. Omtrent geen koper uitgekom. En die geweer maak nou baie maklik skoon.
Ek moet se die loop voel baie "styf". Fabriekspatrone se doppe wys druk. En my chronograaf wil nie nou werk nie.
Ek is nou al by 150 verby en die beste wat ek kry is 22mm op 100m. Sekere koeels soos 168gr Amax wil hy GLAD nie skiet nie.
PMP bokspatrone 180gr en 168gr skiet so 30mm.
Ek het al teleskope geruil en die drukpunte in die kolf .
Groepe met en sonder die knaldemper is maar baie dieselfde.

Re: inskiet van nuwe geweer

Posted: Wed Nov 22, 2017 3:59 pm
by Jean Marais
ludwichras wrote:More manne ek wil gou navraag doen aan al die kenners. Ek kry seker volgende week my nuwe roer en dit sal die eerste keer wees wat ek n nuwe ou uit die boks besit. Wil net graag weet hoe skiet mens die loop in want ek wil hom reg doen. Gee enige inligting asb manne dit sal hartlik waardeer word
Ludwich, Howa se metode werk baie goed, dit neem net lank. Maak ook eers die geweer se loop behoorlik skoon VOOR jy skietbaan toe gaan. Jy sal verbaas wees hoe vuil daai nuwe loop is. Ek het my geweer so ingeskiet, en ek moet sê, van al my gewere maak hy die maklikste skoon, en is hy by verre die akkuraatste.

Re: inskiet van nuwe geweer

Posted: Wed Nov 22, 2017 4:00 pm
by Hein M.
308Win wrote:Ek het 'n nuwe loop op 'n 308 laat sit. L Walther. 26 duim match
Hoeveel skote voor mens optimum akkuraatheid kan verwag? Ek het die skiet/skoonmaak inskietmetode gedoen. Omtrent geen koper uitgekom. En die geweer maak nou baie maklik skoon.
Ek moet se die loop voel baie "styf". Fabriekspatrone se doppe wys druk. En my chronograaf wil nie nou werk nie.
Ek is nou al by 150 verby en die beste wat ek kry is 22mm op 100m. Sekere koeels soos 168gr Amax wil hy GLAD nie skiet nie.
PMP bokspatrone 180gr en 168gr skiet so 30mm.
Ek het al teleskope geruil en die drukpunte in die kolf .
Groepe met en sonder die knaldemper is maar baie dieselfde.
Wat is sy groefdraai?

Kan ook wees dat daardie kamer baie knap is - soos jy noem. PMP sal dan nie lekker werk nie. Jy moet dalk doppe met dunner wande kry...

Mooi dag daar!

Re: inskiet van nuwe geweer

Posted: Wed Nov 22, 2017 5:52 pm
by jdpretorius
Jean Marais wrote:
ludwichras wrote:More manne ek wil gou navraag doen aan al die kenners. Ek kry seker volgende week my nuwe roer en dit sal die eerste keer wees wat ek n nuwe ou uit die boks besit. Wil net graag weet hoe skiet mens die loop in want ek wil hom reg doen. Gee enige inligting asb manne dit sal hartlik waardeer word
Ludwich, Howa se metode werk baie goed, dit neem net lank. Maak ook eers die geweer se loop behoorlik skoon VOOR jy skietbaan toe gaan. Jy sal verbaas wees hoe vuil daai nuwe loop is. Ek het my geweer so ingeskiet, en ek moet sê, van al my gewere maak hy die maklikste skoon, en is hy by verre die akkuraatste.
Ek stem... , ek het ook die Howa metode gevolg
Ontdou om die kamer ook mooi skoon te maak.

Sent from my SM-G570F using Tapatalk

Re: inskiet van nuwe geweer

Posted: Wed Nov 22, 2017 6:16 pm
by 308Win
Hein M. wrote:
308Win wrote:Ek het 'n nuwe loop op 'n 308 laat sit. L Walther. 26 duim match
Hoeveel skote voor mens optimum akkuraatheid kan verwag? Ek het die skiet/skoonmaak inskietmetode gedoen. Omtrent geen koper uitgekom. En die geweer maak nou baie maklik skoon.
Ek moet se die loop voel baie "styf". Fabriekspatrone se doppe wys druk. En my chronograaf wil nie nou werk nie.
Ek is nou al by 150 verby en die beste wat ek kry is 22mm op 100m. Sekere koeels soos 168gr Amax wil hy GLAD nie skiet nie.
PMP bokspatrone 180gr en 168gr skiet so 30mm.
Ek het al teleskope geruil en die drukpunte in die kolf .
Groepe met en sonder die knaldemper is maar baie dieselfde.
Wat is sy groefdraai?

Kan ook wees dat daardie kamer baie knap is - soos jy noem. PMP sal dan nie lekker werk nie. Jy moet dalk doppe met dunner wande kry...

Mooi dag daar!
Die herlaaide ammo was met Sako en Lapua doppe. Die Sako doppe weeg 176gr.
Groef is standaard 1 in 12.
Ek sal maar 'n honderd 143gr met 'n minimumlading deur die loop stoot en weer kyk. Niks om te verloor nie. Behalwe geduld. Daar le in elk geval 100 nuwe Sako doppe wat ek wil vuurvorm in my kas. Al pyn in die fondament die tyd van die jaar is die wagtyd tussen skote om die loop kans te gee om redelik af te koel.

Re: inskiet van nuwe geweer

Posted: Wed Nov 22, 2017 6:49 pm
by Zuku

Re: inskiet van nuwe geweer

Posted: Wed Nov 22, 2017 7:34 pm
by 308Win
Dit is tot hy opgeskiet is.

Re: inskiet van nuwe geweer

Posted: Wed Nov 22, 2017 7:43 pm
by Messor
Hoe meen jy, dat dit onnodig is?

Re: inskiet van nuwe geweer

Posted: Wed Nov 22, 2017 8:09 pm
by Hein M.
Messor wrote:
Hoe meen jy, dat dit onnodig is?
Hy bedoel dat daardie artikel info gee oor loopleeftyd - en dat sy geweer se loop nog nie naby uitgeskiet is nie.
Hy wil net maar sy geweer akkuraat kry...

Mooi aand!

Re: inskiet van nuwe geweer

Posted: Thu Nov 23, 2017 7:53 am
by Zuku
Ja een artikel om loop in te skiet, en ander artikel om loop leeftyd te bepaal en meeste uit loop te kry

Re: inskiet van nuwe geweer

Posted: Thu Nov 23, 2017 8:13 am
by Jake1
Tydens die loop inbreuk, as julle skoonmaak wat gebruik julle? Ek was onder die indruk mens moet n koperverwyderaar tipe oplossing gebruik soos k98, of gebruik julle gewone geweer olie?

Re: inskiet van nuwe geweer

Posted: Thu Nov 23, 2017 8:26 am
by Jean Marais
Jake, ek het my geweertjie se loop silverskoon gemaak en al die koper verwyder voor die volgende skoot geskiet is. Dit neem lank ja, maar dit was vir my uit en uit die moeite werd. Ek het boretch se carbon en koper formules gebruik daarvoor.

Re: inskiet van nuwe geweer

Posted: Thu Nov 23, 2017 8:52 am
by jdpretorius
Jean Marais wrote:Jake, ek het my geweertjie se loop silverskoon gemaak en al die koper verwyder voor die volgende skoot geskiet is. Dit neem lank ja, maar dit was vir my uit en uit die moeite werd. Ek het boretch se carbon en koper formules gebruik daarvoor.
+1

Re: inskiet van nuwe geweer

Posted: Thu Nov 23, 2017 8:57 am
by Messor
Jean Marais wrote: Dit neem lank ja, maar dit was vir my uit en uit die moeite werd.
Verduidelik net presies in watse opsig asb, soveel opinies daar buite.

Re: inskiet van nuwe geweer

Posted: Thu Nov 23, 2017 9:12 am
by 308Win
Messor wrote:
Jean Marais wrote: Dit neem lank ja, maar dit was vir my uit en uit die moeite werd.
Verduidelik net presies in watse opsig asb, soveel opinies daar buite.
Nie heeltemal seker hoe ek die ondertone van jou poste moet lees nie Messor?

Re: inskiet van nuwe geweer

Posted: Thu Nov 23, 2017 9:29 am
by Eugene
308Win wrote:Ek het 'n nuwe loop op 'n 308 laat sit. L Walther. 26 duim match
Hoeveel skote voor mens optimum akkuraatheid kan verwag? Ek het die skiet/skoonmaak inskietmetode gedoen. Omtrent geen koper uitgekom. En die geweer maak nou baie maklik skoon.
Ek moet se die loop voel baie "styf". Fabriekspatrone se doppe wys druk. En my chronograaf wil nie nou werk nie.
Ek is nou al by 150 verby en die beste wat ek kry is 22mm op 100m. Sekere koeels soos 168gr Amax wil hy GLAD nie skiet nie.
PMP bokspatrone 180gr en 168gr skiet so 30mm.
Ek het al teleskope geruil en die drukpunte in die kolf .
Groepe met en sonder die knaldemper is maar baie dieselfde.
Het jy nuwe ladingontwikkelling gedoen met die nuwe loop en kamer?
Het jy 'n Match reamer (stywer kamer) gebruik?
Verskillende koele (in gewig) al probeer?

Re: inskiet van nuwe geweer

Posted: Thu Nov 23, 2017 9:52 am
by Messor
308Win wrote: Nie heeltemal seker hoe ek die ondertone van jou poste moet lees nie Messor?
Nee daar is nie ondertone of mens tone of enige tone nie, net ‘n direkte vraag.

Jy sien dis 2017, ons het al in die 1960’s op die maan geloop, maar in 2017 weet ons nogsteeds nie of ‘n staal loop moet ingeskiet word nie, dis half simpel.

In daai artikel van zuku is daar ‘n verwysing na loop inskiet, gemaak deur McMillan, waarin hy sê dis sommer nonsens.
Dan weer omtrent die helfde van die amerikaanse PRS manne gebruik Bartlein, en Bartlein het hul eie opinie van loop inskiet, en stel dit voor.

Ek self doen dit al van kindsbeen af, doen dit nogsteeds, vir my is die konsep die probleem.
Ek meen either dit moet gedoen word of dit hoef nie gedoen te word nie, daar is nie eenkant of anderkant of draadsit in die storie nie, dis of reg of verkeerd.

DIs hoekom ek die mense hier vra in watter opsig hulle tevrede met hulle proses is, om fisiese data te probeer kry.

Re: inskiet van nuwe geweer

Posted: Thu Nov 23, 2017 10:25 am
by PWV
http://www.varmintal.com/ashot.htm#Break

NEW BARREL BREAK IN.... There is so much black magic out there about breaking in a barrel, that I am not going to suggest any procedure. I will merely tell you what I do with a new barrel. I take the brand new barrel and use J-B on it. That's right, I clean and polish it with J-B before even firing the first round through it. I put a light coat of J-B on a patch and give the barrel about 50 strokes from end to end with it. Then I clean the J-B out with a couple of patches of Shooter's Choice MC#7. I dry the bore with 3 or 4 patches until it is completely dry. I carefully clean the chamber of J-B too. That's it, the barrel is broken in and I am ready to sight in, shoot some groups, and work up an accurate load. I take the rifle to the range and shoot 3 or 4 five shot groups with Moly-coated bullets. I clean the barrel with Sweet's 7.62 and usually there is no copper. From then on, shooting only Moly-coated bullets, I clean the barrel when I feel guilty. If there is copper on the first cleaning, I conclude that I didn't do enough with the J-B and repeat the J-B treatment. All that these shoot-clean, shoot-clean, etc. break in processes do, in my opinion, is perform a slow, inefficient, and expensive polishing process which the J-B does better, smoother, and faster. I use a plastic coated stainless steel cleaning rod and a jag style that you wrap the patches around. I use the blue Shop Towels for patch material and I cut a roll into a number of 1-½-inch wide rolls with a sharp knife. I never use brushes in my barrels and I don't even have any. I use J-B, Shooter's Choice MC#7, and Sweet's 7.62. I am sure there are other procedures that are just as good or superior, but this works very well for me. If I have a particularly bad copper fouling barrel, I use Flitz Metal Polish instead of JB.

Re: inskiet van nuwe geweer

Posted: Thu Nov 23, 2017 10:46 am
by 308Win
Eugene wrote:
308Win wrote:Ek het 'n nuwe loop op 'n 308 laat sit. L Walther. 26 duim match
Hoeveel skote voor mens optimum akkuraatheid kan verwag? Ek het die skiet/skoonmaak inskietmetode gedoen. Omtrent geen koper uitgekom. En die geweer maak nou baie maklik skoon.
Ek moet se die loop voel baie "styf". Fabriekspatrone se doppe wys druk. En my chronograaf wil nie nou werk nie.
Ek is nou al by 150 verby en die beste wat ek kry is 22mm op 100m. Sekere koeels soos 168gr Amax wil hy GLAD nie skiet nie.
PMP bokspatrone 180gr en 168gr skiet so 30mm.
Ek het al teleskope geruil en die drukpunte in die kolf .
Groepe met en sonder die knaldemper is maar baie dieselfde.
Het jy nuwe ladingontwikkelling gedoen met die nuwe loop en kamer?
Het jy 'n Match reamer (stywer kamer) gebruik?
Verskillende koele (in gewig) al probeer?
Ja
Ja
en ja.
Ek het die volgende sover probeer. 168gr Amax, 165gr Game king, 155gr CC's en van die ouer 155gr PMP punte. Ook PMP rakammunisie. Net om rak ammunisie as basislyn te he. Die 143gr's wat ek net vir die "ïnskiet" gebruik het was sommer 'n duimsuiglading van 41gr S321. Ek sou nie 'n foto van daardie groep kon neem nie want ek het nie 'n wyehoeklens daar gehad nie.
Die koeelsprong wat ek sover probeer het is 1.3, 1.0 en 0.8mm. Die 0,8mm spul het die slegste gevaar.
Ek moet nog koeels wat nie bootsterte het nie probeer. Net 'n bietjie terleurgesteld oor wat ek op die oomblik het.
Die koeel wat sover die beste (lees ENIGSTE) resultate gelewer het is die Game kings.
Wat oorbly is om nog 100 skote deur te druk en sien wat kom. En dan die 1.5mm sprong te probeer.
Terloops, ek het gaan tel. Daar is nou 198 skote deur die loop wat ek geskiet het.

Ns.
Ek sien nou eers oom PW se pos.
Die ad infinitum skoonmakery is soos in oom PW se verwysing ook kontraversieel. Manne het al lope vernietig met agressiewe skoonmaakmetods. En krone beskadig met 'n skoonmaakstok. Ek gebruik nylonborseltjies.
Self wonder ek oor die inskiet van sogenaamde "hand lapped barrels". Hoeveel growwe areas kan daar dan nou eintlik wees na so 'n proses?

Dis net dat mens soveel geld in so iets insit en so lank moet wag vir die hele nuwe loop by die polisie registreer proses.
Die dat mens graag die ding so optimaal as moontlik (wel, so optimaal as wat ek kan) wil kry.