2015 Rooibos Safaris jag

Post Reply
User avatar
NEGE3
Hero Member
Hero Member
Posts: 1397
Joined: Sat Feb 09, 2013 4:38 pm

2015 Rooibos Safaris jag

Post by NEGE3 »

My jag bestemming van die afgelope twee dekades het verlede jaar in Oktober van eienaars verwissel en die soektog vir nuwe jag plek het begin. 'n Vriend van 'n vriend beveel 'n plek aan en ek maak vas vir 13 tot 16 Junie. Alles is gereel vir 4 jagters en 2 nie-jagters. Die 10de Junie skakel ek die boer om gps ko-oordinate te kry. Met groot verbasing vertel hy my maar ons is dan al reeds op die plaas. Daar is seker van julle wat daardie lam gevoel ken wat teen jou ruggraat af loop. Ek was nie lus vir baklei nie en bedank die ou en groet maar.( vir altyd.)
Nou moet jy vir vyf mense laat weet die jag is af. Vyf oproepe, vyf keer verduidelik en vyf vloeke.
Ek stuur 'n SOS op WhatsUpp en gou antwoord een van my hengel vriende dat die eienaar van die maatskappy vir wie hy werk 'n jagplaas het naby Sentrum. Hy stuur kontak nommers en ek skakel met my hart wat in my keel sit. Die eienaar verduidelik dat hulle net jag op uitnodiging maar hy sal my akkomodeer. Ek laat weet die ander manne maar ongelukkig het van hulle ander reelings getref en party wil nie meer gaan jag nie. Ek moet weereens die boer bel en vra of hy bereid is om twee jagters te akkomodeer. Hy stem in en die jag is aan.
Saterdag oggend 05h00 val ons in die pad en arriveer ongeveer 09hoo op die plaas. Die boer se seun het ons ingewag by die plaashek om seker te maak ons kry die plek. Hy vat ons na die jagkamp waar ons vinnig afpak en toe is dit skietbaan toe. Twee skote met die 9.3x62 en ek is reg vir die bos.
My vriend gooi 3 skote met die 303 en hy is ook tevrede. Ek vra die boer wat is die moets en moenies en ons almal weet waar ons staan met mekaar. Ons het darem die afgelope 2 maande elke Dinsdag so 4 ure op die skietbaan deurgebring en is tevrede met ons roere. Ek het ook die 7x57 saam geneem. Ek het 175gr Sierras gelaai en wou hulle toets op rooibokke en varke.
Die plaas waarop gejag word is 570 hektaar, nie baie groot nie maar ideaal vir twee jagters. Na die skiet sessie besluit ons om sonder dadelik veld toe te gaan. Die boer vra of ons wil ry, loop of sit. Ons besluit altwee om te stap. My vriend saam met 'n gids en ek saam met die boer se jongste seun.
Die wind dwarrel baie en dit word moeilik om wild te bekruip. Ek sien waterbokke, rooibokke, varke en blouwildebeeste maar hulle is reeds oppad. Ek hoor 'n skoot wat redelik naby is en vermoed my vriend het geskiet. Die gidse praat met mekaar op die radio en dit blyk dat 'n rooibok gekwes is.
Ek vra dat hulle ons kom oplaai dat ons kan help soek. Ons word opgelaai en na 2 ure se soek na bloed of hare of been gee ons moed op. Ons besluit toe ook om sommer kamp toe te gaan en iets te ete aanmekaar te slaan. Ons kom ooreen om teen 3-uur weer die pad te vat.
Ons stap die middag en ongeveer 4-uur hoor ek weer 'n skoot en die gids bevestig nadat hy met die radio besig was dat my vriend 'n blouwildebees geskiet het. Die res van die middag sien ons weereens wild maar skiet geleentheid is min.
Saterdag aand kuier ons lekker en die boer maak 'n draai om te hoor of alles in orde is. Die man hou nogal van sy wapens en daar staan 40 in sy kluis. Gesels lekker oor wapens en herlaai en teen 10-uur gaan kruip ons in.
Sondag is ons laaste dag en ons is vroeg uit die vere en slaggereed. Ons besluit weereens om te stap en net na sewe loop ek in 2 varke vas. Die plan was nie om varke te skiet nie maar hierdie een kon ek nie ignoreer nie. Ek gaan sit plat op my bas en hou hom deur die teleskoop dop. Die afstand is ongeveer 80 meter. Hy loop stadig agter die bos uit en voor ek my kon keer loop die skoot. Hy slaan neer maar vlieg weer op en storm reg op ons af. So 20 tree van my af swenk hy na links en hardloop 'n jong sekelbos amper uit die aarde uit. Hy bly ook sommer net daar le. Hy ry fiets vir so paar tellings toe is alles verby. Die gids is skoon uitasem en baie verbaas oor die grote van die ou beer.
unnamed (5).jpg
Binne 5 minute is die boer daar en die vark word gelaai en slagkamer toe geneem. Ek besluit om verder te stap want jag tyd is min. Teen 11 uur gaan ons kamp toe en ons besluit om die middag met die voertuig te ry tot ons wild sien en dan verder te voet te jag. Ons kry 'n mooi trop elande en slaan voet. Maar daai manne beweeg so vinnig daar is nie 'n manier wat jy hulle te voet sal inhaal nie.
Teen 5 uur besluit ons om kamp toe te gaan. Die voertuig ry toe vooruit en ek stap saam met die gids. Naby die kamp vat ek 'n ruskansie. Dit is half ses en die dag diere begin groet en die nag diere begin gereed maak. Dit is baie stil. Skielik hoor 'n klik-klik geluid. Dit is die geluid wat elande se bene maak. Skielik staan die troppie asof van nerens ongeveer 130 meter voor ons. Ons mag net bulle skiet want die koeie is min. Ek sien die grootste bul loop heel agter. Die gids bevestig dit is 'n bul en mag geskiet word. Ek sien deur die teleskoop die eland het te veel bene, daar moet iets agter hom wees. Skielik loop 'n jong koei agter hom uit en hy is alleen. Ek sit die kruishaar net agter die voorbeen. Dit flits deur my kop as jy nou droogmaak het jy moeilikheid. Die skoot loop en die eland spring in die lug op. Die trop kies koers en hy draf so 30 tree agter 'n bos in en bly staan. Hy sukkel om sy kop regop te hou. Ek stap stadig nader tot agter die bos. Gelukkig hou die wind en hy bly staan. Toe ek stadig om die bos beweeg tel hy sy kop op maar bly nog steeds staan. Ek skiet vinnig en tref hom tussen die oe so 2 duim laag. Sy bene gee onder hom mee en hy bly doodstil le. Dit word donker en ek is baie verlig.
unnamed (4).jpg
Ek kan nie anders as om my gasheer te bedank nie. Hy was bereid om slegs twee jagters op kort kennisgewing te akkomodeer. Ek wou sommer dadelik bespreek vir volgende jaar maar ongelukkig word daar nie volgende jaar op die plaas gejag nie. Hy wil die plaas bietjie laat rus.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by NEGE3 on Wed Jun 24, 2015 12:55 pm, edited 1 time in total.
Groete,
Koos de Beer
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: 2015 Rooibos Safaris jag

Post by ruaanb »

Welgedaan, ek is bly julle kon op die einde reg kom. Bewaar daai boer se vriendskap soos goud!
User avatar
toelie
Hero Member
Hero Member
Posts: 928
Joined: Mon Nov 26, 2012 9:10 pm

Re: 2015 Rooibos Safaris jag

Post by toelie »

Baie mooi storie oom het gevoel of ek langs oom gestap het en geluk met die prag vark en mooi bul.

Groete
.22LR Voere
.22LR CZ Varmint
.22-250 CZ Varmint
.22-250 Savage Vlp
.243 Kwagga Savage Vlp
.6 XC Tikka Varmint
.25-06 Ruger Nr1
.300WM Sako
.375 Ruger Howa
.50 cal voorlaaier Buckstalker
.38 Special Rossi
.9mm Glock 17
.9mm Glock 43X
User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 3176
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am

Re: 2015 Rooibos Safaris jag

Post by Pappabeer »

Lekker jag oom Koos. Dit klink na n jagplek om mooi op te pas.
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
Kingy
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 252
Joined: Sun May 11, 2014 10:35 am

Re: 2015 Rooibos Safaris jag

Post by Kingy »

Dis n baie nice storie, ek like dit om sulke stories hier raak te lees!
User avatar
Ashley
Hero Member
Hero Member
Posts: 1046
Joined: Thu Feb 05, 2015 3:40 pm

Re: 2015 Rooibos Safaris jag

Post by Ashley »

Pragtig gedoen!
Groete

Howa 30-06
Musgrave 7x57
Mossberg 12br
CZ 9mmP
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: 2015 Rooibos Safaris jag

Post by DWB »

Lekker Oom Koos. Mooi gemaak!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Lourens Potgieter
Hero Member
Hero Member
Posts: 883
Joined: Fri Jun 15, 2012 10:07 am

Re: 2015 Rooibos Safaris jag

Post by Lourens Potgieter »

En steeds het die .404 nog nie bloed geproe nie. Ek sal maar volgende keer saamstap net om hom te dra as Oom met die 9.3 MOET stap.....
User avatar
JAGTERSREG-JRM
Hero Member
Hero Member
Posts: 2330
Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am

Re: 2015 Rooibos Safaris jag

Post by JAGTERSREG-JRM »

Geluk Oom Koos mooi diere daai
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: 2015 Rooibos Safaris jag

Post by Marc »

Mooi gemaak Oom Koos !
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
NEGE3
Hero Member
Hero Member
Posts: 1397
Joined: Sat Feb 09, 2013 4:38 pm

Re: 2015 Rooibos Safaris jag

Post by NEGE3 »

Dankie manne.
Deeg daai 404 bere ek vir 'n spesiale geleentheid maar jy is baie welkom om hom te dra as die tyd ryp is. Hy is ook nou die ligste roer in die kluis nie. ;D
Groete,
Koos de Beer
koos 2
Hero Member
Hero Member
Posts: 734
Joined: Tue Mar 18, 2014 5:01 pm

Re: 2015 Rooibos Safaris jag

Post by koos 2 »

Baie geluk aan die jagters
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3976
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: 2015 Rooibos Safaris jag

Post by tau »

Mooi Vark en Eland Oom. Geluk.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
Hilux01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1214
Joined: Wed Oct 05, 2011 2:52 pm

Re: 2015 Rooibos Safaris jag

Post by Hilux01 »

Mooi oom Koos
Klink sommer na n spoggerige plek - hulle is nogal skaars deesdae
User avatar
Bees
Full Member
Full Member
Posts: 100
Joined: Fri Nov 15, 2013 5:54 am

Re: 2015 Rooibos Safaris jag

Post by Bees »

Mooi storie
7mm Rem Mag
.243 Brn
12ga Franchi Feeling
.308 Howa Varminter
.308 Ruger Varminter
6.5 Swedish Mauser CZ 550

____Wildebeeste word siek gebore en hoe meer jy hom skiet hoe gesonder word hy___ ^-^
Post Reply