More
My vriend bly op n plot in die Bredel omgewing en wil graag n paar skape dalk aanhou. Hoofrede is vir n slagskaap elke nou en dan.
1.Watse soort skape moet hy aankoop?
2. Hoeveel ramme en ooie?
3. Hy het lekker baie gras maar watse aanvullings voer, indien nodig,lusern?
Hoe gereeld lam skape en op watse ouderdom word n lam geslag?
Jammer vir al die vrae maar ek wil hom nie die verkeerde raad gee nie.
Skaap aanhou
-
Eland
- Jr. Member

- Posts: 54
- Joined: Tue Jun 02, 2015 9:09 am
Re: Skaap aanhou
Sako,
Hou maar in gedagte, skape word nie verniet "take-aways" genoem nie.
Ek het vriende daar in Marrister wat tenminste eenkeer n maand besoekkers kry in die nag, al spring hulle net oor die muur en hardloop deur die plot om strond aan te jaag erens anders.
Ongeag, ek hou van dorpers, hulle het goeie vleis/vet verhouding & is redelik gehard. Ook nie nodig om te skeer nie, aangesien hulle verhaar. maar n Dorper wei noggal intensief en vertrap of oorwei gou n klein stukkie grond. so jy sal moet uitwerk hoe groot die grond is en watse tipe gras of dra-krag die kamp het. verder, hoeveel skape beplan hy vir slag n jaar ens.
Sou se as hy so 10 skape of minder wil hou sal 1 goeie ram voldoende wees.
top gehalte skape kan tot 3 keer in twee jaar lam, maar werk maar gemiddeld op 147 dae dra tyd vir n ooi.
Dorper lammers speen min of meer op 3-4 maande dan weeg hulle tot sowat 35KG lewendige gewig.
Hou maar in gedagte van behandelings vir siektes,ontwurming en vliee wat veral deur lekkende waterkrippe veroorsaak word. Ventilasie is ook noodsaaklik waar jou skape moet slaap in die aand, die urine se amoniak kan jou skape asemhaling probleme gee.
Gaan lees maar op oor dorpers op die net, daar is baie inligting.
So vinnige aanhegsel van die net getrek wat goeie informasie sal bied veral rondom voer en klein kampie aanhouding.
Groette.

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
375 H&H
30.06 BRNO
308 Musgrave
.38 S&W
12Gauge Iver & Johnson
.22 Anschutz
...To be continued...
30.06 BRNO
308 Musgrave
.38 S&W
12Gauge Iver & Johnson
.22 Anschutz
...To be continued...
-
Bakkies303
- Sr. Member

- Posts: 360
- Joined: Wed Mar 11, 2015 9:27 pm
Re: Skaap aanhou
Sako, weet nie hoe groot die plek is waar julle hulle wil aanhou nie, maar probeer kampe maak. Jy hoef nie permanente kampe te he nie, jy kan sommer verskuifbare elektriese heinings gebruik. Die voordeel is dat jy die skape forseer om 'n sekere area te bewei, wat die res van die grond laat rus.
Gewoonlik gebruik jy so 1 ram op 25 ooie. Maak net seker dat die ram reg is, anders sit jy en wag vir lammers wat nooit gaan kom nie.
Gewoonlik gebruik jy so 1 ram op 25 ooie. Maak net seker dat die ram reg is, anders sit jy en wag vir lammers wat nooit gaan kom nie.
- Karooklong
- Full Member

- Posts: 123
- Joined: Sat Jun 08, 2013 4:58 pm
Re: Skaap aanhou
Kyk ook na Ile de France, SA Vleismerino en Dormers.
Hulle kan gepaar word van 8 maande af en die ooie het uitstekende moedereienskappe. Lammers groei goed en is gou slaggereed.
Die rasse is baie geskik vir intensiewe boerdery. Dorpers is geteel vir droër ekstensiewe weidingsomstandighede.
Sterkte
PJ

Karooklong
.22 Oberndorf Mauser dikloop
.243 K98 met Ferlach loop
.308 Howa Varminter
7.62 x 51 RSA Musgrave
9mm CZ P07
12 Boor CBC Pompaksie
.22 Oberndorf Mauser dikloop
.243 K98 met Ferlach loop
.308 Howa Varminter
7.62 x 51 RSA Musgrave
9mm CZ P07
12 Boor CBC Pompaksie
- Plaashaas
- Hero Member

- Posts: 1018
- Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm
Re: Skaap aanhou
Probeer n ram kry wat 1 van n tweeling is. Slag die ooie wat hul lammers weg gooi asook haar ooi lammers. +1 vir die kampe. Jy kan hul bietjie ooi-ram-lam pille gee, nie teveel nie anders is die vet te dik op die tjops.
- Jaco v Zyl
- Hero Member

- Posts: 737
- Joined: Wed Apr 01, 2015 4:39 pm
Re: Skaap aanhou
Met enige vleisproduksie is daar 3 belangrike vitamiene,vitamien K , vitamien O en vitamien S. Maak seker dat daar genoeg kos is,as jy eers moet begin byvoeding gee(praat ni van n lekaanvulling ni)gaan jy gou agterkom dat jy eerder jou tjop In die slaghuis kan gaan koop.Probeer vasstel wat is jul gebied se drakrag is en in watse toestand is die veld waar hul gan loop en bepaal dan hoeveel skape aangehou kan word.Hou ingedagte dat n skaap maar n selektiewe eter is.Wees ook versigtig vir n vlei of n stuk grond wat nie afdroog nie en lank natbly na reen in somermaande(parasiet druk is hoog)
Wat lekaanvulling betref, kyk mens maar hoogsaaklik na n protein lekaanvulling in die wintermaande en n fosfaatlek in die somermaande.Energie aamvulling mag ook van tyd tot nodig wees
Wat lekaanvulling betref, kyk mens maar hoogsaaklik na n protein lekaanvulling in die wintermaande en n fosfaatlek in die somermaande.Energie aamvulling mag ook van tyd tot nodig wees
- sako 30-06
- Hero Member

- Posts: 1987
- Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm
Re: Skaap aanhou
Dankie vir die informasie, verseker n paar goed om oor te dink.