SAPS! !

Hou dit skoon en onsuggestief, dit is 'n openbare forum en enige iets wat nie pas nie sal verwyder word.
Post Reply
Sangoma (IAN)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1320
Joined: Thu Dec 26, 2013 9:18 am

SAPS! !

Post by Sangoma (IAN) »

Ons het vanoggend n klagte ontvang. Bure het gekla van ‘n 8 jarige seun wat heeloggend gil. Ons is met drie patrollie voertuie na die adres. Daar aangekom was die deur gesluit. Ons kon daai kind se gille hoor.
Een van die vrouekonstabels het begin huil. Ons kon hoor hoe skreeu daai kind..."Daddy...moenie...hou op daddy...daddy ek wil nie...daddy hou op asb...ek sal nie vir mammie sê nie...hou op…asb daddy moenie...Iemand, help asseblief”.
Die bure in die straat was kwaad en gewapen met pangas en stokke...een ou skreeu “Bring daai vark uit daai huis”...een A/O, Sidney Cloete, was so kwaad...hy skop die deur oop en ons storm in...die kind het gegil en toe ons in die een kamer kom, staan die pa met die seun en probeer heeloggend om vir die laaitie ‘n Stormers trui aan te trek...die gemors!!
User avatar
alecjohnson
Hero Member
Hero Member
Posts: 2656
Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm

Re: SAPS! !

Post by alecjohnson »

My bloed het gekook tot ek die laaste sin lees magtag man! Maar goeie een!
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: SAPS! !

Post by Hein M. »

Sangoma (IAN) wrote:Ons het vanoggend n klagte ontvang. Bure het gekla van ‘n 8 jarige seun wat heeloggend gil. Ons is met drie patrollie voertuie na die adres. Daar aangekom was die deur gesluit. Ons kon daai kind se gille hoor.
Een van die vrouekonstabels het begin huil. Ons kon hoor hoe skreeu daai kind..."Daddy...moenie...hou op daddy...daddy ek wil nie...daddy hou op asb...ek sal nie vir mammie sê nie...hou op…asb daddy moenie...Iemand, help asseblief”.
Die bure in die straat was kwaad en gewapen met pangas en stokke...een ou skreeu “Bring daai vark uit daai huis”...een A/O, Sidney Cloete, was so kwaad...hy skop die deur oop en ons storm in...die kind het gegil en toe ons in die een kamer kom, staan die pa met die seun en probeer heeloggend om vir die laaitie ‘n Stormers trui aan te trek...die gemors!!
Is dit julle wat die poeliesstasie alleen gelos het? 8)
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: SAPS! !

Post by Gawie(13mm) »

Is Rian van Heerden nie een van jou span se aanhangers nie? >:+
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
Boersonderroer
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 346
Joined: Fri Nov 14, 2014 7:01 pm

Re: SAPS! !

Post by Boersonderroer »

Grapple van die eeu LOL
7x64 Brenneke CZ 550 Lux
204 Ruger Howa Stainless Bull
12ga Mossberg 500
.22LR Stevens
9mm P CZ P-07 Gen2
User avatar
spekieries
Hero Member
Hero Member
Posts: 1240
Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm

Re: SAPS! !

Post by spekieries »

Gawie hy is, maar Nataniël skree vir die viskoppe (skuus bedoel Stormers).
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: SAPS! !

Post by Gawie(13mm) »

spekieries wrote:Gawie hy is, maar Nataniël skree vir die viskoppe (skuus bedoel Stormers).
My vrou is pro-jag en is mal oor Nataniël. Ek skree vir die Stormers.

Happy wife, happy life!!!
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
spekieries
Hero Member
Hero Member
Posts: 1240
Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm

Re: SAPS! !

Post by spekieries »

Al wat belangrik is, moet darem ruiterlik erken julle was die beste van die plaaslike spanne in die Super reeks die jaar.
Post Reply