2015 Rooibos Safaris jag
Posted: Wed Jun 24, 2015 12:19 pm
My jag bestemming van die afgelope twee dekades het verlede jaar in Oktober van eienaars verwissel en die soektog vir nuwe jag plek het begin. 'n Vriend van 'n vriend beveel 'n plek aan en ek maak vas vir 13 tot 16 Junie. Alles is gereel vir 4 jagters en 2 nie-jagters. Die 10de Junie skakel ek die boer om gps ko-oordinate te kry. Met groot verbasing vertel hy my maar ons is dan al reeds op die plaas. Daar is seker van julle wat daardie lam gevoel ken wat teen jou ruggraat af loop. Ek was nie lus vir baklei nie en bedank die ou en groet maar.( vir altyd.)
Nou moet jy vir vyf mense laat weet die jag is af. Vyf oproepe, vyf keer verduidelik en vyf vloeke.
Ek stuur 'n SOS op WhatsUpp en gou antwoord een van my hengel vriende dat die eienaar van die maatskappy vir wie hy werk 'n jagplaas het naby Sentrum. Hy stuur kontak nommers en ek skakel met my hart wat in my keel sit. Die eienaar verduidelik dat hulle net jag op uitnodiging maar hy sal my akkomodeer. Ek laat weet die ander manne maar ongelukkig het van hulle ander reelings getref en party wil nie meer gaan jag nie. Ek moet weereens die boer bel en vra of hy bereid is om twee jagters te akkomodeer. Hy stem in en die jag is aan.
Saterdag oggend 05h00 val ons in die pad en arriveer ongeveer 09hoo op die plaas. Die boer se seun het ons ingewag by die plaashek om seker te maak ons kry die plek. Hy vat ons na die jagkamp waar ons vinnig afpak en toe is dit skietbaan toe. Twee skote met die 9.3x62 en ek is reg vir die bos.
My vriend gooi 3 skote met die 303 en hy is ook tevrede. Ek vra die boer wat is die moets en moenies en ons almal weet waar ons staan met mekaar. Ons het darem die afgelope 2 maande elke Dinsdag so 4 ure op die skietbaan deurgebring en is tevrede met ons roere. Ek het ook die 7x57 saam geneem. Ek het 175gr Sierras gelaai en wou hulle toets op rooibokke en varke.
Die plaas waarop gejag word is 570 hektaar, nie baie groot nie maar ideaal vir twee jagters. Na die skiet sessie besluit ons om sonder dadelik veld toe te gaan. Die boer vra of ons wil ry, loop of sit. Ons besluit altwee om te stap. My vriend saam met 'n gids en ek saam met die boer se jongste seun.
Die wind dwarrel baie en dit word moeilik om wild te bekruip. Ek sien waterbokke, rooibokke, varke en blouwildebeeste maar hulle is reeds oppad. Ek hoor 'n skoot wat redelik naby is en vermoed my vriend het geskiet. Die gidse praat met mekaar op die radio en dit blyk dat 'n rooibok gekwes is.
Ek vra dat hulle ons kom oplaai dat ons kan help soek. Ons word opgelaai en na 2 ure se soek na bloed of hare of been gee ons moed op. Ons besluit toe ook om sommer kamp toe te gaan en iets te ete aanmekaar te slaan. Ons kom ooreen om teen 3-uur weer die pad te vat.
Ons stap die middag en ongeveer 4-uur hoor ek weer 'n skoot en die gids bevestig nadat hy met die radio besig was dat my vriend 'n blouwildebees geskiet het. Die res van die middag sien ons weereens wild maar skiet geleentheid is min.
Saterdag aand kuier ons lekker en die boer maak 'n draai om te hoor of alles in orde is. Die man hou nogal van sy wapens en daar staan 40 in sy kluis. Gesels lekker oor wapens en herlaai en teen 10-uur gaan kruip ons in.
Sondag is ons laaste dag en ons is vroeg uit die vere en slaggereed. Ons besluit weereens om te stap en net na sewe loop ek in 2 varke vas. Die plan was nie om varke te skiet nie maar hierdie een kon ek nie ignoreer nie. Ek gaan sit plat op my bas en hou hom deur die teleskoop dop. Die afstand is ongeveer 80 meter. Hy loop stadig agter die bos uit en voor ek my kon keer loop die skoot. Hy slaan neer maar vlieg weer op en storm reg op ons af. So 20 tree van my af swenk hy na links en hardloop 'n jong sekelbos amper uit die aarde uit. Hy bly ook sommer net daar le. Hy ry fiets vir so paar tellings toe is alles verby. Die gids is skoon uitasem en baie verbaas oor die grote van die ou beer. Binne 5 minute is die boer daar en die vark word gelaai en slagkamer toe geneem. Ek besluit om verder te stap want jag tyd is min. Teen 11 uur gaan ons kamp toe en ons besluit om die middag met die voertuig te ry tot ons wild sien en dan verder te voet te jag. Ons kry 'n mooi trop elande en slaan voet. Maar daai manne beweeg so vinnig daar is nie 'n manier wat jy hulle te voet sal inhaal nie.
Teen 5 uur besluit ons om kamp toe te gaan. Die voertuig ry toe vooruit en ek stap saam met die gids. Naby die kamp vat ek 'n ruskansie. Dit is half ses en die dag diere begin groet en die nag diere begin gereed maak. Dit is baie stil. Skielik hoor 'n klik-klik geluid. Dit is die geluid wat elande se bene maak. Skielik staan die troppie asof van nerens ongeveer 130 meter voor ons. Ons mag net bulle skiet want die koeie is min. Ek sien die grootste bul loop heel agter. Die gids bevestig dit is 'n bul en mag geskiet word. Ek sien deur die teleskoop die eland het te veel bene, daar moet iets agter hom wees. Skielik loop 'n jong koei agter hom uit en hy is alleen. Ek sit die kruishaar net agter die voorbeen. Dit flits deur my kop as jy nou droogmaak het jy moeilikheid. Die skoot loop en die eland spring in die lug op. Die trop kies koers en hy draf so 30 tree agter 'n bos in en bly staan. Hy sukkel om sy kop regop te hou. Ek stap stadig nader tot agter die bos. Gelukkig hou die wind en hy bly staan. Toe ek stadig om die bos beweeg tel hy sy kop op maar bly nog steeds staan. Ek skiet vinnig en tref hom tussen die oe so 2 duim laag. Sy bene gee onder hom mee en hy bly doodstil le. Dit word donker en ek is baie verlig. Ek kan nie anders as om my gasheer te bedank nie. Hy was bereid om slegs twee jagters op kort kennisgewing te akkomodeer. Ek wou sommer dadelik bespreek vir volgende jaar maar ongelukkig word daar nie volgende jaar op die plaas gejag nie. Hy wil die plaas bietjie laat rus.