SAPS! !
Posted: Thu Jul 30, 2015 7:12 pm
Ons het vanoggend n klagte ontvang. Bure het gekla van ‘n 8 jarige seun wat heeloggend gil. Ons is met drie patrollie voertuie na die adres. Daar aangekom was die deur gesluit. Ons kon daai kind se gille hoor.
Een van die vrouekonstabels het begin huil. Ons kon hoor hoe skreeu daai kind..."Daddy...moenie...hou op daddy...daddy ek wil nie...daddy hou op asb...ek sal nie vir mammie sê nie...hou op…asb daddy moenie...Iemand, help asseblief”.
Die bure in die straat was kwaad en gewapen met pangas en stokke...een ou skreeu “Bring daai vark uit daai huis”...een A/O, Sidney Cloete, was so kwaad...hy skop die deur oop en ons storm in...die kind het gegil en toe ons in die een kamer kom, staan die pa met die seun en probeer heeloggend om vir die laaitie ‘n Stormers trui aan te trek...die gemors!!