Page 1 of 1
Middag uur jag
Posted: Wed May 25, 2011 2:13 pm
by Pikkie
Gister in die Kalahari in gaan werk en toe by my pa op die plaas gestop vir Middag ete en gou 'n draai gaan ry.
Die terminator het baie gehelp. Die eerste een het in die trop van 12 ramme geval en hulle het nie eers geweet nie. Binne 5 min al vier geskiet. So 150 na 170m. 270 met 130gr sierra bowtail
http://s1196.photobucket.com/albums/aa4 ... t=Jag1.jpg
Re: Middag uur jag
Posted: Wed May 25, 2011 2:16 pm
by Jagtersdok
Mooi gegooi daar Pikkie
Re: Middag uur jag
Posted: Wed May 25, 2011 3:34 pm
by 300Winmag
Mooi - sjoe daar's van julle manne wat maar mag ...

Re: Middag uur jag
Posted: Wed May 25, 2011 5:48 pm
by Gerhard
Re: Middag uur jag
Posted: Wed May 25, 2011 7:39 pm
by Francois Marais
Pikkie
Vertel gou........enige rede hoekom hulle kele nie gesny is nie???
Mooi loop
Francois
Re: Middag uur jag
Posted: Thu May 26, 2011 7:28 am
by Pikkie
Francois,
Dit was net so 4Km van die huis af en as die bokke dood is as ons by hulle kom, sny ons gewoonlik die die keel nie sodat daar nie te veel bloed op die voertuig mors nie. As ons die pens uit haal dan sny ons die aar in die binnekant van die rug sodat hulle dan kan uit bloei.
Pikkie
Re: Middag uur jag
Posted: Fri May 27, 2011 12:28 am
by Francois Marais
Pikkie
Dankie maat, so leer ek ook nog.....
Mooi loop
Francois