More Almal,
Wil net met julle iets deel en dalk kan iemand meer lig op die situasie werp.
Ek het 3 ysters n heel tyd terug gestel en so week daarna n dorperlam wat gevang is daar neer gesit. So week na ek die lam neergesit het, het ek gesien vlekkie het kom ondersoek instel maar net op n afstand. Los toe maar die ysters. 2 Weke later, laas Dinsdag, gaan ek weer by die ysters om en kry die volgende: 1 Yster het n draaijakkals in, hy lewe nog, lyk asof hy die vorige nag getrap het. Ander 2 ysters is weg. Volg die 1 se spoor vir so +/- 2 km en kry vir vlekkie. N groot reun, kondisie nie baie goed nie, maar so rondom die 3 jaar oud.
Volg toe die ander yster se spoor en wragtag, so 110m van waar hy getrap het, kry ek nog n vlekkie, kondisie is puik en hy is rondom 5 jaar oud, maar wat my kop smokkel is, dit is ook n REUN!
Nou die ysters is daar neergesit, want die was definitief in n kern area, volgens die spore, daar was baie beweging, vars spore oormekaar, ou spore en nog spore...
Nou het ek alle scenarios deurgewerk, want wat ek weet van jakkalse met my min kennis, is dat die tyd van die jaar, hulle redelik dominant is, nou hoekom 2 ou reuns op dieselfde plek?
Msekien is ek verkeerd oor due reuns, dat hulle wel deur mekaar se areas loop. Kan iemand dalk sy opinie gee, sodat ek my wysheid kan aanpas.
Groete
Suidwes
Interesante Verskynsel
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13641
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Interesante Verskynsel
Ek kan ook verkeerd wees met die tyd van die jaar maar Taffie het al paar keer hier gese solank daar kos is sal die "Dominante" reun ander jakke/reune in sy area vedra
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.