458 Lott projek/idee

User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5029
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

458 Lott projek/idee

Post by Frederik »

So het gister in iemand vasgeloop wat my 'n 458 win mag se loop kan verkoop teen 'n baie goeie prys. Die loop het klaar express sights op en is volgens hom 26" lank.
Nou sit ek met die vraag of ek 'n Lott aanmekaar kan slaan in 'n sekere begroting.
Ek soek die/benodig volgende:
1. Werks/skietgeweer hoef nie iets vir die oog te wees nie.
2. Sintetiese kolf
3. Controlled feed aksie
4. Minimum van 3 in die magasyn
5. Moet TPL van 92mm haal.
6. Lading in gedagte 475gr impala teen 2250-2300fps
7. Loop terugsny na 24"

Dankie vir almal se insette wat gaan kom.
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6974
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: 458 Lott projek/idee

Post by DWB »

Dagsê mater.

Jy weet wat ek sê ;D

Tpl van 92mm gaan bitter moeilik wees in standaard lengte aksie.

Sintetiese kolf kan Smoking Guns vir jou doen vir baie billik.
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
Thunderhead
Hero Member
Hero Member
Posts: 512
Joined: Mon Jun 16, 2014 8:54 am

Re: 458 Lott projek/idee

Post by Thunderhead »

Hi, doen jouself n guns en kyk bietjie na die 458 African express. Dis n caliber wat Pierre van der Walt ontwikkel van n 404 dop wat korter is. Ek het nou n paar keer met hul geskiet en die recoil is baie gemaklik. Hy pas maklik in n standard aksie en druk 500gr punt 2300. Ek was lank laas so beindruk met n caliber.
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6974
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: 458 Lott projek/idee

Post by DWB »

Hi Donderkop, virseker 'n bitter goeie opsie.

Ek dink die groot ding is maar koste van doppe en "Dies"?

Het jy 'n idee wat die manne daarvoor betaal het?

Frederik wil juis hierdie roer gebruik vir BASA shoots en hom so goedkoop moontlik operate.

Die 450 Rigby is 'n ding wat snaakse gedagtes in my kop wakker maak deesdae :D :D
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
Thunderhead
Hero Member
Hero Member
Posts: 512
Joined: Mon Jun 16, 2014 8:54 am

Re: 458 Lott projek/idee

Post by Thunderhead »

Ek weet Hornady maak doppe vir hom.Omdat daar soveel kalibers is wat op n 404 gebaseer is is daar paar opsies. Ek het 300 Ultra mag en 338Ultra mag doppe net opgenek.Redding maak dies. My vriend Hansie van Ken Stewards bullets het so gun en hy maak punte en doppe vir hom. Bel Hansie vir meer info.

Die gun met 500@2300 recoil minder as my 416,standard 458of n Krieghoff 470.
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5029
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: 458 Lott projek/idee

Post by Frederik »

Thunderhead,
Ek hoor jou en ek het die opsie oorweeg maar ekonomies maak die Lott meet sin kan 375 doppe gebruik, kan gewone 458 win mag in hom skiet in die knyp. Recoil is op die oomblik nie 'n probleem vir my nie.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13662
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: 458 Lott projek/idee

Post by Geno »

Frederik, vra vir Gert Odendaal om vir jou .458 African Express doppe te vorm vanaf .22Hornet. ;D

Ernstig nou, wat van die .450 Ackley Mag?
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: 458 Lott projek/idee

Post by BRNO (Pierre) »

Geno wrote:Frederik, vra vir Gert Odendaal om vir jou .458 African Express doppe te vorm vanaf .22Hornet. ;D

Ernstig nou, wat van die .450 Ackley Mag?
++>: ++>: ++>: Sirkusnar!
Veiligheid eerste manne!
Thunderhead
Hero Member
Hero Member
Posts: 512
Joined: Mon Jun 16, 2014 8:54 am

Re: 458 Lott projek/idee

Post by Thunderhead »

Frederik ek hoor jou, maar bel Hansie hy het baie kennis oor 458 kals dit gaan jou net n oproep kos. Met ons lieflike licensing moet n mens seker maak oor n jaar jy nie wens jy het die geweer anders gebou nie.
Die skiet van gewone 458 in n Lott sal ek ook nie aanraai aangesien dit Lott doppe kan laat vasit in die kamer veral as iets op jou skoen vetters kom wei
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7575
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: 458 Lott projek/idee

Post by Wouter Roets »

;D ;D ;D

Geno ek weet jy het groot respek vir die 450 Ackley en bygese jy is ook van die min mense wat eerstehanse ervaring met die kaliber het. Ek het in diepte na die kaliber gekyk vanwee my beheptheid met Ackley's. Ek kon net nie n wesentlike voordeel in die ontwerp bo die 458 Lott kry nie. Dopkapasiteit wat entlik die groot probleem is met die Lott groei minimaal. Jy kyk in die orde van 2-3gr en dit gaan regtig nie veel doen in die spoed department nie. Die skouer is 13 grade wat prakties gesproke nie veel van waarde is nie. Jy gaan sukkel om daarop te headspace en dit gaan nie veel help om brassvloei op die dop te beperk nie. Die nek is 10mm wat 1,5mm minder is as die deursnee van die caliber. PO Ackley het self geskryf dat dit een van sy swakker ontwerpe is en dat hy nie voel die kool is die sous werd nie.

Geno askuus ek probeer glad nie jou voorstel afskiet nie alhoewel dit nou so voorkom, maar probeer maar net my gebrekkige kennis hier deel. Persoonlik dink ek jy sou net so goed af gewees het as jy met n Lott geskiet het en teoreties gesproke sal daar nie n verskil eers waarneembaar kon wees tussen die twee nie. n 10 of 20ft/sek op die selfde koeel gewig gaan nie in terminale balistiek wys nie. Ek is die eerste een om te se daar is beter 458 rondtes beskikbaar veral met ons poeiers as die Lott, maar ek bly ook by my stelling dat die 458 Lott the thinking man's 458 rondte is. Vir Freek wat hom grootliks op BASA dae wil gebruik maak die Lott net absoluut sin. Hy het hom ook oor en oor bewys op die groter goed. n Mens moet hom net binne perke laai en n 500gr teen 2200ft/sek kan n mens werklik nie oor kla nie.

Freek ek sal hard soek na n KKK602 aksie. Ek sal persoonlik nie settle op n standaard aksie wat oopgemaak is nie. Looplengte moet nie korter as 23 duim wees nie, maar verkieslik 24 duim. Met laasgenoemde slaan n mens nodes met aanvaarbare druk. Op my 23 duim loop harloop ek reg op maksimum druk met 500gr om n node te slaan. Met 24 duimm loop val druk met so 4000psi vir dieselfde spoed en node. As jy net 475gr gaan gebruik is 23 duim perfek.

Groetnis
Wout
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6974
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: 458 Lott projek/idee

Post by DWB »

Wouter, kom daai KKK602 aksie ook met ñ wit jassie?
;D ;D ;D
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5029
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: 458 Lott projek/idee

Post by Frederik »

Wouter, ja ek gaan van die begin af met een koeel werk hulle is goedkoop altyd beskikbaar en werk. Ek kan van Basa of S&O shoot die geweer uit kluis uit haal en nie twee keer dink oor die ammunisie as ek gaan jag en groot voete takel nie.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7575
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: 458 Lott projek/idee

Post by Wouter Roets »

Hahaha! Deon Freek gaan mos koeels skiet wat die vorm het van hulle hoedtjies! ZKK vir die rekord!

Groetnis
Wout
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5029
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: 458 Lott projek/idee

Post by Frederik »

Wouter, inkorrek ek skiet die RNFP met die mooi metplat. Daai skerpunt werk mooi in die 303 maar lyk nie gaaf in groter kalibers nie.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7575
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: 458 Lott projek/idee

Post by Wouter Roets »

Freek

Lyk my dan in SA dra die KKK lede ander hooftooisels en ry dalk Toyota bakkies instede van perde. ;)

Groetnis
Wout
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5029
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: 458 Lott projek/idee

Post by Frederik »

Lekker om drome te he en te begin werk daaran.
Hoe meer ek dink hoe meer tikkel die 458 African Express
Chui
Newbie
Newbie
Posts: 3
Joined: Wed Jun 04, 2014 10:23 pm

Re: 458 Lott projek/idee

Post by Chui »

Hi Frederik,

Baie goeie opsie die .458 African express. Op 'n ZKK 602 dink en nie jy kan beter nie.

Groete
Thunderhead
Hero Member
Hero Member
Posts: 512
Joined: Mon Jun 16, 2014 8:54 am

Re: 458 Lott projek/idee

Post by Thunderhead »

Die nice ding van die African Express is juis dat dit op n standard aksie gebou kan word. Dit is een van die vereistes wat Pierre gehad toe hy dit ontwikkel het.
Kry Pierre se boek African Dangerous Game Cartridges baie interresant.

Terloops Frederik wat se twist het die loop?
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6974
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: 458 Lott projek/idee

Post by DWB »

Manne, ons moet net onthou, die 458 African (Deur Pierre vd Walt) en die 458 Express (Deur Prof Koos Badenhorst) is twee verskillende dopontwerpe.

Die doel van die African was juis om in 'n standaard lengte aksie te pas, waar die Express weer ontwerp is om ook die volle lengte van 'n Magnum aksie te benut (asook 'n paar ander redes).

As jy 'n te kort rondte in 'n Magnum aksie sit, gly hulle heen en weer in die magasynkas, waar daar dan weer 'n spacer moet aangebring word.
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7575
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: 458 Lott projek/idee

Post by Wouter Roets »

Deon

Dit is een van die groot voordele van die 458 African Express van Pierre. Jy kan hom laai dat sy TPL hier rondom 87mm is vir standard lengte aksies. Spoed word n bietjie ingekort en jy ewenaar basies dan die 458 Lott. Jy het dan ook die opsie om hom na 92mm te laai waar jy die volle potensiaal van die rondte tot jou beskikking het indien jy n Magnum aksie het. Teen hierdie TPL het jy n volle 100ft/sek of meer bo die Lott. Werklike n goeie praktiese ontwerp waarin daar baie denke en naforsing ingegaan het.

Groetnis
Wout
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6974
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: 458 Lott projek/idee

Post by DWB »

Dankie Wouter,

Dit maak sin, nes jy ook Lott beter optimaliseer met die langer TPL.

Die manne moet net nie deurmekaar raak met die 458 African en die 458 Express nie.

Die DVD "Preparing yourself for stopping the Charge" deur Colin Patrick, Richard Sowry en 'n paar ander spreek hulle dit nogals mooi aan. (Die gebruik van korter rondtes in 'n lang magasynkas)
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7575
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: 458 Lott projek/idee

Post by Wouter Roets »

Deon

Dit is verseker n probleem wat jy nie mee wil sit nie. Presies soos n 458 Win Mag wat geskiet word in n 458 Lott geweer. Of n 458 Lott wat weer geskiet word in n 458 Express geweer.

Groetnis
Wout
Thunderhead
Hero Member
Hero Member
Posts: 512
Joined: Mon Jun 16, 2014 8:54 am

Re: 458 Lott projek/idee

Post by Thunderhead »

Die African se dop vol is meer as die 3" , hy skiet dieselfde spoed met n 500gr punt teen minder druk.
User avatar
Rudi Fischer
Hero Member
Hero Member
Posts: 1881
Joined: Mon Dec 09, 2013 4:54 pm

Re: 458 Lott projek/idee

Post by Rudi Fischer »

Ek sou voorstel die 458 3" Express. Doppe is goedkoop. Sal ook se voor dat jy een bou, Koop vir jou n CZ of Brno en laat hom uit ream na Express.... Dan vat die geweer ook 5 rondtes in die mag.
Loop baie saggies en dra n groot geweer !!!
User avatar
Rudi Fischer
Hero Member
Hero Member
Posts: 1881
Joined: Mon Dec 09, 2013 4:54 pm

Re: 458 Lott projek/idee

Post by Rudi Fischer »

Kom skiet myne, en jy sal hooked wees
Loop baie saggies en dra n groot geweer !!!
Post Reply