Skarebeheer

Hou dit skoon en onsuggestief, dit is 'n openbare forum en enige iets wat nie pas nie sal verwyder word.
Post Reply
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3140
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Skarebeheer

Post by Chevvy SS »

Staan eendag en bekyk die polisie toe hulle 'n oproerige skare moet
hanteer.
So 'n fris kaptein.....lyk soos n Kelvinator met 'n kop op.......is aan
die roer van sake.
Toe die skare nader kom bulder hy Waaaater Canon!!
Hulle trek los met daai waterstraal en spuit die klomp so halwe
straatblok terug, maar die klomp staan op en kom weer.
Weer bulder sy stem Pepperrrrr Sprayyyy!!!!!
Die manne trek los en roer die klomp met die gas, maar met rooi
ogies en snotneuse kom hulle steeds.
Weer bulder sy stem Moerrrrr Hulleeee!!!!
Daar vlieg 'n span onder hulle in en slaan sewe soorte waks uit hulle
uit met sambokke en knuppels, maar......ja........met seer gatte en
al kom hulle steeds aan.
Toe brullll sy stem Laat los hulle!!!!!
En die manne laat los die honde!!!
Toe daardie honde onder hulle invaar spat die hele optog in meer
rigtings as wat daar op n kompas is en alles is oor en verby.
Stap ek toe nader en vra baie vriendelik en moers nuuskierig vir die
man nou hoekom dan al die moeite doen van water en pepper spray
en knuppels en nie sommer van die begin die honde gebruik het nie?
Sonder om na my te kyk......met oë wat daaaaar staar antwoord hy
droog..
Hierdie honde is baie vol stront. Hulle sit hulle bekke aan niks
voordat dit nie eers gewas, ge-spice en getenderise is nie!
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Skarebeheer

Post by Hein M. »

;D

Sal nooit vergeet hoe een van die ousies destyds in 1992 - tydens 'n oproerige betoging in Katlehong loop sit het op 'n traangas canister om dit te probeer doodpiepie nie. Ek het nooit weer sederdien iemand in soveel pyn gesien nie ><)
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3652
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Skarebeheer

Post by JPS »

Eish die traangas hy werk mooi met die vog....
User avatar
pietbak
Full Member
Full Member
Posts: 246
Joined: Mon Sep 08, 2014 7:18 pm

Re: Skarebeheer

Post by pietbak »

Ou gedagtenis. Snotneus met 'n flits battery werk ook. Destyds se batterye het baie meer krag gegee.haha.
Ondersteun jou klein handelaar, hy het jou nodig.
Post Reply