Ek is Karroo toe genooi en kan 'n gemsbok skiet. Baie bly, maar ook opgewonde oor die kans om self die vleis te verwerk. Gaan maar biltong uit die boude maak, die fillets en die rugstring hou vir braai en daar sal seker maar bietjie skenkels of so vir die pot wees.
Ek wil graag wors ook maak, beide vir droog en gewoon. Die gewone wors resep is nie so moeilik nie, maar ek soek bietjie raad vir die droewors asseblief. Sit mens ander vleis en vet by? Skaapsterte is aanbeveel, maar dit lyk maar bietjie skaars?
Ek hoor gemsbokvleis is baie lekker en ek wil dit nie graag opmors nie.
Help met 'n gemsbok
-
Proudprado
- Full Member

- Posts: 116
- Joined: Thu Jan 10, 2013 10:37 am
Help met 'n gemsbok
Glock 17 en 21, CZ550 Lux .308 en 'n Winchester 1300
- alecjohnson
- Hero Member

- Posts: 2656
- Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm
Re: Help met 'n gemsbok
Ek hoop nie dis n dubbel pos nie.
Ek werk percy vet in 10%. As ek die vleis meer wil maak werk ek 25% goeie bees in.
Gemsbok is baie lekker ja!
Ek smag nou na rugstring!!!
Ek werk percy vet in 10%. As ek die vleis meer wil maak werk ek 25% goeie bees in.
Gemsbok is baie lekker ja!
Ek smag nou na rugstring!!!
-
Maanboef
- Jr. Member

- Posts: 64
- Joined: Thu Feb 27, 2014 4:59 am
Re: Help met 'n gemsbok
Freddy Hirch droewors spice vir 10 kg pak_dan vat jy 6 kg wildsvleis en 4 kg beesbrisket. Eet wors sit ek of vark of vetstert skaap by.
-
Proudprado
- Full Member

- Posts: 116
- Joined: Thu Jan 10, 2013 10:37 am
Re: Help met 'n gemsbok
Percy vet? Skaap? Sorry Alec, I don't seem to know a lot about this. 
Dankie Maanboef.
Dankie Maanboef.
Glock 17 en 21, CZ550 Lux .308 en 'n Winchester 1300
- alecjohnson
- Hero Member

- Posts: 2656
- Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm
Re: Help met 'n gemsbok
Percy is a sheep spiecies yes. And what a good fat that is...haha. you will have to decide how much you would like to make and pre order the percy if you do not know someone that can supply you.
- Boesman10
- Hero Member

- Posts: 946
- Joined: Thu Aug 21, 2014 9:17 am
Re: Help met 'n gemsbok
@Proudprado - Ek dink jy kan miskien die volume vleis so bietjie oorskat. 'n Karoo Gemsbok bul gaan seker so 100 kg uitslag. Dit sal vir jou +- 54 kg se bruikbare vleis gee (sonder bene). As jy hierdie moet deel tussen kookvleis en nat wors en droe wors en biltong en sirloin / fillets dan gaan jy net klein bietjies van elkeen kry. My voorstel sal eerder wees om die droe wors te los want jy gaan al klaar 'n bietjie biltong maak van die boude. Maak eerder alleenlik nat wors want dit gaan jou langer hou en jy sal dit langer kan geniet. Onthou sodra jy droog dan halveer jy die volume van die produk.
“The Darkest Things about Africa has always been our Ignorance of it” – George Kimble
-
Proudprado
- Full Member

- Posts: 116
- Joined: Thu Jan 10, 2013 10:37 am
Re: Help met 'n gemsbok
Dit maak sin, dankie Boesman.
Glock 17 en 21, CZ550 Lux .308 en 'n Winchester 1300
-
koos 2
- Hero Member

- Posts: 734
- Joined: Tue Mar 18, 2014 5:01 pm
Re: Help met 'n gemsbok
Gemsbok is baie lekker. Het een in mei geskiet. Verseker sal ek meer braai en kook vleis laat sny as ek weer n gemsbok kry.